{"id":4181,"date":"2013-07-13T07:45:41","date_gmt":"2013-07-13T07:45:41","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/pretorius-waarskynlik-eerste-valk-wat-hoofwedstryd-van-cravenweek-blaas\/"},"modified":"2013-07-13T07:45:41","modified_gmt":"2013-07-13T07:45:41","slug":"pretorius-waarskynlik-eerste-valk-wat-hoofwedstryd-van-cravenweek-blaas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=4181","title":{"rendered":"Pretorius waarskynlik eerste Valk wat hoofwedstryd van Cravenweek blaas"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">POLOKWANE. &#8211; Daar sal beslis in vandag se hoofwedstryd van die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole hier &#8220;reg en geregtigheid&#8221; geskied met die skeidsregter en prokureur Lihan Pretorius in beheer van sake.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Pretorius, van die Valke-unie, se vertonings tydens di\u00e9 week het Andr\u00e9 Watson, die Suid-Afrikaanse skeidsregtersbaas, en sy paneel s\u00f3 be\u00efndruk dat hy gevra is om in die nie-amptelike eindstryd van die toernooi te blaas. Die skeidsregter wat die beste op die week vertoon word hiervoor aangewys.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Dit Pretorius se eerste jaar as blaser by die Cravenweek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek het in my wildste drome nooit kon dink dat ek die hoofwedstryd by die Cravenweek sou blaas nie,&#8221; het Pretorius, wat oor twee weke sy 27 verjaarsdag vier, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Dit voel vir seker soos &#8216;n vroe\u00eb verjaarsdag geskenk&#8221;.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Wanneer die Goue Leeus en die Westelike Provinsie vandag om 15:15 in die ou Peter Mokaba-stadion op die veld uitdraf sal Pretorius waarskynlik die eerste Valke-skeidsregter word wat die hoofwedstryd van di\u00e9 week behartig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Dit is die eerste Valke-skeidsregter waarvan ek weet wat in die hoofwedstryd van die Cravenweek blaas,&#8221; het Watson, self &#8216;n oud-Valke blaser.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Lihan het deur die week gewys dat hy op meriete verdien om in die hoofwedstryd te blaas. Daar was ander aanspraakmakers soos Jaco Kotze, maar Lihan se vertonings was die beste,&#8221; het Watson bygevoeg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Hy het sommer met die intrapslag in die wedstryd tussen die Bulle en die WP twee geelkaarte gegee, wat albei geregverdig was.&#8221;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Pretorius het benewens di\u00e9 wedstryd ook die eerste kragmeting van di\u00e9 toernooi tussen Griekwas en Zimbabwe behartig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Die week was beslis nie maklik nie. Ek het gevoel ek moes die toon van die toernooi in daardie eerste wedstryd aangee. Ek was voorheen al self &#8216;n televisie-wedstrydbeampte gewees, maar ek het Maandag vir die eerste keer self met &#8216;n televisieskeidsregter gewerk,&#8221; het Pretorius ges\u00ea.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Hy tree al vir die afgelope 15 jaar as skeidsregter op.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek het as 12-jarige geluister na &#8216;n radioprogram waar Andr\u00e9 Watson gesels het. Ek het ingebel en hom gevra hoe oud jy moet wees om te kan rugby blaas,&#8221; vertel Pretorius.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Watson het Pretorius by sy huis kom besoek en hy is daarn\u00e1 ingeskryf as skeidsregter.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Hy het vanjaar boonop in sy eerste Varsitybeker-wedstryd \u00e9n sy eerste Vodacombeker-kragmeting geblaas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei tel onder sy hoogtepunte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Pretorius hoop om eendag as blaser in die plaaslike Curriebeker-reeks uit te draf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">&#8220;Ek sal ook graag eendag &#8216;n ambassadeur vir Suid-Afrikaanse skeidsregters wil wees, deur byvoorbeeld &#8216;n toetsskeidsregter te word.&#8221;<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>POLOKWANE. &#8211; Daar sal beslis in vandag se hoofwedstryd van die 50ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole hier &#8220;reg en geregtigheid&#8221; geskied met die skeidsregter en prokureur Lihan Pretorius in beheer van sake. Pretorius, van die Valke-unie, se vertonings tydens di\u00e9 week het Andr\u00e9 Watson, die Suid-Afrikaanse skeidsregtersbaas, en sy paneel s\u00f3 be\u00efndruk dat hy gevra is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-4181","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4181"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4181\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}