{"id":39796,"date":"2024-03-30T19:24:36","date_gmt":"2024-03-30T17:24:36","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=39796"},"modified":"2024-03-30T19:24:36","modified_gmt":"2024-03-30T17:24:36","slug":"skole-dis-feesrugby-tydens-die-onderskeie-paastoernooi-op","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=39796","title":{"rendered":"Skole dis feesrugby tydens die onderskeie Paastoernooi op"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-39799\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/AV4I5868-400x263.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"263\" \/>JOHANNESBURG. \u2013 Vonkelwyn-rugby en sprankelende voetwerk.<\/p>\n<p>Dit is waarmee toeskouers tydens die vier groot Paastoernooie bederf is.<\/p>\n<p>Hilton College was Saterdag met 17-14 baas in \u2018n klipharde asook opwindende hoofwedstryd van St John\u2019s College se Paastoernooi. Die wenspan se vleuel Rukudzo Madingo het twee keer hakskene vir die verdedigers gewys om te gaan druk.<\/p>\n<p>Boland Landbou se heelagter, Retagen van Rooi, was op sy stukke in die laaste vesting. Hy draf gewoonlik op losskakel uit, maar het gewys dat hy met sy flinke voetwerk net so gemaklik in die laaste vesting is.<\/p>\n<p>In die hoofwedstryd van die eerste dag van King Edward VII se Paastoernooi het die gasheer met 7-22 teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl die knie gebuig. Die telling s\u00ea dit was heelwat gemakliker as verlede jaar se sege van Boishaai (10-8) oor KES.<\/p>\n<p>Dit was wel nie so maklik nie. KES het eerste bloed geruik toe sy SA Skole-haker Esethu Mnebelele oor die doellyn gebars het. Die tuissspan het meeste van die balbesit asook gebiedsvoordeel in die eerste helfte geniet, maar hul kon dit nie in meer punte omskep nie.<\/p>\n<p>Boishaai het met \u2018n voorsprong van 19-7 gaan rus na hy elke geleentheid op die aanval in die eerste helfte benut het. Die tweestryd tussen die twee losskakel, Vusi Moyo (KES) en Viaan Mentoor (Boishaai), het ook vir \u2018n hele paar hoogtepunte gesorg.<\/p>\n<p>Mentoor het \u2018n pragtige drie na \u2018n skerp breekslag gedruk wat waarskynlik die uitslag van die tweestryd in sy guns geswaai het. Buiten Mentoor was die span van die Paarl se flank, Ruben Dames, ook uitmuntend.<\/p>\n<p>Jeppe het op sy geskiedkundige sege van Maandag oor Grey-kollege voortgebou deur Queen\u2019s College met 47-6 kaf te draf. Die span se heelagter, Sanele Simelane, het twee van sy span se sewe drie\u00eb gedruk.<\/p>\n<p>Simelane is die jonger broer van die Stormers se Wandisile Simelane.<\/p>\n<p>Indien waarskynlik een van die grootste skokke in die geskiedenis van skolerugby jou die week verbygegaan het. Jeppe het danksy rotsvaste verdediging die magtige Grey met 22-19 tydens die Noord\/Suid-toernooi verslaan.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het in die laaste vier minute drie keer teen Garsfontein gaan druk om \u2018n sege van 38-36 teen die Bere te steel.<\/p>\n<p>Eldoraigne se Groen Drake sal tevrede met hulself wees na \u2018n sege van 17-12 oor Ben Vorster van Tzaneen tydens die KES-toernooi. Die laaste keer wat die twee spanne mekaar ontmoet het was in 2019 se eindstryd van die Virsekerbeker se Plaat-afdeling.<\/p>\n<p>Die Vossies was op daardie dag met 37-36 baas.<\/p>\n<p>Maritzburg College het in die doodsnikke van hul kragmeting vir SACS met 26-26 danksy \u2018n verdoelde drie deur die linkervleuel, Lee-Rynne Sinkfontein, gesink. Die doelskop is koel en kalm deur die plaasvervanger-losskakel, Jordan Thackray, oorgeklits.<\/p>\n<p>Hugenote van Springs is as die nuwe kampioen van die jaarlikse Mauritz Hansen-week gekroon. Die span van die Oos-Rand het met sy agtsteman, Hennie Eybers, aan die spits het die gasheer, Hans Strijdom van Mookgophong, met 26-10 in die eindstryd verslaan.<\/p>\n<p><strong>AL DIE UITSLAE\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>ST JOHN\u2019S COLLEGE PAASTOERNOOI<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 2:<\/strong> Hilton College 17, Boland Landbou 14; Maritzburg College 26, SACS 24; Ho\u00ebrskool Nelspruit 38, St John\u2019s College 13; Noordheuwel 40, Kingswood College 18; Graeme College 12, St David\u2019s Marist 10; Falcon College 29, St Benedict\u2019s College 0; Voortrekker (Bethlehem) 31, Goue Leeus XV-tal.<\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> St John\u2019s College 17, Kingswood College 17; Boland Landbou 32, Maritzburg College 17; Hilton College 57, St Benedict\u2019s College 0; SACS 31, Graeme College 7; Noordheuwel 52, Goue Leeus XV-tal 0; Ho\u00ebrskool Nelspruit 31, Voortrekker (Bethlehem) 21; Falcon College 30, St David\u2019s Marist 19.<\/p>\n<p><strong>KING EDWARD VII PAASTOERNOOI<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 22, King Edward VII 7; Jeppe 47, Queen\u2019s College 6; Pretoria Boys\u2019 High 26, Selborne College 21; Bishops 47, Dale College 24; Eldoraigne 17, Ben Vorster 12; Northwood 50, Die Brandwag (Uitenhage) 0; Hudson Park 12, Parktown Boys\u2019 High 6.<\/p>\n<p><strong>KEARSNEY COLLEGE PAASTOERNOOI<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 2:<\/strong> Rondebosch Boys\u2019 High 22, Kearsney College 8; EG Jansen 20, Glenwood 8; Monument 22, Framesby 17; Durban High School 45, Ho\u00ebrskool Rustenburg 0; Worcester Gimnasium 38, Marlow Landbou 37; Westville Boys\u2019 High 18, Pearson 11; Nico Malan 31, Noord-Kaap 22.<\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> Rondebosch Boys\u2019 High 31, Westville Boys\u2019 High 10; Framesby 18, Kearsney College 17; Durban High School 21, Nico Malan 0; Glenwood 14, Marlow Landbou 6; EG Jansen 59, Noord-Kaap 7; Worcester Gimnasium 26, Ho\u00ebrskool Rustenburg 25.<\/p>\n<p><strong>ST STITHIANS COLLEGE PAASTOERNOOI<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 2:<\/strong> St Stithians College 12, Clifton College 7; Michaelhouse 34, St Andrew&#8217;s College 14; Helpmekaar 40, Hartpury College 13; Diamantveld 53, Secunda 11; St Charles 22, St Alban\u2019s College 16; Marais Viljoen 6, St John\u2019s College (Harare) 5; Northcliff 23, Hartpury College II 10.<\/p>\n<p><strong>Dag 1:<\/strong> Helpmekaar 47, Diamantveld 7; St John\u2019s College (Harare) 25, Michaelhouse 23; Marais Viljoen 27, Hartpury College 19; St Stithians College 27, St Andrew\u2019s College 14; Secunda 22, St Charles College 19; Clifton College 21, Northcliff 15; St Alban\u2019s College 22, Hartpury College II 10.<\/p>\n<p><strong>NOORD\/SUID-TOERNOOI<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 4:<\/strong> Affies 38, Stellenberg 11; Monument 50, Ho\u00ebrskool Durbanville 21; Paul Roos Gimnasium 47, Waterkloof 24; Noordheuwel 33, Duineveld 32; Paarl Gimnasium 75, Pretoria Boys\u2019 High 10; Outeniqua 37, Menlopark 17.<\/p>\n<p><strong>Dag 3:<\/strong> Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 38, Garsfontein 36; Jeppe 22, Grey-kollege 19; Oakdale Landbou 41, Helpmekaar 24; EG Jansen 44, HTS Drostdy 15; Welkom Gimnasium 24, Ho\u00ebrskool Nelspruit 20.<\/p>\n<p><strong>HANSIE-WEEK <\/strong><\/p>\n<p><strong>Dag 3:<\/strong> Hugenote (Springs) 26, Hans Strijdom 10 (Eindstryd); Fochville 22, Kalahari 22; Ligbron Akademie 21, Northcliff 3; Ho\u00ebrskool Bellville 12, Witteberg 10; Piet Retief 21, Brits 5; Linden 22, Frans du Toit 0; Pretoria-Noord 38, Empangeni 0; Ferrum 31, Die Anker II 3.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>JOHANNESBURG. \u2013 Vonkelwyn-rugby en sprankelende voetwerk. Dit is waarmee toeskouers tydens die vier groot Paastoernooie bederf is. Hilton College was Saterdag met 17-14 baas in \u2018n klipharde asook opwindende hoofwedstryd van St John\u2019s College se Paastoernooi. Die wenspan se vleuel Rukudzo Madingo het twee keer hakskene vir die verdedigers gewys om te gaan druk. Boland [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":39799,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-39796","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39796","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39796"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39796\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39796"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39796"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39796"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}