{"id":38589,"date":"2024-03-18T11:40:43","date_gmt":"2024-03-18T09:40:43","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=38589"},"modified":"2024-03-18T11:40:43","modified_gmt":"2024-03-18T09:40:43","slug":"hoe-verwagtinge-vir-oranje-netbalmeisies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=38589","title":{"rendered":"Ho\u00eb verwagtinge vir Oranje-netbalmeisies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_38590\" aria-describedby=\"caption-attachment-38590\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-38590\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/oranje-2-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-38590\" class=\"wp-caption-text\">Marguerite Croje (k), Amy Frohlich, Mariaan Louw, Jessica Barnard, Cara Smith, Anja Cohen, Nadine Jonck, Dine le Roux, Karin Truter, Danielle van Jaarsveld.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Te midde van sowel die nalatenskap van vorige glories as die afwagting op toekomstige sukses wat swaar weeg, verwelkom C&amp;N Sekond\u00eare Meisieskool Oranje se eerste netbalspan &#8216;n nuwe leier, mev. Surita le Roux, \u00a0vir die uitdagings wat voorl\u00ea.<\/p>\n<p>Le Roux het voorheen, in 2000 en 2001, die span se lot bepaal en keer terug met &#8216;n magdom ervaring, asook vasberadenheid, om Oranje se roemryke status in die netbalw\u00eareld te handhaaf.<\/p>\n<p>Le Roux wat op haar dag vir die senior spanne van die Vrystaat en Kovsies gespeel, en ook vir Suid-Afrika in aksienetbal verteenwoordig, het, het vantevore die Kovsies en Vrystaat o. 21\u2019s afgerig, en was ook by Ho\u00ebrskole Waterkloof en Sentraal, en Kingsmead College se spanne betrokke.<\/p>\n<p>Vanjaar se Oranjespan weerspie\u00ebl &#8216;n mengsel van gesoute spelers en belowende nuwelinge. Met twee lede uit graad 10, vyf uit graad 11 en drie matrieks, verwelkom die span vyf vars gesigte: Danielle van Jaarsveld, Din\u00e9 le Roux, Nadine Jonck, Karin Truter, en Anja Cohen.<\/p>\n<p>Le Roux verstaan maar alte goed die verantwoordelikheid wat verwagtinge teweegbring.<\/p>\n<p>\u201cOns het \u2019n groot taak om te verseker dat Oranje hul status van die afgelope klompie jaar handhaaf en gaan alles in die stryd werp om onder die top-5 in die land te eindig,&#8221; het sy te kenne gegee.<\/p>\n<p>Sy beskou die vyfde posisie in Suid-Afrika wat sy met die o. 15 A-span in 2022 vermag het, as een van haar loopbaanhoogtepunte. Verlede jaar het haar o. 16 A\u2019s agste nasionaal ge\u00ebindig en het hulle &#8216;n sesde plek op die Wildeklawer-toernooi behaal.<\/p>\n<p>Die span spog boonop met interessante familiebande en sportprestasies. Karin Truter kom uit &#8216;n geslag wat diep in netbal gewortel is, met haar ma, suster en twee tantes wat almal Oranje se eerste netbalspan-rokkie aangetrek het.<\/p>\n<p>Danielle van Jaarsveld is die tweede leerder in meer as \u2019n dekade om in dieselfde jaar Oranje se National Aquatic-swemspan en die eerste netbalspan te haal.<\/p>\n<p>Marianne Louw se broer, Johan, en Cara Smith se broer, Jean, het saam vir Grey-kollege se eerste rugbyspan in 2021 gespeel, twee jaar nadat Marguerite Cronj\u00e9, die kaptein van die span, se broer, George, di\u00e9 span aangevoer het. Al drie was vir die SA Skolespan gekies, met Cronj\u00e9 wat deesdae vir die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskap verteenwoordig.<\/p>\n<p>Smith se ma, Tania, het ook vir vier jaar (1994-97) Oranje se eerste netbalspan afgerig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Te midde van sowel die nalatenskap van vorige glories as die afwagting op toekomstige sukses wat swaar weeg, verwelkom C&amp;N Sekond\u00eare Meisieskool Oranje se eerste netbalspan &#8216;n nuwe leier, mev. Surita le Roux, \u00a0vir die uitdagings wat voorl\u00ea. Le Roux het voorheen, in 2000 en 2001, die span se lot bepaal en keer terug met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":38590,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-38589","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38589","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38589"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38589\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38589"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38589"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38589"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}