{"id":4185,"date":"2013-07-14T06:47:31","date_gmt":"2013-07-14T06:47:31","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-die-nie-amptelike-kampioen-van-die-cravenweek\/"},"modified":"2013-07-14T06:47:31","modified_gmt":"2013-07-14T06:47:31","slug":"wp-die-nie-amptelike-kampioen-van-die-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=4185","title":{"rendered":"WP die nie-amptelike kampioen van die Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p>\n<p>POLOKWANE. \u2013 WP jou lekker ding! Dit is die uitroep wat van die paviljoen van die ou Peter Mokaba-stadion hier tydens die hoofwedstryd van die 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole ge-ego het.<\/p>\n<p>Die Westelike Provinsie het met sy oorwinning van 45-29 oor die Leeus in di\u00e9 kragmeting sy oorheersing op vanjaar se toernooi beklemtoon. Die Streeptruie het die Leeus behoorlik streepsuiker in die eerste helfte gegee en met lemoentyd 23-0 voorgeloop.<\/p>\n<p>Die nie-amptelike kampioen se pak voorspelers het in die eerste helfte hulle teenstanders oordonder. Die Leeus het in die tweede helfte eerste toegeslaan met hulle slot Rhyno Herbst steeds in die koelkas na hy in die eerste helfte weens ontoelaatbare spel afgejaag is.<\/p>\n<p>Dit is die eerste keer sedert 2009 in Oos-Londen dat Westelike Provinsie as die nie-amptelike kampioen gekroon word. Die Streeptruie se span van 2009 het die Bokke Eben Etzebeth en Frans Malherbe in sy geledere gehad.<\/p>\n<p>Die nie-amptelike kampioen se stelskopper en vleuel, Grant Hermanus het sy skopskoen gister aangehad. Hy het vier doelskoppe en vier strafdoele tussen deur die pale gejaag en daarmee gesorg dat die Leeus nooit binne trefafstand kon kom nie.<\/p>\n<p>Die Griffons se losskakel, Shaun Reynolds het die toernooi-rekord vir die meeste punte op \u2018n toernooi geewenaar na hy 18 punte tot sy span se sege van 34-27 oor Boland bygedra het. Di\u00e9 oorwinning beteken ook dat die Perses een van slegs twee spanne is wat die toernooi onoorwonne kon afsluit. Die Griffons was nou in agt van hulle laaste nege wedstryde op die Cravenweek aan die wenkant, \u2018n beter rekord as enige ander span oor die afgelope drie jaar.<\/p>\n<p>Reynolds het Stefan Watermeyer van die Blou Bulle se rekord van 57 punte in 2005 op \u2018n toernooi geewenaar.<\/p>\n<p>KwaZulu-Natal was veels te sterk vir Grens en het 77-14 as oorwinnaars van die veld gestap het. Die Suidwestelike Distrikte het die week met \u2018n sege van 37-29 oor die Blou Bulle afgesluit.<\/p>\n<p>In die vernaamste voorwedstryd op die hoofveld het die Pumas danksy \u2018n strafdoel net voor die eindfluitjie deur sy losskakel Brandon Thomson 25-22 oor die Vrystaat koning gekraai.<\/p>\n<p>Griekwas het Grens-platteland 94-5 gekarnuffel met sy buitesenter Dimitrio Tieties wat 30 van sy span se punte aangeteken het. Die span se ander senter Jacques Nel en vleuel Leon Becker het elk \u2018n driekuns ingeryg.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>POLOKWANE. \u2013 WP jou lekker ding! Dit is die uitroep wat van die paviljoen van die ou Peter Mokaba-stadion hier tydens die hoofwedstryd van die 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole ge-ego het. Die Westelike Provinsie het met sy oorwinning van 45-29 oor die Leeus in di\u00e9 kragmeting sy oorheersing op vanjaar se toernooi beklemtoon. Die Streeptruie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-4185","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4185","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4185"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4185\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4185"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4185"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4185"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}