{"id":41436,"date":"2024-04-13T20:10:16","date_gmt":"2024-04-13T18:10:16","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=41436"},"modified":"2024-04-13T20:10:16","modified_gmt":"2024-04-13T18:10:16","slug":"wynberg-skud-boishaai-se-hok-na-36-jaar-grey-in-verwoestende-bui-teen-die-kwaggas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=41436","title":{"rendered":"Wynberg skud Boishaai se hok na 36 jaar, Grey in verwoestende bui teen die Kwaggas"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_41447\" aria-describedby=\"caption-attachment-41447\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41447\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/PSX_20240413_160445-1-400x303.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"303\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-41447\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA. \u2013 Wynberg Boys\u2019 High het gesorg vir nog \u2018n opskudding in die skolerugbyseisoen van 2024 toe hy die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl vir die eerste keer in 36 jaar verslaan het.<\/p>\n<p>Die span se losskakel, Yaqeen Ahmed, het koelkop gebly om \u2018n strafdoel na die sirene oor te klits om aan sy span \u2018n geskiedkundige sege van 30-27 oor Boishaai te help beklink.<\/p>\n<p>Boishaai se linkervleuel, Ashwin Swarts, het vyf minute voor die einde gaan druk met die losskakel, Viaan Mentoor, se doelskop wat sake gelyk getrek het. Wynberg se vorige sege oor die span van die Paarl was in 1988.<\/p>\n<p>Die wenspan se kaptein, Aden da Costa, se pa Joe was \u2018n lid van die Wynberg-span wat 36 terug vir Boishaai omgedop het.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium het sy onoorwonne status net-net in die Jakarandastad behou deur vir die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria naelskraaps met 20-19 uit te oorl\u00ea.<\/p>\n<p>Dit was \u2018n strawwe tweestryd van twee helftes, waar Gimmies in die eerste helfte die oorhand gehad het. In die tweede helfte het Affies die meeste van die speelwerk gedoen.<\/p>\n<p>Op die ou einde was \u2018n onderskepdrie deur Paarl Gimnasium se regtervleuel, Immanuel Prinsloo, die verskil tussen die twee spanne. Die akkurate skopskoen van die heelagter, Freek de Kock, verdien egter ook lof.<\/p>\n<p>Affies se linkervleuel, Eagan Roux, het deurgans probleme vir Gimmies se verdediging besorg, terwyl Affies se SA Skole-binnesenter, Janco Purchase, sy spel goed afgewissel het.<\/p>\n<p>Gimmies se twee flanke, Jan Koegelenberg en Wihan Kotze, het by die afbreekpunte veral in die eerste helfte skitterende werk verrig.<\/p>\n<p>Almal het verwag dat Grey-kollege nie in \u2018n goeie bui sou wees na hul skoknederlaag teen Jeppe (19-22) tydens die Noord\/Suid-toernooi nie.<\/p>\n<p>Die span van die Rosestad het egter nie net eers ses van die bestes teen Outeniqua uitgedeel nie, maar \u2018n drag slae van 90-3. Grey het 14 drie\u00eb in totaal ingeryg met sy buitesenter, Ethan Adams, wat \u2018n driekuns behaal het.<\/p>\n<p>Die nuweling heelagter, Heinz Stockenstr\u00f6m, het ook seker gemaak dat hy volgende week teen Paarl Gimnasium weer die laaste vesting sal beman. Hy hete agt van sy span se drie\u00eb verdoel en self ook \u2018n draai agter die doellyn gemaak.<\/p>\n<p>Waterkloof het vriend en vyand in die NWU Sport-reeks verras deur EG Jansen in Boksburg met 45-38 te klop. Die Jansies was voor die kragmeting nog onoorwonne vanjaar en \u2018n vroe\u00eb gunsteling om as kampioen van di\u00e9 reeks gekroon te word.<\/p>\n<p>Die Klofies sal egter nou volgende Saterdag teen Menlopark in die eindstryd van die reeks te staan kom. Die Parkies het van sy plek in die eindstryd met \u2018n sege van 31-14 oor die Ho\u00ebrskool Nelspruit in Mbombela seker gemaak.<\/p>\n<p>Die Klofies se senterpaar, Riwan van Aswegen en Happy Makate, was uitmuntend in die oorwinning oor EG. Van Aswegen het die wendrie na \u2018n lopie van ongeveer 50 meter gaan druk.<\/p>\n<p>In die NWU Prestige-reeks het die verdedigende kampioen, Noordheuwel, sy plek in die halfeindronde met \u2018n oorwinning van 43-33 oor Lichtenburg bespreek. Die Nories sal teen Wesvalia in hul halfeindstryd te staan kom.<\/p>\n<p>In die ander halfeindstryd sal die Ho\u00ebrskool Pietersburg en Marais Viljoen teen mekaar sake uitspook.<\/p>\n<p>Strand se buitesenter, Sherwin April, was op sy stukke in die maand wat sy van dra. Hy het vier keer gaan druk om sy skoolspan tot \u2018n sege van 52-22 oor DF Malan te help. Die linkervleuel, Heinrich April, het self dubbelle driedruk-plesier ervaar.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL <\/strong><\/p>\n<p>Maritzburg College 43, Pretoria Boys\u2019 High 7; Glenwood 34, Clifton 7; Northwood 7, Durban High School 7.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>King Edward VII 80, Parktown Boys\u2019 High 0; Jeppe 31, Westville Boys\u2019 High 21; Secunda 47, Hans Moore 16; Dr. Malan 22, Ho\u00ebrskool Sasolburg 13; Merensky 62, Nylstroom 13; Bergsig Akademie 43, Driehoek 3; Wonderboom 69, Florida 0; Centurion 23, HTS Witbank 19; Midstream College 24, Northcliff 17; HTS Sasolburg 19, HTS Carel de Wet 16; Edenvale High 19, Fourways 18; Brandwag (Benoni) 36, Wagpos 0.<\/p>\n<p><strong>NWU 16-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Ben Viljoen 39, Vryburg 33; Riebeeckrand 34, Wolmaransstad 6; Fochville 31, Hans Strijdom 24; Pretoria-Noord 18, Sarel Cilliers (Glenco) 12; Pionier 43, Delmas 22.<\/p>\n<p><strong>NWU SPORT-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Waterkloof 45, EG Jansen 38; Oos-Moot 36, Eldoraigne 17; Menlopark 31, Ho\u00ebrskool Nelspruit 14; HTS Middelburg 36, Kempton Park 22.<\/p>\n<p><strong>NWU PRESTIGE-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Noordheuwel 43, Lichtenburg 33; Wesvalia 37, Jeugland 15; Ho\u00ebrskool Pietersburg 13, Hugenote (Springs) 13; Marais Viljoen 18, Ho\u00ebrskool Rustenburg 15; Zwartkop 31, Oosterlig 26; Potchefstroom Gimnasium 22, Heidelberg Volkskool 7; Montana 26, Potchefstroom Volkskool 22; Die Anker 31, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 19.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Dale College 33, Grey High 25; Queen\u2019s College 26, Selborne College 21; Graeme College 29, Cambridge 12; Nico Malan 38, Despatch 12; Muir College 30, Die Brandwag (Uitenhage) 22; Hudson Park 20, Marlow Landbou 7; Pearson 48, Stirling 0; Graaff-Reinet Volkskool 36, Westering 12.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS <\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 90, Outeniqua 3; Duineveld 14, Diamantveld 12; Louis Botha 17, Sentraal 12; Fichardtpark 19, Grey-kollege III 21; Brandfort 31, Ho\u00ebrskool Bloemfontein 12; Ficksburg 24, Ladybrand 17; Hendrik Potgieter 40, President Steyn 7; Zastron 51, Bloemfontein-Suid 0; De Aar 24, Vaalharts 17; Douglas 31, Adamantia 12; Sand du Plessis 27, Jim Fouch\u00e9 IV 26.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Wynberg Boys\u2019 High 30, Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 27; Paul Roos Gimnasium 38, Rondebosch Boys\u2019 High 17; Paarl Gimnasium 20, Affies 19; Boland Landbou 52, Bishops 10; SACS 54, Brackenfell 27; Oakdale Landbou 29, Stellenberg 22; Worcester Gimnasium 22, Ho\u00ebrskool Punt 15; Swartland 33, Hermanus 24; Charlie Hofmeyr 15, Hopefield 13; Milnerton 17, Hugenote (Wellington) 14; HTS Drostdy 22, Framesby 5; Ho\u00ebrskool Bellville 29, Tygerberg 10; Piketberg 15, Lutzville 9; Kasselsvlei 18, Vishoek 17; Robertson 22, Bredasdorp 19; Montagu 33, Oudtshoorn 33; Porterville 29, Curro Langebaan 22; Strand 52, DF Malan 22; Langenhoven Gimnasium 50, Ho\u00ebrskool Langenhoven 19; Monumentpark 20, Melkbosstrand 19; Overberg 74, De Villiers Graaff 24; Labori 21, Dirkie Uys 7.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Wynberg Boys\u2019 High het gesorg vir nog \u2018n opskudding in die skolerugbyseisoen van 2024 toe hy die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl vir die eerste keer in 36 jaar verslaan het. Die span se losskakel, Yaqeen Ahmed, het koelkop gebly om \u2018n strafdoel na die sirene oor te klits om aan sy span \u2018n geskiedkundige [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":41447,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-41436","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41436","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41436"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41436\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41436"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41436"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41436"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}