{"id":42981,"date":"2024-04-25T21:36:42","date_gmt":"2024-04-25T19:36:42","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=42981"},"modified":"2024-04-25T21:36:42","modified_gmt":"2024-04-25T19:36:42","slug":"nories-jag-opeenvolgende-nwu-prestige-titels","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=42981","title":{"rendered":"Nories jag opeenvolgende NWU Prestige-titels"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_42987\" aria-describedby=\"caption-attachment-42987\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-42987 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/AV4I8871-400x354.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"354\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-42987\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit gaan &#8216;n Dawid-teen-Goliat-stryd afgee in die eindstryd van vanjaar se <strong>NWU Prestige-reeks<\/strong>,\u00a0wanneer <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> Saterdag poog om hul titel teen <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> in Potchefstroom te verdedig.<\/p>\n<p>Die span van Krugersdorp is verlede jaar as die kampioen gekroon nadat hulle vir Ho\u00ebrskool Oos-Moot, wat vanjaar in die NWU se Sportreeks deelgeneem het, met &#8216;n telling van 27-17 in die eindstryd verslaan het.<\/p>\n<p>Noordheuwel is na &#8216;n nederlaag teen Hugenote (Springs) in die eerste ronde, verder onoorwonne, en die afrigtingspan, bestaande uit <strong>Stefan Lourens<\/strong> en <strong>Ian Joubert<\/strong>, sal hoop dat hul span nie oor die laaste hekkie struikel nie. Dit sal egter &#8216;n reuse poging van die span van Klerksdorp verg om die Krugersdorpers te stuit.<\/p>\n<p>Dit is ver\u00e1l die ligbloues se agterlyn wat vir Wesvalia op hul tone sal hou. Die gedugte duo van buitesenter, <strong>Cheswill Jooste<\/strong>, en linkervleuel, <strong>Lindsay Jansen<\/strong>, sal fyn dopgehou moet word.<\/p>\n<p>Daar is egter nog &#8216;n gevaar wat stil-stil besig is om sy merk te maak. Die Nories se regtervleuel, <strong>Kean Steyn-Shaw<\/strong>, beleef tot dusver &#8216;n skitterende seisoen en sal Saterdag daarop wil voortbou.<\/p>\n<p>Voorlangs sal die slot, <strong>Xander Buytendach<\/strong>, en woelige agtsteman, <strong>Brad Brown<\/strong>, weer onder die grootmanne woel. Buytendach het goeie ritme begin vind in die laaste paar wedstryde en sal met sy fisiekheid die vuur stook, terwyl Brown se barslopies in gebroke spel een van Nories se vernaamste wapens is om op die voorvoet te kom.<\/p>\n<p>Daar sal van Wesvalia se ster op steelkantflank, <strong>Francois Dumond<\/strong>, verwag word om die twee te probeer tem. Dumond se uithouvermo\u00eb en werkverrigting herinner aan Kwagga Smith, maar hy sal nie op eie houtjie die Norie-pak aandurf nie. Haker, <strong>Junior Kuhn<\/strong>, sal hom met groot ywer bystaan.<\/p>\n<p>Agterlangs sal heelwat staatgemaak word op die spelskepper en skerpskutter, <strong>Rickardt van Heerden<\/strong>, om enige swakplekke in die Norie-verdedeging uit te buit. Van Heerden kan ook met sy skopskoen die telbord aan die rol hou.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> het self &#8216;n Goliat om te verslaan, wanneer hulle in die uitspeelwedstryd vir die derde plek teen<strong> Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> te staan kom. Die span van Limpopo sal versigtig wees vir die manne van Alberton, aangesien &#8216;n gekweste Marais Viljoen uiters gevaarlik kan wees.<\/p>\n<p>Die Pieties is egter nie te versmaai nie en beskik oor die vermo\u00eb om op die dag teen enigiemand &#8216;n opskudding te veroorsaak.<\/p>\n<p>Die twee pakke sal mekaar behoorlik toets, maar dis agterlangs waar die stryd gewen of verloor kan word. Marais Viljoen se kaptein en losskakel, <strong>Rekkie Gerber<\/strong>, sal graag sy span terug na die wenpad toe wil lei, maar sal lugtig wees vir die Pieties se generaal, <strong>Celliers van der Merwe<\/strong>, wat sedert hy by die beseerde Vincent Luckoff oorgevat het, van krag tot krag gegaan het.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel t. Ho\u00ebrskool Wesvalia om 15:30 in Potchefstroom<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel:<\/strong> 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswill Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Gideon Diederichs, 8 Brad Brown, 7 Christiaan Delport, 6 Mpho Madisasaotsile, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naud\u00e9, 1 Meyer Opperman.<\/p>\n<p><strong>Wesvalia:<\/strong> 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickardt van Heerden, 11 Kyle Botes, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Homeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Alden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen t. Ho\u00ebrskool Pietersburg om 14:00 in Potchefstroom<\/strong><\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen:<\/strong> 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Stefan Basson, 5 Bjorn Pieterse, 4 JD Labuschagne, 3 Sifiso Shongwe, 2 Rynier Welgemoed, 1 Clayton Gagiano.<\/p>\n<p><strong>Pietersburg:<\/strong> 15 Brydan Retief, 14 Lerich Duba, 13 Siya Mahlangu, 12 Zuan Langman, 11 AJ Loots, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Juan Jansen van Vuuren, 5 AJ de Beer, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Mostert, 1 Floris Venter.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg t. Ho\u00ebrskool Hugenote (Springs) om 12:30 in Potchefstroom<\/strong><\/p>\n<p><strong>Rustenburg (moontlik):<\/strong> 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van der Berg, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendre Robinson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smit, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Janco Pretorius.<\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs) (moontlik):<\/strong> 15 George Loucas, 14 Musa Mahlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Dylan Nel, 11 Thanyani Mokiri, 10 Corn\u00e9 Pretorius, 9 Tiaan Smit, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony SMith, 3 Diaan Pretorius, 2 Luan Pretorius, 1 Henr\u00e9 Oosthuizen.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Jeugland t. Ho\u00ebrskool Lichtenburg om 11:00 in Potchefstroom<\/strong><\/p>\n<p><strong>Jeugland (moontlik):<\/strong> 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Jooste, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Alec Mohlala, 7 Jose Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maimane, 2 Siyanda Mbwanwa, 1 Lesego Moitse.<\/p>\n<p><strong>Lichtenburg:<\/strong> 15 Luan Snyman, 14 Tyrell Schalkwyk, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Eddie du Preez, 1 Donovan Rosato.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit gaan &#8216;n Dawid-teen-Goliat-stryd afgee in die eindstryd van vanjaar se NWU Prestige-reeks,\u00a0wanneer Ho\u00ebrskool Noordheuwel Saterdag poog om hul titel teen Ho\u00ebrskool Wesvalia in Potchefstroom te verdedig. Die span van Krugersdorp is verlede jaar as die kampioen gekroon nadat hulle vir Ho\u00ebrskool Oos-Moot, wat vanjaar in die NWU se Sportreeks deelgeneem het, met &#8216;n telling [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":42987,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-42981","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42981","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=42981"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/42981\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=42981"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=42981"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=42981"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}