{"id":42542,"date":"2024-04-21T14:52:32","date_gmt":"2024-04-21T12:52:32","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=42542"},"modified":"2024-04-21T14:52:32","modified_gmt":"2024-04-21T12:52:32","slug":"thuto-tweekuns-laat-trio-triomfeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=42542","title":{"rendered":"Thuto-tweekuns laat Trio triomfeer"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_42567\" aria-describedby=\"caption-attachment-42567\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-42567\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Witteberg-vs-Trio-2024-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-42567\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: KB Photography<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Trio<\/strong> het Saterdag in Bethlehem hul eerste sege in vanjaar se <strong>Wesgrow-reeks<\/strong>\u00a0 behaal, deur vas te byt vir &#8216;n naelbytoorwinning van 20-17 oor <strong>Witteberg<\/strong>.<\/p>\n<p>Beleef al die Wesgrow Sentrale Sportreeks-aksie op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou<\/a> &#8211;<\/strong> <a href=\"https:\/\/bit.ly\/Wesgrow2024\">Skakel na die reeks<\/a><\/p>\n<p>Die besoekers het vroeg reeds vir Witteberg op die doellyn vasgepen, vir losskakel, <strong>Byron Biennas<\/strong>, om hul rekening met &#8216;n strafdoel oop te maak.<\/p>\n<p>Dit was egter die tuisspan wat eerste die doellyn kon oorsteek, toe hul blitsige vleuel, <strong>Sakkie Brits<\/strong>, oorgeduik het na &#8216;n vlymskerp breekslag deur losskakel, <strong>Sydwell Sethi<\/strong>.<\/p>\n<p>Trio het byna onmiddelik teruggeslaan deur hul groot agsteman, <strong>Tapiwa Mundeta<\/strong>, om weer die voortou te neem, maar Sethi het verdere bresse in die span van Kroonstad se verdediging geslaan om self te druk vir Witteberg om teen rustyd met 12-10 voor te loop.<\/p>\n<p>Die tweede skof het stadig begin, maar toe Trio se blitsige regtervleuel, <strong>Thuto Kekane<\/strong>, die kans kry om sy ore plat te trek was daar geen keer aan hom nie en het hy &#8216;n steekskoppie deur skrumskakel, <strong>Ethan Smith<\/strong>, toegeduik vir die eerste van sy twee drie\u00eb.<\/p>\n<p>Witteberg het steeds geweier om te gaan l\u00ea, en <strong>Jacques van der Merwe<\/strong> het vir hulle nogmaals laat voorloop. Die dag sou egter aan die besoekers behoort, met Kekane en Smith wat skitterend gekombineer het vir die wendrie, en Kekane se tweede.<\/p>\n<p>Die tuisspan het dapper probeer terugkom in die doodsnikke, maar Trio het vasgebyt vir &#8216;n kritiese oorwinning.<\/p>\n<p>In Welkom het verlede jaar se algehele kampioen, <strong>Ho\u00ebrskool Voortrekker<\/strong>, hul spiere gebult teen <strong>Goudveld<\/strong> met goeie uitslae deur die bank.<\/p>\n<p>Die Gouties se eerstes het nietemin vir die besoekers kwaai laat sweet vir &#8216;n oorwinning van 19-13.<\/p>\n<p>Drie\u00eb deur die Trekker-staatmakers, <strong>Kamohelo Moses<\/strong>, <strong>Arnold Ras<\/strong> en <strong>Cecil Parsons,<\/strong> was uiteindelik genoeg om die knoop deur te hak, maar die uitslag was tot die einde nog in die weegskaal.<\/p>\n<p><strong>Hendro Boardman<\/strong>, die span van Welkom se senter, het die eerste drie gedruk en losskakel, <strong>Ruben Crous<\/strong>, het kort voor halftyd &#8216;n strafdoel oorgejaag om aan hul span &#8216;n voorsprong van 8-5 te besorg met die omdraaislag.<\/p>\n<p>Na die Trekkers se tweede drie het die tuisspan nog een keer gedruk deur skrumskakel, <strong>JM Rensburg<\/strong>, maar die Bethlehem-pak het die uitklophou gelewer met ses minute speeltyd oor, toe hul Cravenweek-stut, Cecil Parsons, oorgedryf het vir die wendrie.<\/p>\n<p>Hierdie Voortrekker-span lyk oorgehaal om die o. 19 A-kampioenskap ook in te palm vanjaar, maar die Gouties het ongetwyfeld met hope eer uit die stryd getree. Die enigste span wat tot dusver in die Wesgrow-reeks vir die Trekkers kon troef, is <strong>Diamantveld<\/strong> van Kimberley.<\/p>\n<p>Die Diamonds was Saterdag in Bloemfontein in aksie, waar hulle vir <strong>Jim Fouch\u00e9<\/strong> met 38-15 verslaan het om hul onoorwonne status in vanjaar se reeks te behou.<\/p>\n<p>Linkervleuel, <strong>Jonathan Harding<\/strong>, het twee van sy span se drie\u00eb aangeteken, terwyl <strong>Enrique Boshoff<\/strong>, <strong>Marno Greeff<\/strong>, <strong>Clinton Brits<\/strong> en <strong>Stiaan van Loggerenberg<\/strong> ook elk vyf punte bygedra het.<\/p>\n<p><strong>Duardt Bester<\/strong> het albei JF se drie\u00eb gedruk, nadat hy aanvanklik nie die beginspan gehaal het nie en as &#8216;n plaasvervanger vir &#8216;n besering opgekom het.<\/p>\n<p>Intussen het <strong>Fichardtpark<\/strong> ook hul buurskool, <strong>Sentraal<\/strong>, met 27-7 kafgedraf.<\/p>\n<p>Heelagter, <strong>Martin Kalp<\/strong>, het twee drie\u00eb gedruk en die Fichies kon die besoekers tot in die laaste oomblikke van die wedstryd verhoed om enige punte aan te teken.<\/p>\n<p>Die Tralies se kaptein, <strong>Marnus Earle<\/strong>, het einde ten laaste hul rekening oopgemaak, maar teen daardie tyd het die Fichie-Leeus reeds die spogregte vir nog &#8216;n jaar verseker. Na &#8216;n moeilike begin aan hul seisoen, lyk dit asof die Fichies nou werklik hul 40ste bestaansjaar kan begin vier met die tipe sprankelrugby wat hulle verlede seisoen reeds opgedis het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Trio 20 (10) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Thuto Kekane (2), Tapiwa Mundeta. Doelskop: Byron Biennas. Strafdoel: Biennas. <strong>Witteberg 17 (12) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Sakkie Brits, Sydwell Sethi, Jacques van der Merwe. Doelskop: Sethi.<\/p>\n<p><strong>Voortrekker 19 (5) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Kamohelo Moses, Arnold Ras, Cecil Parsons. Doelskoppe: Christiaan van der Sandt (2).\u00a0<strong>Goudveld 13 (5) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Hendro Boardman, JM Rensburg. Doelskop: Ruben Crous. Strafdoel: Crous.<\/p>\n<p><strong>Diamantveld 38 (7) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Jonathan Harding (2), Enrique Boshoff, Marno Greeff, Clinton Brits, Stiaan van Loggerenberg. Doelskoppe: Simon Liversage (2), Harding, Greeff.\u00a0<strong>Jim Fouch\u00e9 15 (3) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Duardt Bester (2). Doelskop: Bendr\u00e9 Vermaak. Strafdoel: Vermaak.<\/p>\n<p><strong>Fichardtpark 27 (17) &#8211; <\/strong>Drie\u00eb: Martin Kalp (2), Jan-Nel du Plessis, Divan Maartens, Nathan Swanepoel. Doelskop: Devant\u00e9 Claasen.\u00a0<strong>Sentraal 7 (0) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie: Marnus Earle. Doelskop: Lee-Yagin Arendse.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o. 19 &#8211;\u00a0<\/strong>Witteberg II 37, Trio II 18; Witteberg III 31, Trio III 21; Voortrekker II 21, Goudveld II 3; Voortrekker III 22, Goudveld III 0; Voortrekker IV 10, Goudveld IV 0; Diamantveld II 37, Jim Fouch\u00e9 II 31; Diamantveld III 47, Jim Fouch\u00e9 III 5; Fichardtpark II 52, Sentraal II 17; Fichardtpark III 26, Sentraal III 5.<\/p>\n<p><strong>o. 16 &#8211;\u00a0<\/strong>Witteberg A 27, Trio A 26; Witteberg B 24, Trio B 0; Voortrekker A 19, Goudveld A 7; Voortrekker B 13, Goudveld B 12; Diamantveld A 50, Jim Fouch\u00e9 A 17; Fichardtpark A 17, Sentraal A 5; Sentraal B 41, Fichardtpark B 5.<\/p>\n<p><strong>o. 15 &#8211;\u00a0<\/strong>Trio A 55, Witteberg A 7; Trio B 52, Witteberg B 0; Voortrekker A 26, Goudveld A 5; Voortrekker B 56, Goudveld B 0; Jim Fouch\u00e9 A 22, Diamantveld A 19; Jim Fouch\u00e9 B 22, Diamantveld B 7; Sentraal A 24, Fichardtpark A 19; Sentraal B 55, Fichardtpark B 0.<\/p>\n<p><strong>o. 14 &#8211; <\/strong>Witteberg A 22, Trio A 22; Witteberg B 19, Trio B 0; Voortrekker A 55, Goudveld A 0; Voortrekker B 31, Goudveld B 12; Diamantveld A 41, Jim Fouch\u00e9 A 0; Diamantveld B 57, Jim Fouch\u00e9 B 3; Fichardtpark A 12, Sentraal A 12; Fichardtpark B 28, Sentraal B 21.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Trio het Saterdag in Bethlehem hul eerste sege in vanjaar se Wesgrow-reeks\u00a0 behaal, deur vas te byt vir &#8216;n naelbytoorwinning van 20-17 oor Witteberg. Beleef al die Wesgrow Sentrale Sportreeks-aksie op SuperSport Schools &#8211; Registreer nou &#8211; Skakel na die reeks Die besoekers het vroeg reeds vir Witteberg op die doellyn vasgepen, vir losskakel, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":42567,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-42542","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42542","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42542"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42542\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42542"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42542"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42542"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}