{"id":38405,"date":"2024-03-17T15:41:59","date_gmt":"2024-03-17T13:41:59","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=38405"},"modified":"2024-03-17T15:41:59","modified_gmt":"2024-03-17T13:41:59","slug":"oos-moot-ommeswaai-sorg-vir-opskudding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=38405","title":{"rendered":"Oos-Moot ommeswaai sorg vir opskudding"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_38394\" aria-describedby=\"caption-attachment-38394\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-38394\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/DSC_5571-400x265.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"265\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-38394\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Riaan de Bruyn<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Oos-Moot<\/strong> se ommeswaai, na &#8216;n hewige nederlaag van 7-48 teen Menlopark vroe\u00ebr die week, het gesorg vir een van die naweek se groter opskuddings.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong>. <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>Skakel na die wedstryde<\/strong><\/a>.<\/p>\n<p>Die span van die Moot kon daarin slaag om vir <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong>, wat reeds uitstekende rugby vroeg vanjaar opgedis het, met 37-29, in die NWU Sport-reeks, te klop. Die Oosies het gewys dat hulle &#8216;n perd van &#8216;n ander kleur is wanneer die agterlyn bal op die voorvoet geniet.<\/p>\n<p>Binnesenter, <strong>Dewron Aford<\/strong>, was agterlangs die groot uitblinker en het twee keer deurgebreek om agter Nellies se doellyn te gaan kuier.<\/p>\n<p>Die blitsvinnige linkervleuel, <strong>Tapiwa Rwafa<\/strong>, het ook gedruk, terwyl Ruwan Allen, die Oosies se losskakel, spel netjies dikteer het met goeie visie en uitmuntende balverspreiding.<\/p>\n<p>Voorlangs kom dit as geen verrassing dat dit Oosies se agtsteman, <strong>Deon Badenhorst<\/strong>, uitgetroon het nie. Nes vroe\u00ebr die week, was Badenhorst deurgaans Oos-Moot se vernaamste baldraer, met sy begeesterde barslopies wat keer op keer deur die Nellies se verdediging kon dring. Hy is ook met &#8216;n tweekuns vir sy kragtige spel beloon.<\/p>\n<p>V<strong>aughn van Zyl<\/strong>, die span van Nelspruit se agtsteman, het duidelik egter ook &#8216;n goeie verhouding met sy teenstanders se doellyn. Van Zyl het weer vandeesweek gaan druk, nadat hy verlede week Ho\u00ebrskool Middelburg se harte gebreek het met sy wendrie in die doodsnikke .<\/p>\n<p>Die Nellies se pak het onvermoeid ingeklim, en byna al hul drie\u00eb is deur die grootmanne voor gedruk. Linkervleuel, <strong>Jordan Pretorius<\/strong>, was die enigste agterspeler van Nelspruit wat die doellyn kon oorsteek.<\/p>\n<p>Die voortdurende tweestryd tussen die Oosies se snellers en Nellies se begeesterde pak het vir die volle 70 minute vir ongelooflike opwinding gesorg.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> gaan van krag tot krag in die aanloop tot die Noord\/Suid-toernooi wat later hierdie week by Affies afskop, en het vir <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> &#8216;n ordentlike loesing van 53-5 gegee.<\/p>\n<p>Die grondslag vir die sege is grotendeels agter gel\u00ea, met die Parkies se blitse wat die span van Pretoria gereeld in goeie aanvallende posisies kon plaas. <strong>Divan Nel<\/strong>, Menlopark se heelagter, was uitstekend en het &#8216;n aandeel gehad in feitlik elkeen van sy span se drie\u00eb, insluitende &#8216;n slinkse steekskoppie vir regtervleuel, <strong>Reinardt Herbst<\/strong>, se eerste van twee drie\u00eb.<\/p>\n<p><strong>Nathen du Plessis<\/strong> was weer in beheer aan die agterkant van die Parkies se onkeerbare dryfmaalbewegings en het, nes Herbst, die Middies se doellyn twee keer oorgesteek.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> het na &#8216;n ietwat tentatiewe begin hul ritme mooi gevind om met &#8216;n telling van 40-10 met <strong>HTS Middelburg<\/strong> af te reken. Agtsteman, <strong>Codi Binneman,<\/strong> en linkervleuel, <strong>Dennis Obi<\/strong>, het albei tweekunste behaal, met Binneman, in die besonder, wat uitgeblink en deurentyd kopsere vir die Rooibulle se verdedigers besorg het.<\/p>\n<p>Skerpskutter, <strong>Ronan Bastiaanse<\/strong>, het vyf van sy span ses drie\u00eb verdoel, terwyl Klofies ook tevrede behoort te wees met die tydige terugkeer van hul losskakel, <strong>Franco Cronj\u00e9<\/strong>, voor die Noord\/Suid-toernooi.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Oos-Moot 37 (19)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Dewron Aford (2), Deon Badenhorts (2), Tapiwa Rwafa. Doelskoppe: Ruwan Allen (3). Strafdoele Allen (2). <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit 29 (11)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Jordan Pretorius, D&#8217;Angelo Roberts, WJ Botha, Vaughn van Zyl. Doelskoppe: Theuns Meyer (3).<\/p>\n<p><strong>Menlopark 53 (22)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Nathan du Plessis (2), Raynard Herbst (2), Stefan van Niekerk, Divan Nel, Declan Pelser, Justin Lottering, strafdrie. Doelskoppe: Phillipus de Bruyn (2), Andru Kuhn. <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 5 (5)<\/strong> &#8211; Drie: Eckard Marx.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof 40 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Codi Binneman (2), Dennis Obi (2), Migael Prinsloo, Happy Makate. Doelskoppe: Ronan Bastiaanse (5). <strong>HTS Middelburg 10 (3)<\/strong> &#8211; Drie: Dirkie du Plooy. Doelskop: Jaque Stassen. Strafdoel: Stassen.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Nelspruit 29, Oos-Moot 18; Menlopark 33, Ho\u00ebrskool Middelburg 10; Waterkloof 12, HTS Middelburg 12.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Oos-Moot 21, Nelspruit 5; Ho\u00ebrskool Middelburg 19, Menlopark 17; Waterkloof 24, HTS Middelburg 13.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Nelspruit 14, Oos-Moot 10; Ho\u00ebrskool Middelburg 11, Menlopark 10; Waterkloof 29, HTS Middelburg 0.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oos-Moot se ommeswaai, na &#8216;n hewige nederlaag van 7-48 teen Menlopark vroe\u00ebr die week, het gesorg vir een van die naweek se groter opskuddings. Herleef al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde. Die span van die Moot kon daarin slaag om vir Ho\u00ebrskool Nelspruit, wat reeds uitstekende rugby vroeg vanjaar opgedis het, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":38394,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-38405","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38405","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38405"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38405\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38405"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38405"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38405"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}