{"id":42113,"date":"2024-04-19T12:59:59","date_gmt":"2024-04-19T10:59:59","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=42113"},"modified":"2024-04-19T12:59:59","modified_gmt":"2024-04-19T10:59:59","slug":"nories-oorgehaal-om-weer-eindstryd-in-nwu-prestige-reeks-te-haal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=42113","title":{"rendered":"Nories oorgehaal om weer eindstryd in NWU Prestige-reeks te haal"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_42169\" aria-describedby=\"caption-attachment-42169\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-42169 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Marais-Viljoen-rugby-2-400x379.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"379\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-42169\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>Slegs <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> staan in die pad van die <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> om vir &#8216;n tweede agtereenvolgende jaar die eindstryd van die NWU Prestige-reeks te haal.<\/p>\n<p>Die halfeindstryd tussen bogenoemde spanne in Brakpan behoort voorts &#8216;n goeie vertoonvenster te bied vir wat &#8216;n mens te wagte kan wees in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Die fokus sal vir eers egter op die Prestige-reeks wees. Die Nories is die verdedigende kampioen en wil hulself &#8216;n geleentheid bied om agtereenvolgens met die titel weg te stap, deur die span van Alberton te troef.<\/p>\n<p>Die span van Krugersdorp gaan ietwat gebuk onder beseringsprobleme en sal sonder &#8216;n paar van hul sleutelspelers moet klaarkom.<\/p>\n<p>Slot, <strong>Alex Greeff<\/strong>, loop die halfeindstryd mis, maar word vervang deur die opwindende <strong>Xander Buytendach<\/strong>, wat gretig sal wees om te woel onder die groot manne voorlangs. Hy skroom beslis nie om betrokke te raak by die fisieke aspekte van die spel nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Stukkie goeie nuus vir die Norie-ondersteuners is dat hul driedrukmasjien op linkervleuel, <strong>Lindsey Jansen<\/strong>, terugkeer, nadat hy &#8216;n blaaskans geniet het om van die ergste stampe en stote van &#8216;n strawwe skoolvakansie te herstel. Jansen hou groot gevaar in, vernaam wanneer hy spasie aan die buitekant gegun word.<\/p>\n<p>Marais Viljoen verwag &#8216;n fisieke stryd voorlangs en sal attent wees op die Nories se dryfmale, wat reeds heelwat sukses vir die Krugersdorpers gebring het. Steelkantflank, <strong>Dian Scheepers<\/strong>, behoort egter ander planne te h\u00ea, en het tot dusver uitgeblink vir die span van Alberton met sy kragtige dryfspel en verdediging.<\/p>\n<p>Losskakel en kaptein, <strong>Rekkie Gerber<\/strong>, se korrelwerk pale toe sal ook van kardinale belang wees, terwyl sy akkurate lynskoppe ook moet verseker dat Marais Viljoen in die regte areas van die veld speel.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> pak &#8216;n begeesterde <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> in die reeks se ander halfeindstryd, met die span van Klerksdorp wat vriend en vyand reeds be\u00efndruk het vanjaar.<\/p>\n<p>Dit was ver\u00e1l die gelykopuitslag (18-18) teen Ho\u00ebrskool Rustenburg wat wenkbroue laat lig het. Binnesenter, <strong>Rickard van Heerden<\/strong>, wat gewoontlik op losskakel diens doen, verdien &#8216;n klop op die skouer, aangesien sy skopskoen &#8216;n groot aandeel in die span se sukses het.<\/p>\n<p>Die Pieties het ietwat ritme verloor na hulle hul losskakel, <strong>Vincent Luckhoff<\/strong>, aan die krukkelys moes afstaan, maar Hanno van Zyl, buitesenter en onderkaptein, het spoedig gesorg dat die Pietie-agterlyn weer op alle silinders vuur.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel t. Marais Viljoen om 15:15 in Brakpan<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel:<\/strong> 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswill Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Christiaan Delport, 6 Mpho Madisoatsile, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naude, 1 Meyer Opperman.<\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen:<\/strong> 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Tristan Thom, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tsimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Bjorn Pieterse, 5 Beyers van Niekerk, 4 Rynier Welgemoed, 3 Sifiso Shongwe, 2 Tiaan Bruyns, 1 Clayton Gagiano.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg t. Ho\u00ebrskool Wesvalia om 13:50 in Springs<\/strong><\/p>\n<p><strong>Pietersburg:<\/strong> 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Manhlangu, 11 Dustin Terblanche, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker, 5 Juan Janse van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Mostert, 1 Floris Venter.<\/p>\n<p><strong>Wesvalia:<\/strong> 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickard van Heerden, 11 Kyle Botes, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.<\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs) t. Jeugland om 15:15 in Springs<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs):<\/strong> 15 George Loucas, 14 Musa Mahlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Dylan Nel, 11 Thanyani Mokiri, 10 Corne Pretorius, 9 Tiaan Smit, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Diaan Pretorius, 2 Luan Pretorius, 1 Henre Oosthuizen.<\/p>\n<p><strong>Jeugland (moontlik):<\/strong> 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Jooste, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Alec Mohlala, 7 Jose Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maime, 2 Suyanda Mbanwa, 1 Lesego Moitse.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg t. Ho\u00ebrskool Rustenburg om 13:50 in Brakpan\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Lichtenburg:<\/strong> 15 Luan Snyman, 14 Omphile Gaboutloeloe, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Eddie du Preez, 1 Donovan Rosato.<\/p>\n<p><strong>Rustenburg (moontlik):<\/strong> 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van den Berg, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendre Roninson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenrad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smit, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Janco Pretorius.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Slegs Ho\u00ebrskool Marais Viljoen staan in die pad van die Ho\u00ebrskool Noordheuwel om vir &#8216;n tweede agtereenvolgende jaar die eindstryd van die NWU Prestige-reeks te haal. Die halfeindstryd tussen bogenoemde spanne in Brakpan behoort voorts &#8216;n goeie vertoonvenster te bied vir wat &#8216;n mens te wagte kan wees in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":42169,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-42113","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42113","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42113"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42113\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42113"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42113"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42113"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}