{"id":39159,"date":"2024-03-25T12:27:13","date_gmt":"2024-03-25T10:27:13","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=39159"},"modified":"2024-03-25T12:27:13","modified_gmt":"2024-03-25T10:27:13","slug":"klein-karoo-saadproduksie-span-van-die-byeenkoms-aangekondig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=39159","title":{"rendered":"Klein Karoo Saadproduksie-span van die byeenkoms aangekondig"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_39166\" aria-describedby=\"caption-attachment-39166\" style=\"width: 268px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39166\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Luan-Giliomee-e1711356478676-268x500.jpg\" alt=\"\" width=\"268\" height=\"500\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-39166\" class=\"wp-caption-text\">Agterspeler van die byeenkoms: Luan Giliomee, Charlie Hofmeyr (Foto verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n<p>Na twee dae van bobaas-rugby op die <strong>Klein Karoo Saadproduksie-rugbyweek<\/strong>\u00a0by die <strong>Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale<\/strong> in Riversdal het &#8216;n klompie seuns Sondagaand spesiale erkenning by die prysuitdeling ontvang het vir hul skitterende spel oor die naweek.<\/p>\n<p>Beleef die wedstryde weer op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Charlie Hofmeyr<\/strong> van Ceres het uitgestaan as die span wat die aanskoulikste rugby tentoongestel het, met hul ster-losskakel en agterspeler van die toernooi, <strong>Luan Giliomee<\/strong>, aan die stuur van sake.<\/p>\n<p>Giliomee het in die eerste twee wedstyde 34 punte opgestapel met drie drie\u00eb, agt suksesvolle doelskoppe en &#8216;n strafdoel, terwyl sy generaalskap agterlangs grootliks bygedra het tot die indrukwekkende seges oor Ho\u00ebrskole Die Anker en Merensky.<\/p>\n<p>Die uitsoek-vyftiental se skrumskakel, <strong>Jayden Arends<\/strong> van <strong>Langenhoven Gimnasium<\/strong>, bied\u00a0 ook &#8216;n opsie as stelskopper, en het, na sy span se laaste wedstryd Maandag, die byeenkoms afgesluit met 31 punte agter sy naam.<\/p>\n<p>Die Charlies speel Maandag in die hoofwedstryd teen <strong>Ho\u00ebrskool Brackenfell<\/strong>, wat ook &#8216;n inspirerende begin tot hul seisoen beleef en spog met twee verteenwoordigers in die span van die byeenkoms.<\/p>\n<p><strong>Gregan Matroos<\/strong>, die Brakkies se groot vaskopstut, en regtervleuel, <strong>Cwenga Ntsapho<\/strong>, is ingesluit in die elite-groep van spelers wat uit dertig spanne saamgestel is.<\/p>\n<p>Die stryd tussen die Kapenaars en die span uit die vallei behoort &#8216;n rugbyskouspel te lewer wanneer hulle Maandag om 12:40 op die plaas uitdraf.<\/p>\n<p>Brackenfell beskik natuurlik oor hul eie losskakel-held, <strong>Junior Louw<\/strong>, wat ni\u00e9 die uitverkose vyftiental gehaal het nie, en dit behoort &#8216;n boeiende tweestryd tussen hom en Giliomee af te gee.<\/p>\n<p>Die enigste ander skole wat met meer as een speler in die span van die byeenkoms spog is <strong>Ho\u00ebrskole Middelburg<\/strong>, <strong>Upington<\/strong> en <strong>Merensky<\/strong>, met\u00a0Middies se flank, <strong>CW Hanekom<\/strong>, en heelagter, <strong>Sihle Makatswe<\/strong>, wat ook hul hande opgesteek het in die eerste twee wedstryde.<\/p>\n<p>Uppies het net-net teen <strong>Potchefstroom Gimnasium<\/strong> verloor op die eerste dag, maar kon Saterdag &#8216;n sterk Ho\u00ebrskool Vryburg troef. Binnesenter, <strong>Sylvester Hoffman<\/strong> en slot, <strong>Ruan Janse van Rensburg<\/strong>, het in daardie kragmetings genoeg uitgeblink om die aandag van die keurders te trek, terwyl Potch Gimmies se buitesenter, <strong>David Ndala<\/strong>, ook vir hom &#8216;n plek in die uitsoek-vyftiental losgespeel het.<\/p>\n<p>Merenksy se twee senters was indrukwekkend oor die eerste twee dae, maar die kompetisie vir &#8216;n plek in die span, met minstens 30 kandidate vir elke posisie, was uiters straf. Die Tzaneeners se vaste vyf het deurgaans stewig vertoon en sowel <strong>Rico Pieterse<\/strong> (slot) as <strong>Ethan Maritz<\/strong> (stut) het die vyftiental gehaal.<\/p>\n<p>Die beste voorspeler van die toernooi was <strong>Ho\u00ebrskool Vryburg<\/strong> se haker, <strong>Kenan Joseph<\/strong>. Hoewel sy harde werk in die skrums en lynstane moontlik nie altyd raakgesien word nie, speel dit &#8216;n deurslaggewende rol in sy span se sukses.<\/p>\n<p>Dit was weer die geval toe hulle Maandagoggend hul veldtog by die byeenkoms op &#8216;n ho\u00eb noot afgesluit het met &#8216;n sege van 28-20 oor die groot seuns van Langenhoven Gimnasium.<\/p>\n<p><strong>Augsburg Landbougimnasium<\/strong> se agsteman, <strong>Leon Loots<\/strong>, het opponente met sy vurige spel opgekeil en verdien ongetwyfeld sy plek in die vyftiental, bo &#8216;n hele aantal ander sterk kandidate.<\/p>\n<p><strong>Klein Karoo Saadproduksie XV:\u00a0<\/strong>15 Sihle Makatswe (Ho\u00ebrskool Middelburg), 14 Cwenga Ntsapho (Ho\u00ebrskool Brackenfell), 13 David Ndala (Potchefstroom Gimnasium), 12 Sylvester Hoffman (Ho\u00ebrskool Upington), 11 Heinrich April (Ho\u00ebrskool Strand), 10 Luan Giliomee (Ho\u00ebrskool Charlie Hofmeyr), 9 Jayden Arends (Langenhoven Gimnasium), 8 Leon Loots (Augsburg Landbougimnasium), 7 Zak Wolfaardt (Ho\u00ebr Volkskool Graaff-Reinet), 6 CW Hanekom (Ho\u00ebrskool Middelburg), 5 Rico Pieterse (Ho\u00ebrskool Merensky), 4 Ruan Janse van Rensburg (Ho\u00ebrskool Upington), 3 Gregan Matroos (Ho\u00ebrskool Brackenfell), 2 Kenan Joseph (Ho\u00ebrskool Vryburg), 1 Ethan Maritz (Ho\u00ebrskool Merensky).<\/p>\n<p><strong>2 Ho\u00ebrskool Brackenfell | 2 Ho\u00ebrskool Middelburg | 2 Ho\u00ebrskool Upington | 2 Merensky | 1 Augsburg Landbougimnasium | 1 Charlie Hofmeyr | 1 Ho\u00ebrskool Strand | 1 Ho\u00ebrskool Vryburg | 1 Ho\u00ebr Volkskool Graaff-Reinet | 1 Langenhoven Gimnasium | 1 Potchefstroom Gimnasium<\/strong><\/p>\n<p><strong>Beste voorspeler:\u00a0<\/strong>Kenan Joseph (Ho\u00ebrskool Vryburg)<\/p>\n<p><strong>Beste agterspeler:\u00a0<\/strong>Luan Giliomee (Ho\u00ebrskool Charlie Hofmeyr)<\/p>\n<p><strong>Aanskoulikste rugby: <\/strong>Ho\u00ebrskool Charlie Hofmeyr<\/p>\n<figure id=\"attachment_39182\" aria-describedby=\"caption-attachment-39182\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39182\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Oakdale-Rugbyweek-XV-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-39182\" class=\"wp-caption-text\">Klein Karoo Saadproduksie XV (Foto verskaf)<\/figcaption><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na twee dae van bobaas-rugby op die Klein Karoo Saadproduksie-rugbyweek\u00a0by die Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale in Riversdal het &#8216;n klompie seuns Sondagaand spesiale erkenning by die prysuitdeling ontvang het vir hul skitterende spel oor die naweek. Beleef die wedstryde weer op SuperSport Schools &#8211; Registreer nou Ho\u00ebrskool Charlie Hofmeyr van Ceres het uitgestaan as die span [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":39166,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-39159","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39159","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39159"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39159\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39159"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39159"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39159"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}