{"id":38757,"date":"2024-03-23T08:55:03","date_gmt":"2024-03-23T06:55:03","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=38757"},"modified":"2024-03-23T08:55:03","modified_gmt":"2024-03-23T06:55:03","slug":"rugby-uit-die-boonste-rakke-op-riversdal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=38757","title":{"rendered":"Rugby uit die boonste rakke op Riversdal"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_38965\" aria-describedby=\"caption-attachment-38965\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-38965\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/6281_Rugbyweek2024-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-38965\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Lunchbox Photography<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die eerste dag by vanjaar se <strong>Klein Karoo Saadproduksie-rugbyweek<\/strong> het weereens alle verwagtings oortref.<\/p>\n<p>Vyftien kookwater-wedstryde het op die plaas in Riversdal afgespeel, met deurlopende aksie reg deur die dag op albei velde.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale<\/strong> se verteenwoordigende vyftiental het hul veldtog goed afgeskop met &#8216;n sege van 28-12 oor <strong>Ho\u00ebrskool Bredasdorp<\/strong> in die hoofwedstryd, maar daar was &#8216;n hele paar oomblikke gedurende die dag wat aandag getrek het.<\/p>\n<p>Beleef die wedstryde regstreeks op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Oakdale het vroeg reeds druk geplaas op die besoekers, met twee strafdoele deur losskakel, <strong>Tyrese Plaatjies<\/strong>. Dit het egter 20 minute geneem voordat haker, <strong>Dani\u00ebl Joubert<\/strong>, die eerste drie kon aanteken vanaf &#8216;n netjiese lynstaanbeweging.<\/p>\n<p>Die span van Riversdal se heelagter, Zack Malherbe, het &#8216;n tweede hou ingekry toe hy &#8216;n skop afgestorm en die bal opgeraap het om tussen die pale te druk.<\/p>\n<p>Bredasdorp se haastige flank, <strong>Prosper Kaitano<\/strong>, het hul rekening kort voor halftyd oopgemaak deur sy hakke te wys vir die tuisspan, vir sy span se eerste drie.<\/p>\n<p>Bredasdorp het na die breuk weer gedruk om hul agterstand na slegs vier punte te laat krimp toe flank, <strong>Norte Mintoor<\/strong>, &#8216;n skop op Oakdale se doellyn afgestorm en die bal toegeduik het.<\/p>\n<p>Die tuisspan het egter hergroepeer om weer beheer te neem van die wedstryd in die laaste kwart, en na &#8216;n periode van volgehoue druk kon <strong>Mardo Wasserman<\/strong>\u00a0en <strong>Tian Kemp<\/strong> kort na mekaar die doellyn oorsteek om &#8216;n sege voor die tuisskare te verseker.<\/p>\n<p>In die voorlaaste wedstryd van die eerste dag het <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Sentraal<\/strong> vir <strong>Pietersburg Ho\u00ebrskool<\/strong> kwaai laat sweet vir &#8216;n naelskraapse oorwinning van 18-12. Die Bloemfonteinse span was teen halftyd met slegs drie punte agter, maar Pietersburg se losskakel, <strong>Hanno van Zyl<\/strong>, het die enigste punte in die tweede helfte aangeteken om die nodige buffer vir sy span daar te stel.<\/p>\n<p>Die Tralies was egter tot op die eindfluitjie nog in die geveg en die manne van Pietersburg moes bontstaan om hul doellyn te verdedig.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Strand<\/strong> het &#8216;n uiters indrukwekkende sege van 14-10 oor <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> behaal, met drie\u00eb deur vleuels, <strong>Heinrich April<\/strong> en <strong>Lyle Julies<\/strong>, wat genoeg was om die Middies te laat struikel op die eerste dag.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Vryburg<\/strong> se kaptein, <strong>Keenan Joseph<\/strong>, het &#8216;n ongelooflike vertoning gelewer om sy span tot &#8216;n oorwinning van 31-21 oor <strong>Ho\u00ebrskool Robertson <\/strong>te lei. Die fris agsteman het \u00e1l vier Vryburg se drie\u00eb gedruk, terwyl\u00a0 losskakel, <strong>Jayden Starke<\/strong>, se visier ingestel was om al vier te verdoel, en ook &#8216;n strafdoel by te dra in hul sege oor die Wynlanders.<\/p>\n<p>Ceres se verteenwoordigers,<strong> Ho\u00ebrskool Charlie Hofmeyr<\/strong>, het hul spiere gebult teen <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong>\u00a0<strong>Die Anker<\/strong> van Brakpan. Kaptein en ster-losskakel, <strong>Luan Giliomee<\/strong>, het 20 punte vir die Charlies aangeteken met twee drie\u00eb en vyf doelskoppe, terwyl <strong>Philip du Plessis<\/strong>, <strong>Tyrone Davids<\/strong>, <strong>Izha Vin van Wyk<\/strong>, <strong>Zepinith Sass<\/strong> en <strong>Deolyn Isaac<\/strong> die res van die vernietigingswerk verrig het in hul wegholsege van 45-12 .<\/p>\n<p><strong>Langenhoven Gimnasium<\/strong> het ewe oortuigend met <strong>Ho\u00ebrskool Wagpos<\/strong> afgereken, met &#8216;n telling van 48-12. Skrumskakel, <strong>Jayden Arends<\/strong>, het die veld volgespeel en eiehandig 24 punte aanteken met &#8216;n driekuns en nege punte vanaf sy stewel.<\/p>\n<p>Die grootse oorwinning van die dag het aan <strong>Merensky Landbou Akademie<\/strong> behoort, wat vir <strong>Ho\u00ebrskool Hermanus<\/strong> met 50-12 die loef afgesteek het. Die Tzaneeners se senterpaar was weer witwarm in die middeveld, met <strong>Ulrich Mar\u00e9<\/strong> wat &#8216;n driekuns behaal het en <strong>Jens Bezuidenhout<\/strong> wat ook gaan druk het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_38967\" aria-describedby=\"caption-attachment-38967\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignright\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-38967\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/0114_Rugbyweek2024-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-38967\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Lunchbox Photography<\/figcaption><\/figure>\n<p>Saterdag pak Charlie Hofmeyr en Merensky mekaar in die hoofwedstryd om 19:10, en geoordeel aan hul vertonings op die eerste dag beloof dit &#8216;n opwindende kragmeting af te gee.<\/p>\n<p>Nadat <strong>Ho\u00ebrskool Swartland<\/strong> teen halftyd reeds met 17-0 voorgeloop het teen <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong>, het die Liggies mooi teruggeveg in die tweede helfte. Hul agsteman, <strong>Abrie Coetzee<\/strong>, het twee drie\u00eb gedruk om die momentum te help swaai, maar &#8216;n strafdoel deur Swartland se binnesenter, <strong>Carlo van der Merwe<\/strong>, was n\u00e9t genoeg om vas te klou vir &#8216;n oorwinning van 20-19.<\/p>\n<p><strong>Parel Vallei High School<\/strong> het ook n\u00e9t te laat aan die gang gekom teen <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Oosterlig<\/strong>. Die Boksburgers het teen die breuk gelyk of hulle die oorhand geniet met &#8216;n voorsprong van 13-0 , maar die span van Somerset-Wes het in die tweede skof blitsig 21 punte opgestapel deur hul skakelpaar, <strong>Shudley Roda<\/strong> en <strong>Michael Kent<\/strong>, om binne trefafstand van hul opponente te eindig.<\/p>\n<p>Oosterlig se heelagter, <strong>Jayden Bouwers<\/strong>, se 13 punte, danksy &#8216;n drie en drie suksevolle pogings pale toe, het op die einde die verskil beteken.<\/p>\n<p><strong>Bepalings vir Dag Twee, 23 Maart:<\/strong><\/p>\n<p><strong>De Eike-veld: 08:45 &#8211; <\/strong>Westering t. Bredasdorp;\u00a0<strong>09:55 &#8211;\u00a0<\/strong>Vryburg t. Upington;\u00a0<strong>11:05 &#8211;\u00a0<\/strong>Lichtenburg t. Strand;\u00a0<strong>12:15 &#8211;\u00a0<\/strong>Swartland t. Kempton Park;\u00a0<strong>14:00 &#8211;\u00a0<\/strong>Langenhoven Gimnasium t. Potchefstroom Gimnasium;\u00a0<strong>15:10 &#8211;\u00a0<\/strong>Hugenote t. Ho\u00ebrskool Middelburg;\u00a0<strong>16:20 &#8211; <\/strong>Brackenfell t. Pietersburg; <strong>18:00 &#8211;\u00a0<\/strong>Oakdale XV t. Overberg;\u00a0<strong>19:10 &#8211;\u00a0<\/strong>Charlie Hofmeyr t. Merensky.<\/p>\n<p><strong>Populierbos-veld: 08:45 &#8211;\u00a0<\/strong>Hermanus t. Oosterlig;\u00a0<strong>09:55 &#8211;\u00a0<\/strong>Labori t. Augsburg;\u00a0<strong>11:05 &#8211;\u00a0<\/strong>Zwartkop t. Robertson;\u00a0<strong>12:15 &#8211;\u00a0<\/strong>Parel Vallei t. Die Anker;\u00a0<strong>14:00 &#8211;\u00a0<\/strong>Wagpos t. Montagu;\u00a0<strong>15:10 &#8211;\u00a0<\/strong>Sentraal t. Ho\u00ebr Volkskool Graaff-Reinet.<\/p>\n<p><strong>Die uitslae en puntemakers op Dag Een:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Oakdale XV 28 (16) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Dani\u00ebl Joubert, Zack Malherbe, Mardo Wasserman, Manny Gomes. Doelskoppe: Tyrese Plaatjies. Strafdoele: Plaatjies (2). <strong>Ho\u00ebrskool Bredasdorp 12 (5) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Prosper Kaitano, Norte Mintoor. Doelskop: Kyle Willeman.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 18 (15) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Divan Brown, Celliers van der Merwe. Doelskop: Hanno van Zyl. Strafdoel: Van Zyl (2).<strong> Ho\u00ebrskool Sentraal 12 (12) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Steven Smith, CJ Hertzog. Doelskop: SJ Coetzee.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Strand 14 (7) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Heinrich April, Lyle Julies. Doelskoppe: Tyron Nicholas (2).<strong> Ho\u00ebrskool Middelburg 10 (10) &#8211; <\/strong>Drie: Matthew Abbey. Doelskop: Abbey. Strafdoel: Abbey.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Hugenote 31 (21) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Cullen Ruiters (2), Strafdrie, Kieran de Villiers, Xavier Gertse. Doelskoppe: Lian Wiid (2).\u00a0<strong> Ho\u00ebrskool Zwartkop 17 (3) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Jayden Lee Cronwright, Logan Knott. Doelskoppe: Luhardt Booysens (2). Strafdoel: Booysens.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium 10 (7) &#8211;<\/strong> Drie: Jaco Nel. Doelskop: Jhanco de Beer. Strafdoel: De Beer<strong>. Ho\u00ebrskool Upington 8 (5) &#8211;<\/strong> Drie: Sylvester Hoffman. Strafdoel: Hercules Hudson.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Brackenfell 34 (19) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Cwenga Ntsapho (2), Matthew Wyngaard, Liam Lucas, Graigan Matroos. Doelskoppe: Junior Louw (3). Strafdoel: Louw.<strong> Ho\u00ebrskool Kempton Park 27 &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Deon Mulligan, Tiaan Delport, Preston Smith, Joshua Meyer. Doelskoppe: Delport (2). Strafdoel: Delport.<\/p>\n<p><strong>Langenhoven Gimnasium 48 (36) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Jayden Arends (3), Stephane du Plessis, Sinclair Lottering, Tamrin Peterson, Kevin Kennedy. Doelskoppe: Arends (3), Camron Avontuur, Cade Ayford. Strafdoel: Arends. <strong>Ho\u00ebrskool Wagpos 12 (7) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Tiaan van der Merwe, Franco Dippenaar. Doelskop: JG Olckers.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Charlie Hofmeyr 45 (31) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Luan Giliomee (2), Philip du Plessis, Tyrone Davids, Izha Vin van Wyk, Zepinith Sass, Deolyn Isaac. Doelskoppe: Giliomee (5).\u00a0 <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker 12 (0) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Tian Mills, Danie Smit. Doelskop: Ruan Smith.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Volkskool Graaff-Reinet 18 (10) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Jan Theo van Tonder, Lreese Stuurman. Doelskop: Elrico Prins. Strafdoele: Prins, AJ de Jager<strong>. Ho\u00ebrskool Montagu 12 (0) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Xolani Stevens, Algurvine Everson. Doelskop: Ronaldo Koker.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Overberg 12 (0) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Lorenzo Kroutz, Andrew Erasmus. Doelskop: Favian Arendse.\u00a0<strong>Augsburg Landbougimnasium 7 (7) <\/strong><strong>&#8211;\u00a0<\/strong>Drie: Greyton van Maroe. Doelskop: Hanre Swart.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Oosterlig 23 (13) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Jo\u00ebl Jordaan, Kevin Koen, Jaydon Bruwer. Doelskop: Bruwer. Strafdoele: Bruwer (2).<strong> Parel Vallei High School 21 (0)- <\/strong>Drie\u00eb: Shudley Rhoda (2), Michael Kent. Doelskoppe: Rhoda (3).<\/p>\n<p><strong>Westering High School 24 (10) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Lukholo Duna (2), Lemuel Kent, Siphosethu Dzwedzi. Doelskoppe: Avumile Katu (2).<strong> Labori 20 (8)- <\/strong>Drie\u00eb: Dante Muller, Johan Gerber, Joshua Gempies. Doelskop: McNiel Thomas. Strafdoel: Christiaan Beukes.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Merensky 50 (33) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Ulrich Mar\u00e9 (3), Jens Bezuidenhout, Ruan Marcos, Hardus Terblanche, Tirelo Mashapa, Andreas Honiball. Doelskoppe: JD Boshoff (3), Byron Hendricks (2).\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Hermanus 12 (0) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Lucion Fortuin (2). Doelskop: Giano da Kosta.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Vryburg 31 (24) &#8211;<\/strong> Drie\u00eb: Keenen Joseph (4). Doelskoppe: Jayden Starke (4). Strafdoel: Starke.<strong> Ho\u00ebrskool Robertson 21 (14) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Ethan Fourie, Bernardo Diedericks, Jaydan van Niekerk. Doelskoppe: Van Niekerk (3).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Swartland 20 (17) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Kailen Kotze, Deven Bocks. Doelskoppe: Carlo van der Merwe (2). Stafdoelle: Van der Merwe (2). <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Lichtenburg 19 (0) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Abrie Coetzee (2), Juan van Rhyn. Doelskoppe: Albert Joubert (2).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste dag by vanjaar se Klein Karoo Saadproduksie-rugbyweek het weereens alle verwagtings oortref. Vyftien kookwater-wedstryde het op die plaas in Riversdal afgespeel, met deurlopende aksie reg deur die dag op albei velde. Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale se verteenwoordigende vyftiental het hul veldtog goed afgeskop met &#8216;n sege van 28-12 oor Ho\u00ebrskool Bredasdorp in die hoofwedstryd, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":38965,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-38757","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38757","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=38757"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/38757\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=38757"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=38757"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=38757"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}