{"id":4188,"date":"2013-07-14T15:27:21","date_gmt":"2013-07-14T15:27:21","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-welverdiend-nie-amptelike-kampioen\/"},"modified":"2013-07-14T15:27:21","modified_gmt":"2013-07-14T15:27:21","slug":"wp-welverdiend-nie-amptelike-kampioen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=4188","title":{"rendered":"WP welverdiend nie-amptelike kampioen"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">POLOKWANE. \u2013 Dit is heel gepas dat die Westelike Provinsie se o.18-rugbyspan as die nie-amptelike kampioen tydens die geskiedkundige 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole in die ou Peter Mokaba-stadion hier gekroon is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie is sedert die ontstaan van die toernooi in 1964 die suksesvolste span oor die jare heen. Die unie se span na die week het in die meeste hoofwedstryde naamlik 22 wedstryde sedert di\u00e9 kragmeting \u2018n instelling in 1971 geword het. In di\u00e9 22 hoofwedstryde was gister se oorwinning die Streeptruie se 12de keer dat hulle as nie-amptelike kampioene gekroon word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Al wat Saterdag se hoofwedstryd meer gepas sou gemaak het , is as die Streeptruie teen die Vrystaat te staan gekom het. Die Vrystaat was al sedert 1971 in 17 hoofwedstryde in aksie waarvan hy in agt aan die wenkant was.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Westelike Provinsie het Saterdag die Leeus 45-29 in die hoofwedstryd ore aangesit nah y teen rustyd reeds met die telling op 23-0 stewig in die saal was. Dit was die Leeus se derde agtereenvolgende verskyning in die hoofwedstryd. Die span van die Goudstad het die Vrystaat naelskraaps 20-19 op die vierde dag danksy \u2018n strafdoel deur sy heelagter Erwin Harris uitgestof. Dit was self die Leeus se 12de keer wat hulle in die hoofwedstryd in aksie was.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons het met \u2018n oorwinning van 34-27 oor Boland verseker dat hulle die enigste ander span buiten die nie-amptelike kampioen is wat die toernooi onoorwonne afsluit. Die span het wel teen die Valke op die eerste dag 37-elk gelykop gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat het op die laaste dag weer met \u2018n strafdoel in die doodsnikke van die wedstryd teen die Pumas 22-25 die knie gebuig. Die keer was die Pumas se nuwe SA Skole-losskakel, Brandon Thomson die held. Die Blou Bulle kon ook soos die Vrystaat slegs een oorwinning behaal na Suidwestelike Distrikte hulle 39-27 Saterdag verslaan het.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Westelike Provinsie het nie net sake op die Cravenweek oorheers nie. Die unie se spanne na die Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) en Cravenweek vir laerskole (vir o.13-spanne) is ook as nie-amptelike kampioene na afloop van die twee toernooie gekroon. Suidwestelike Distrikte was die nie-amptelike kampioen op die nasionale Akademie-week.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>POLOKWANE. \u2013 Dit is heel gepas dat die Westelike Provinsie se o.18-rugbyspan as die nie-amptelike kampioen tydens die geskiedkundige 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole in die ou Peter Mokaba-stadion hier gekroon is nie. Die Streeptruie is sedert die ontstaan van die toernooi in 1964 die suksesvolste span oor die jare heen. Die unie se span na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-4188","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4188","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4188"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4188\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4188"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4188"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4188"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}