{"id":39049,"date":"2024-03-24T14:47:27","date_gmt":"2024-03-24T12:47:27","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=39049"},"modified":"2024-03-24T14:47:27","modified_gmt":"2024-03-24T12:47:27","slug":"hugenote-hoopvol-vir-hansieweek-titel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=39049","title":{"rendered":"Hugenote hoopvol vir Hansieweek-titel"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-39059\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Kalahari-400x286.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"286\" \/><strong>Ho\u00ebrskool Hugenote (Springs)<\/strong> lek hul lippe af vir &#8216;n kans om as vanjaar se nuwe <strong>Mauritz Hansen Rugbyweek-kampioen<\/strong> gekroon te word.<\/p>\n<p>Dit kom nadat hulle, in straks die grootste kragmeting van die week, met &#8216;n telling van 21-5 teen hul tradisionele SDC Noordvaal Cup-vyande, <strong>Ligbron Akademie<\/strong>, koning gekraai het.<\/p>\n<p>Hugenote kom Maandag teen die gasheer, <strong>Ho\u00ebrskool Hans Strijdom<\/strong>, te staan in die week se eindstryd.<\/p>\n<p>Die span van Springs het vroeg reeds teen Ligbron dit duidelik gemaak dat hulle die fiskieke aspekte, vernaam rondom die afbreekpunte, wou beheer.<\/p>\n<p>Die voorspelers, gelei deur die kranige agtsteman, <strong>Hendrik Eybers<\/strong>, het voorlangs baljaar en die grondslag gel\u00ea vir hul agterlyn om die Ligbron-verdedigers ore aan te sit.<\/p>\n<p>Eybers is met &#8216;n kuiertjie agter die Ligbron-doellyn beloon vir sy harde werk, terwyl linkervleuel, <strong>Musa Mahlangu<\/strong>, die doodskoot toegedien het, nadat hy met uitmuntende voetwerk vanuit sy eie halfgebied deurgebreek het vir Hugenote se derde drie.<\/p>\n<p>Hugenote sal egter geensins &#8216;n maklike taak h\u00ea teen die Hansies in die eindstryd nie. Die gashere het, in nog &#8216;n klipharde stryd, teen <strong>Ho\u00ebrskool Bellville<\/strong> aangedui dat hulle moeilik gestuit sal word op tuisbodem.<\/p>\n<p>Hans Strijdom was met &#8216;n telling van 19-7 die Kaapenaars se baas.<\/p>\n<p>Losskakel, <strong>Hendriko van der Kolf<\/strong>, het &#8216;n ernstige waarskuwing aan die span van Springs gerig, met sy geoefende skopskoen wat grotendeels verantwoordelik was vir Bellville se ondergang. Hy het keer op keer die opposisie laat omdraai met haarfyn lynskoppe, en ook vier strafdoele en &#8216;n doelskop deur die pale gejaag om 14 van sy span se 19 punte aan te teken.<\/p>\n<p>Die Hansies sal ook hoop dat hul stewige pak voorspelers die fisiekheid wat hulle regdeur die week openbaar het, kan voortsit. Dit is immers waar die gasheerskool se sterkpunt l\u00ea, veral as dit kom by die skrums en hul kragtige dryfmaalbewegings.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kalahari<\/strong>\u00a0het in &#8216;n naelbytstryd met 5-0 teen <strong>Ho\u00ebrskool Brits<\/strong> as oorwinnaars uit die stryd getree. Albei spanne was rotsvas op die verdediging, en die skote het ver\u00e1l voorlangs geklap met die twee pakke wat mekaar behoorlik opgedreun het. Dit was slegs &#8216;n puik individuele lopie deur die span van Kuruman se binnesenter, <strong>Thlampo Matilo<\/strong>, wat gelei het tot &#8216;n drie wat die twee spanne kon skei.<\/p>\n<p><strong>Empangeni High School<\/strong> het goed gevaar om <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> se tweede span met drie punte te troef. &#8216;n Drie deur buitesenter, <strong>V. Nyawo<\/strong>, en die akkurate skopwerk van binnesenter, <strong>Dube<\/strong>, was genoeg om &#8216;n sege van 10-7 oor die span van Brakpan, asook hul eerste oorwinning van die week, te verseker.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Witteberg<\/strong> se <strong>Janco Swart <\/strong>het uiters koelkop gebly om in die doodsnikke &#8216;n strafdoel deur die pale te jaag vir &#8216;n naelbytsege van 13-10 oor <strong>Northcliff High School<\/strong>. Die span van Johannesburg het nietemin verbete verdediging aan die dag gel\u00ea om met heelwat eer uit die stryd te tree.<\/p>\n<p>Die intrukwekkende <strong>Junior Naude<\/strong> en <strong>Petri Schutte<\/strong> het albei weer &#8216;n aansienlike aandeel gehad in <strong>Ho\u00ebrskool Fochville<\/strong> se oorwinning van 15-10 oor <strong>Ho\u00ebrskool Frans du Toit<\/strong>. Naud\u00e9 het, nes in die Fochies se vorige wedstryd, eerste agter die doellyn gaan kuier, terwyl Schutte be\u00efndruk het met sy ratse voetwerk en oog vir &#8216;n gaping.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Piet Retief<\/strong> het met aanskoulike hardlooprugby hul eerste oorwinning van die week behaal. Die span van Mpumalanga het gemaklik met <strong>Ho\u00ebrskool Pretoria-Noord (<\/strong>38-0) klaargespeel. Die uitstaande kenmerk van hul sege was ongetwyfeld die wyse waarop die span van Piet Retief die bal, tussen voor-en agterspelers, na hartelus kon rondgooi.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Ferrum<\/strong> het vir <strong>Ho\u00ebrskool Linden<\/strong> nie alleen met &#8216;n telling van 20-10 verras nie, maar die span van Newcastle het ook be\u00efndruk met hoe klinies en goed afgerond hul spel was. Losskakel, <strong>Eli Erasmus<\/strong>, en skrumskakel, <strong>Wandile Ndlawgamandla<\/strong>, het mekaar uitstekend gekomplimenteer om hul span deurentyd op die voorvoet te plaas.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Hugenote (Springs) 21 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Dylan Nel, Hendrik Eybers, Musa Mahlangu. Doelskoppe: Corn\u00e9 Pretorius (3). <strong>Ligbron Akademie 5 (5)<\/strong> &#8211; Drie: Siyanda Dennison.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Hans Strijdom 19 (10)<\/strong> &#8211; Drie: Hannes Viviers. Doelskop: Hendriko van der Kolf. Strafdoele: Van der Kolf (4). <strong>Ho\u00ebrskool Belville 7 (7).\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kalahari 5 (5)<\/strong> &#8211; Drie: Thlampo Matilo. <strong>Ho\u00ebrskool Brits 0 (0)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Empangeni High School 10 (3)<\/strong> &#8211; Drie: V. Nyawo. Doelskop: N. Dube. Strafdoel: Dube. <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker II 7 (0)<\/strong> &#8211; Drie: Justin van Eeden. Doelskop: Xavier Erasmus.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Witteberg 13 (5)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Andre Houptfleich, Tshepo Matlong. Strafdoel: Janco Swart. <strong>Northcliff High School 10 (7)<\/strong> &#8211; Drie: Manasse Mponga. Doelskop: Troy Kaminsky. Strafdoel: Kaminsky.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Fochville 15 (8)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Junior Naud\u00e9, Ruan Foord. Doelskop: Petri Schutte. Strafdoel: Schutte. <strong>Ho\u00ebrskool Frans du Toit 10 (10)<\/strong> &#8211; Drie: Olavi Muleha. Doelskop: Kenny Moreku. Strafdoel: Moreku.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Piet Retief 38 (19)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Owethu Shabalala, Siphosetu Sibisi, Jandre van Deventer, Kyle Stock, Langelihle Ntuli, Musa Ncube. Doelskoppe: Owethu Shabalala. <strong>Ho\u00ebrskool Pretoria-Noord 0 (0)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Hoerskool Ferrum 20 (10)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Eli Erasmus, Xander Dirks. Doelskoppe: Wandile Ndlawgamandla (2). Strafdoele: Ndlawgamandla, Erasmus. <strong>Ho\u00ebrskool Linden 10 (7)<\/strong> &#8211; Drie: Keatin Carlse. Doelskop: Francois Steyn. Strafdoel: Steyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Hugenote (Springs) lek hul lippe af vir &#8216;n kans om as vanjaar se nuwe Mauritz Hansen Rugbyweek-kampioen gekroon te word. Dit kom nadat hulle, in straks die grootste kragmeting van die week, met &#8216;n telling van 21-5 teen hul tradisionele SDC Noordvaal Cup-vyande, Ligbron Akademie, koning gekraai het. Hugenote kom Maandag teen die gasheer, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":39059,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-39049","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39049","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39049"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39049\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39049"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39049"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39049"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}