{"id":43274,"date":"2024-04-28T07:57:19","date_gmt":"2024-04-28T05:57:19","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=43274"},"modified":"2024-04-28T07:57:19","modified_gmt":"2024-04-28T05:57:19","slug":"klofies-te-sterk-vir-nelspruit-se-rhinos-nories-weer-nwu-prestige-koninings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=43274","title":{"rendered":"Klofies te sterk vir Nelspruit se Rhinos, Nories weer NWU Prestige-konings"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_43276\" aria-describedby=\"caption-attachment-43276\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-43276\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/WhatsApp-Image-2024-04-27-at-15.16.30-400x267.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-43276\" class=\"wp-caption-text\">ZAIDE-LEIGH RIPPENAAR, flank van EG Jansen. FOTO: Tap Light Edits<\/figcaption><\/figure>\n<p>JOHANNESBURG. \u2013 Die Doktor van Boksburg, EG Jansen, het Saterdag vir sy skoolhoof, Leon de Beer, vir \u2018n spesiale afskeidsgeskenk op sy tuisveld gesorg.<\/p>\n<p>Die Jansies het vir die tweede agtereenvolgende jaar vir Monument van Krugersdorp verslaan. Die tuisspan het met 32-15<\/p>\n<p>Die span van Boksburg kon verlede jaar die Wit Bulle vir die eerste keer sedert 2015 verslaan toe hy met 41-17 \u00a0baas was.<\/p>\n<p>Hierdie week was De Beer se laaste week voordat hy aftree, so dit sal ongetwyfeld \u2018n blywende herhinnering by hom gelaat het.<\/p>\n<p>Die Jansies het vanjaar nog net een keer op hul neus teen Waterkloof in die NWU Sport-reeks (38-45) gekyk en het met di\u00e9 sege oor Monnas ook gewys dat hy vanjaar sonder twyfel \u2018n sterk aanspraakmaker op di\u00e9 gesogte titel sal wees.<\/p>\n<p>Sy slot Gerhard van Aswegen was veral woellig in die oorwinning oor die Wit Bulle, terwyl die buitesenter, Juandr\u00e9 Jacobs, ook op gereelde grondslag bresse in die besoekers se verdediging gevind het .<\/p>\n<p>Gepraat van Waterkloof, hy het sy aanslag op vanjaar se reeds met \u2018n oortuigende oorwinning van 61-17 oor die Ho\u00ebrskool Nelspruit afgeskop.<\/p>\n<p>Die Blou Tornado was teen rystyd reeds met \u2018n bonuspunt in die sakkie asook \u2018n stewige voorsprong van 35-17 in beheer van sake. Die wenspan se losskakel, Franco Cronj\u00e9, het 21 van sy span se punte via \u2018n drie en agt doelskoppe aangeteken.<\/p>\n<p>Die senter Riwan van Aswegen was ook \u2018n groot doring in die Rhinos se vlees.<\/p>\n<p>In die ander wedstryd in die reeks was Helpmekaar met 31-19 oor Menlopark in Pretoria baas. Die Helpies het in \u2018n ho\u00eb rat weggespring en gou die tuisspan met 19-0 op die agtervoet gehad.<\/p>\n<p>Helpies het vir Michael Benzien op losskakel ingespan wat vrugte vir die span afgewerp het. Die agterlyn het aan die gang gekom met die linkervleuel, Pieter M\u00f6ller, wat baljaar het.<\/p>\n<p>HTS Drostdy se Donkies moes \u2018n volle sewe jaar wag om weer die soete smaak van &#8216;n sege oor Worcester Gimnasium se Bosvarke te proe.<\/p>\n<p>Die twee spanne van Worcester het mekaar laas in 2017 ontmoet. Die Bosvarke het laas in 2015 koning gekraai met Adriaan van der Bank en Jeshau Paul wat destyds aan die spits van hulle sege van 20-18 besorg was.<\/p>\n<p>Di\u00e9 wenner was op die ou einde die feit dat die twee skole uiteindelik weer teen mekaar kragte gemeet het. Die Donkies het wel met 33-20 as oorwinnaars van die veld gestap.<\/p>\n<p>In die Goudstad het King Edward VII met 38-28 die septer in sy jaarlikse interskole teen Jeppe geswaai. KES se losskakel, Simphiwe Moyo, het veral met sy taktiese skopwerk \u2018n beduidende rol gespeel om die tuisspan uit te oorl\u00ea.<\/p>\n<p>xzMoyo het drie lynskoppe vanuit sy eie halfgebied tot binne in Jeppe se kwartgebied tydens die wedstryd uitgeskop om die druk te verplaas.<\/p>\n<p>Jeppe se besluitneming het \u2018n hele paar keer in die steek gelaat, maar die span het nooit handdoek ingegooi nie. Sy stut Andr\u00e9 Poulton is gewis \u2018n jong man om dop te hou. Vir KES was niemand beter as die agtsteman, Kebotile Maake, nie.<\/p>\n<p>Noordheuwel van Krugersdorp het sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks net-net behou deur Wesvalia van Klerksdorp met 15-11 in die eindstryd op die Fanie du Toit-veld in Potchefstroom te verslaan.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium het in die tweede helfte na \u2018n ho\u00ebr rat oorgeskakel om SACS met 35-10 te troef, terwyl Paul Roos Gimnasium op \u2018n drafstap met Grey High School (21-7) klaargespeel het.<\/p>\n<p>Grey-kollege het in Oos-Londen ook nie veel probleme ondervind om Selborne College met 36-7 kaf te draf nie.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>SDC NOORDVAAL CUP <\/strong><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Groep 1 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> EG Jansen 32, Monument 15; Helpmekaar 31, Menlopark 19; Waterkloof 61, Ho\u00ebrskool Nelspruit 17. <strong>Bowl:<\/strong> Eldoraigne 17, Ho\u00ebrskool Alberton 15.<\/p>\n<p><strong>Groep 2 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Blou Bulle:<\/strong> Midstream College 47, Centurion 33; Overkruin 33, Wonderboom 29; Bergsig 48, HTS John Vorster 19, Pretoria-Noord 41, Ho\u00ebrskool Tuine 12. Limpopo: Hans Strijdom 18, HTS Tom Naud\u00e9 18; Ellisras 27, Frans du Toit 8; Ben Viljoen 38, Nylstroom 6. <strong>Valke:<\/strong> Dinamika 24, Driehoek 10; Brandwag (Benoni) 33, Oosterlig 17; Hans Moore 20, Ho\u00ebrskool Sasolburg 20.<\/p>\n<p><strong>Groep 3 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Goue Leeus:<\/strong> Riebeeckrand 29, Bastion 3. Limpopo: Piet Potgieter 43, Warmbad 7.<strong> Valke:<\/strong> CBC Boksburg 25, HTS Carel de Wet 21.<\/p>\n<p><strong>Groep 4 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Blou Bulle:<\/strong> FH Odendaal 17, Suiderberg 5; Maragon Mooikloof 24, Akasia 17; Magalieskruin 45, Kwaggasrand 3. <strong>Leeus:<\/strong> Die Wilge 26, AHS Germiston 17. <strong>Valke:<\/strong> Suiderlig 24, Belvedere 8.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL <\/strong><\/p>\n<p>Hilton College 26, Glenwood 7; Maritzburg College 41, Westville Boys\u2019 High 10; Northwood 61, Clifton 6; Durban High School 54, St Charles College 12; Michaelhouse 34, Kearsney College 19.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>King Edward VII 38, Jeppe 28; Pretoria Boys\u2019 High 36, Parktown Boys\u2019 High 5; Krugersdorp High 29, Edenvale 12.<\/p>\n<p><strong>NWU PRESTIGE-REEKS <\/strong><\/p>\n<p>Noordheuwel 15, Wesvalia 11 (eindstryd); Marais Viljoen 37, Ho\u00ebrskool Pietersburg 9; Ho\u00ebrskool Rustenburg 36, Hugenote (Springs) 10; Lichtenburg 22, Jeugland 5; Die Anker 17, Potchefstroom Gimnasium 10; Zwartkop 25, Montana 19; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 34, Heidelberg Volkskool 17; Potchefstroom Volkskool 37, Oosterlig 28.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Marlow Landbou 31, Graaff-Reinet Volkskool 15; Dale College 34, Cambridge 17; St Andrew\u2019s College 17, Graeme College 15; Hudson Park 18, St Stithians College 12; Nico Malan 29, Pearson 12; Queen\u2019s College 52, HTS Port Rex 0; Kingswood College 77, Stirling 0.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS <\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 36, Selborne College 7; Diamantveld 41, Fichardtpark 12; Burgersdorp 18, Sentraal 0; Jim Fouch\u00e9 47, Louis Botha 10; Welkom Gimnasium 26, Voortrekker (Bethlehem) 24; Ho\u00ebrskool Trio 21, Goudveld-Ho\u00ebrskool 5; Witteberg 30, Hentie Cilliers 24; St Andrew\u2019s (Bloemfontein) 52, Heatherdale 0; Zastron 40, Ho\u00ebrskool Bloemfontein 19; Brandfort 58, Sand du Plessis 8; Hendrik Potgieter 53, Bloemfontein-Suid 0; Bothaville 24, Riebeeckstad 14; Wilgerivier 26, Hoopstad 12; Hennenman 54, HTS Welkom 0; Wessel Maree 27, Bultfontein 5; Winburg 22, St Anne\u2019s Tegnies 10; Paul Erasmus 15, Ficksburg 13.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Paul Roos Gimnasium 21, Grey High School 7; Paarl Gimnasium 35, SACS 10; Wynberg Boys\u2019 High 35, Bishops 8; Rondebosch Boys\u2019 High 45, Melkbosstrand 13; Outeniqua 68, Parel Vallei 0; HTS Drostdy 33, Worcester Gimnasium 20; Bosmansdam 17, HTS Bellville 16; Stellenberg 76, Strand 10; Brackenfell 22, Worcester Gimnasium 17; Robertson 48, Tygerberg 12; Schoonspruit 27, Piketberg 24; Langenhoven Gimnasium 24, Bridgton 21; Hopefield 39, Dirkie Uys 3; Milnerton 29, Ho\u00ebrskool Bellville 28.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>JOHANNESBURG. \u2013 Die Doktor van Boksburg, EG Jansen, het Saterdag vir sy skoolhoof, Leon de Beer, vir \u2018n spesiale afskeidsgeskenk op sy tuisveld gesorg. Die Jansies het vir die tweede agtereenvolgende jaar vir Monument van Krugersdorp verslaan. Die tuisspan het met 32-15 Die span van Boksburg kon verlede jaar die Wit Bulle vir die eerste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":43276,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-43274","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43274","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43274"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43274\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43274"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43274"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43274"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}