{"id":40207,"date":"2024-04-05T12:14:13","date_gmt":"2024-04-05T10:14:13","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=40207"},"modified":"2024-04-05T12:14:13","modified_gmt":"2024-04-05T10:14:13","slug":"wesgrow-reeks-vat-vlam-met-bloemfontein-derby","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=40207","title":{"rendered":"Wesgrow-reeks vat vlam met Bloemfontein-derby"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_18771\" aria-describedby=\"caption-attachment-18771\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-18771\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/IMG_7529-scaled-1-300x200.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/IMG_7529-scaled-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/IMG_7529-scaled-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/IMG_7529-scaled-1.jpg 1024w\" sizes=\"auto, (max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-18771\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>Verlede seisoen se o. 19 A-rugbykampioen in die Wesgrow Sentrale Sportreeks, <strong>Ho\u00ebrskool Fichardtpark<\/strong>, pak Saterdag hul buurskool en aartsvyand, <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Jim Fouch\u00e9<\/strong>, in die Rosestad.<\/p>\n<p>Die Fichies het &#8216;n staanplek in Bloemfontein vir die trofee verdien met &#8216;n uitstekende onoorwonne Wesgrow-veldtog in 2023, en in hul vorige kragmeting met JF was die Leeus met 39-33 baas. Na die reeks het JF nietemin die Fichies se droomseisoen effens bederf deur hulle in die eindstryd van die Vrystaat-liga met 31-25 te verslaan.<\/p>\n<p>Hierdie naweek is &#8216;n liganaweek vir die spanne wat aan die Wesgrow-reeks deelneem, maar aangesien Fichardtpark en JF, asook <strong>Ho\u00ebrskool Trio<\/strong> en <strong>Voortrekker Ho\u00ebrskool<\/strong>, mekaar in hul onderskeie ligas raakloop, dien dit Saterdag terselftertyd ook as hul Wesgrow-bepalings.<\/p>\n<p>Volg die aksie regstreeks op<strong> SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a> &#8211;<\/strong> <a href=\"https:\/\/bit.ly\/Wesgrow2024\">Skakel na die toernooi<\/a><\/p>\n<p>Fichardtpark kon nog nie vanjaar dieselfde ritme bereik wat hulle in 2023 tentoongestel het nie, maar, met gevaarmanne soos <strong>Martin Kalp<\/strong> en <strong>Duan Viviers<\/strong> in hul midde, ly dit geen twyfel dat hulle oor die vermo\u00ebns beskik om weer onder die voorste spanne in die reeks getel te word nie.<\/p>\n<p>JF het in hul eerste wedstryd van vanjaar se reeks met 24-24 gelykop gespeel teen Ho\u00ebrskool Witteberg, en moes in hul volgende wedstryd met 13-20 die knie buig teen Goudveld-Ho\u00ebrskool. Hulle sal uiteraard gretig wees om hul eerste Wesgrow-sege van die seisoen agter hul naam te plaas.<\/p>\n<p>Senter, <strong>Adrian de Necker<\/strong>, en flank, <strong>Franco Oberholzer<\/strong>, is tot dusver twee van JF se groot uitblinkers en sal Saterdag &#8216;n deurslaggewende rol h\u00ea om te vervul indien hulle harder as die Leeus wil brul.<\/p>\n<p>Die stryd tussen die twee skrumskakels behoort ook interessant te wees. <strong>Devant\u00e9 Claasen<\/strong> het verlede jaar reeds vir Fichardtpark by die Cravenweek verteenwoordig, terwyl sy direkte opponent, <strong>Brenden de Wee<\/strong>, wat, saam met sy broer, <strong>Breyten de Wee<\/strong>, verlede jaar nog vir Fichardtpark by die o. 16 Grant Khomo-week verteenwoordig het, vanjaar vir die JF-eerstes uitdraf.<\/p>\n<p>Voortrekker het gedurende die skoolvakansie hul eerste NMI Noord\/Suid-stryd teen Helpmekaar Kollege naelskraaps met 20-19 gewen, maar tydens die Paastoernooi by St John&#8217;s College het hulle gestruikel teen Ho\u00ebrskole Nelspruit en Noordheuwel, so hulle sal gretig wees om terug te keer na die wenpad toe in Kroonstad die naweek.<\/p>\n<p>Trio het gedurende die voorseisoen ook teen Noordheuwel verloor met 12-20, maar hulle het die Gautengers beslis meer laat sweet.<\/p>\n<p>Die Trekkers se skrumskakel, <strong>Christiaan van der Sandt<\/strong>, sal weer &#8216;n vername rol h\u00ea om te vertolk, nie alleen wat sy stelskopwerk betref nie, maar ook aan die spits van bykans al hul aanvallende bewegings.<\/p>\n<p>Voorlangs moet brekers soos <strong>Cecil Parsons<\/strong> en <strong>Arnold Ras <\/strong>die platform l\u00ea, terwyl losskakel, <strong>Adriaan Bonthuys<\/strong>, en heelagter, <strong>Kaneng Komane<\/strong>, agterlangs die toon moet aangee.<\/p>\n<p>Die tuisspan se voorry, bestaande uit <strong>Juandr\u00e9 Vorster<\/strong>, <strong>Killian Kriek<\/strong> en <strong>Dandr\u00e9 Bloem<\/strong>, sal alles in die stryd moet werp om te verseker dat Trio die tempo beheer, anders kan dit &#8216;n lang dag raak.<\/p>\n<p>Die manne van Bethlehem het reeds vroe\u00ebr in die seisoen verlede jaar se kampioen, Fichardtpark, met 33-10 afgestof en het verlede jaar as die algehele wenners van die Wesgrow-reeks ge\u00ebindig.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Fichardtpark t. Jim Fouch\u00e9 om 13:30:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Fichardtpark: <\/strong>15 Martin Kalp, 14 Ayanda Quinisa, 13 Duan Viviers, 12 Junior Titoti, 11 Divan Martens, 10 Pule Motsilili, 9 Devant\u00e9 Claasen, 8 Wouter Jonker, 7 Janel du Plessis, 6 Marno Smith, 5 Pieter Tembo, 4 Buko Mlali, 3 Nathen Swanepoel, 2 MJ Hattingh, 1 Zaine van Zyl.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9: <\/strong>15 Christian Strydom, 14 Heinrich Hattingh, 13 Adrian de Necker, 12 Hanro Marais, 11 Bendr\u00e9 Vermaak, 10 Allderick Johnson, 9 Brenden de Wee, 8 Qian Moller, 7 Franco Oberholzer, 6 Nathan van Breda, 5 JW Stone, 4 Brenden Weyers, 3 Darren Matthews, 2 Ian Nel, 1 JC van Niekerk.<\/p>\n<p><strong>Trio t. Voortrekker om 13:20:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Trio:\u00a0<\/strong>15 Byron Maggerman, 14 Thuto Kekane, 13 Franco de Wet, 12 Tyron Adams, 11 Aaron Kriek, 10 Byron Biennas, 9 Ethan Smith, 8 Keanu Swanepoel, 7 Pieter van Schalkwyk, 6 Tapiwa Mundeta, 5 Danie Fourie, 4 Dian Serfontein, 3 Juandr\u00e9 Vorster, 2 Killian Kriek, 1 Dandr\u00e9 Bloem.<\/p>\n<p><strong>Voortrekker Ho\u00ebrskool: <\/strong>15 Kaneng Komane, 14 Karabelo Chaka, 13 Frederik Fourie, 12 Craig Mann, 11 Kamohelo Moses, 10 Adriaan Bonthuys, 9 Christiaan van der Sandt, 8 Dawie Fourie, 7 Wian Fourie, 6 Jayden de Jesus, 5 Tristan Meyer, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Arnold Ras, 1 Francois Maree.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verlede seisoen se o. 19 A-rugbykampioen in die Wesgrow Sentrale Sportreeks, Ho\u00ebrskool Fichardtpark, pak Saterdag hul buurskool en aartsvyand, Ho\u00ebrskool Jim Fouch\u00e9, in die Rosestad. Die Fichies het &#8216;n staanplek in Bloemfontein vir die trofee verdien met &#8216;n uitstekende onoorwonne Wesgrow-veldtog in 2023, en in hul vorige kragmeting met JF was die Leeus met 39-33 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":18771,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-40207","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40207","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40207"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40207\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/18771"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40207"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40207"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40207"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}