{"id":39251,"date":"2024-03-26T15:18:29","date_gmt":"2024-03-26T13:18:29","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=39251"},"modified":"2024-03-26T15:18:29","modified_gmt":"2024-03-26T13:18:29","slug":"hugies-kraai-koning-hansies-wys-staal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=39251","title":{"rendered":"Hugenote kraai koning in Mookgophong, Hansies wys staal"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-39275\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Hugenote-rugby--339x500.jpg\" alt=\"\" width=\"339\" height=\"500\" \/>Ho\u00ebrskool Hugenote<\/strong> is as die nuwe <strong>Mauritz Hansen Rugbyweek-kampioen<\/strong> gekroon nadat hulle die gasheerskool, <strong>Ho\u00ebrskool Hans Strijdom<\/strong>, met &#8216;n telling van 26-10 in die eindstryd verslaan het.<\/p>\n<p>Die oorwinning het egter nie maklik gekom vir die Hugies nie. Die Hansies het &#8216;n titaniese stryd opgesit, ver\u00e1l op die verdediging.<\/p>\n<p>Op die einde van die dag was dit die ho\u00eb intensiteit waarteen Hugenote gespeel het, wat die deurslag gegee het.<\/p>\n<p>Die Hugies se lostrio, met kaptein, <strong>Tyron Hand<\/strong>, aan die spits, het uitgetroon. Hand was deurgaans gevaarlik op die aanval, en hy en agtsteman, <strong>Hendrik Eybers<\/strong>, het dikwels soos &#8216;n wafferse senterpaar van mekaar afgespeel.<\/p>\n<p>Die duo se kragtige barslopies in die middelveld het die span van Springs meermale oor die voordeellyn gedryf.<\/p>\n<p>Haker, <strong>Luan Pretorius<\/strong>, het homself ook uitstekend van sy taak gekwyt en is, na &#8216;n netjiese lopie teen die kantlyn af, met sy span se eerste vyfpunter beloon.<\/p>\n<p>Plaasvervanger, <strong>Anthony Smith<\/strong>, en slot, <strong>Xavier Ungerer<\/strong>, het ook voorlangs hul stem dik gemaak en elk &#8216;n drie gedruk.<\/p>\n<p>Wat die Hansies betref is dit moeilik om iemand uit te sonder, met die gashere se pak voorspelers wat enduit alles in die stryd gewerp het.<\/p>\n<p>Dit was veral hul effektiewe lynstaanspel en aanvallende verdediging wat die Hugies se aanvallers aan bande gel\u00ea het. Dit het daartoe gelei dat die besoekers heelwat ongedwonge hanteringsfoute begaan het, wat die Hansies moontlik beter moes uitbuit.<\/p>\n<p>Steelkantflank, <strong>Janneman Benson<\/strong>, het die tuisspan se enigste drie gedruk, terwyl losskakel, <strong>Hendriko van der Kolf<\/strong>, in die kol was met &#8216;n doelskop en strafdoel.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie<\/strong> het hul ietwat teleurstellende week met &#8216;n puik oorwinning van 21-14 teen <strong>Northcliff High School<\/strong> afgesluit. Losskakel, <strong>Divan van Jaarsveldt<\/strong>, het, benewens sy twee drie\u00eb, &#8216;n aansienlike aandeel gehad in die span van Ermelo se sege, met die ondernemende wyse waarop hy die spel dikteer en spasie vir sy snellers geskep het.<\/p>\n<p>Northcliff se verdediging was, nes vroe\u00ebr die week, uit die boonste rakke, met slegs die intensiteit waarteen die Liggies gespeel het wat in die laaste 20 minute aan hulle die oorhand gegee het.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Bellville<\/strong> se Ashwin Cox het die span van die Kaap tot &#8216;n naelbytsege van 12-10 oor <strong>Ho\u00ebrskool Witteberg<\/strong> gesool. Cox se geoefende skopskoen was verantwoordelik vir al 12 sy span se punte, terwyl die span van Bethlehem se dissipline hul klippie in die skoen was.<\/p>\n<p><strong>JC van Rhyn<\/strong>, Witteberg se buitesenter, en losskakel, <strong>Sydwil Sethi<\/strong>, het hul harte uitgespeel en is, na goeie stukkies spel, elk met &#8216;n drie beloon.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs) 26 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Luan Pretorius, Anthony Smith, Corne Pretorius, Xavier Ungerer. Doelskoppe: George Loucas. <strong>Hans Strijdom 10 (3)<\/strong> &#8211; Drie: Janneman Benson. Doelskop: Hendriko van der Kolf. Strafdoel: Van der Kolf.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie 21 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Divan van Jaarsveld (2), Janco Classeen. Doelskoppe: Renier van Staden. <strong>Northcliff 3 (3)<\/strong> &#8211; Strafdoel: Luke Roos.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Bellville 12 (3)<\/strong> &#8211; Strafdoele: Ashwin Cox (4). <strong>Witteberg 10 (0)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: JC van Rhyn, Sydwil Sethi.<\/p>\n<p><strong>Ander uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Fochville 22, Kalahari 22; Linden 22, Frans du Toit 0; Piet Retief 21, Brits 5.<\/p>\n<p><strong>Ander eindstryde:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Tweedespanne:<\/strong> Hans Strijdom 25, Ligbron 7.<\/p>\n<p><strong>o. 16:<\/strong> Witteberg 20, Hans Strijdom 7.<\/p>\n<p><strong>o. 15:<\/strong> Merensky 33, Hans Strijdom 3.<\/p>\n<p><strong>o. 14:<\/strong> Witteberg 21, Dr Malan 5.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Hugenote is as die nuwe Mauritz Hansen Rugbyweek-kampioen gekroon nadat hulle die gasheerskool, Ho\u00ebrskool Hans Strijdom, met &#8216;n telling van 26-10 in die eindstryd verslaan het. Die oorwinning het egter nie maklik gekom vir die Hugies nie. Die Hansies het &#8216;n titaniese stryd opgesit, ver\u00e1l op die verdediging. Op die einde van die dag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":39337,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-39251","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39251","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39251"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39251\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39251"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39251"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39251"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}