{"id":43359,"date":"2024-04-28T16:37:08","date_gmt":"2024-04-28T14:37:08","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=43359"},"modified":"2024-04-28T16:37:08","modified_gmt":"2024-04-28T14:37:08","slug":"stellenberg-maak-stem-dik-voor-wildeklawer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=43359","title":{"rendered":"Stellenberg maak stem dik voor Wildeklawer"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_43395\" aria-describedby=\"caption-attachment-43395\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-43395\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Stellenberg-1ste-XV-400x256.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"256\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-43395\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Ho\u00ebrskool Stellenberg<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Stellenberg<\/strong> het Saterdag &#8216;n klinkende sege van 76-10 oor <strong>Ho\u00ebrskool Strand<\/strong> behaal.<\/p>\n<p>Die Jade Brigade het vir die eerste keer vanjaar hul volle potensiaal tentoongestel, na &#8216;n reeks strawwe bepalings aan die begin van die jaar. Die trotse span van die noordelike voorstede sal verheug wees oor die kliniese wyse waarop hulle teen die Strand kon afrond.<\/p>\n<p>Teen rustyd was die besoekers reeds gerieflik voor met 29-10, maar in die tweede hefte het die damwal gebars.<\/p>\n<p>&#8216;n Driekuns deur <strong>Dale du Toit<\/strong>, asook twee drie\u00eb elk deur die vleuels, <strong>Luc Cilliers<\/strong> en <strong>Luka Tonitz<\/strong>, het Stellies help dryf tot hierdie groot sege wat wonders sal verrig vir hul selfvertroue voor die komende week se uitdaging in Kimberley, waar hulle teen Garsfontein en EG Jansen te staan kom by die <strong>Absa Wildeklawer-toernooi<\/strong>.<\/p>\n<p>In George was <strong>Outeniqua<\/strong> ook in &#8216;n omgekrapte luim en het hulle vir <strong>Parel Vallei<\/strong> met 68-0 die loef afgesteek. Die Kwaggas is ook volgende week in Kimberley in aksie en di\u00e9 oorwinning het as waardevolle voorbereiding gedien vir hul kragmetings met Waterkloof en Kirkham Grammer, van Engeland, by die gesogte Wildeklawer-byeenkoms.<\/p>\n<p>Die Arende geniet &#8216;n afnaweek voordat hulle die 11de Mei vir <strong>Ho\u00ebrskool Brackenfell<\/strong> op eie bodem aandurf.<\/p>\n<p>Die Brakkies het die afgelope naweek nog &#8216;n welverdiende oorwinning tot hul rekord vir die seisoen gevoeg deur vir <strong>Worcester Gimnasium<\/strong> met 22-17 te troef.<\/p>\n<p>Beleef daardie wedstryd weer op <strong>SuperSport Schools &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">Registreer nou <\/a><\/strong><\/p>\n<p>Agsteman, <strong>Wade Fortuin <\/strong>(2), en die groot loskopstut, <strong>Siraaj Cook<\/strong>, het Brackenfell se drie\u00eb gedruk, terwyl hul staatmaker op losskakel, <strong>Junior Louw<\/strong>, die res van die punte van die skopkegel af bygedra het.<\/p>\n<p>Van staatmakers gepraat, twee ander name trek elke naweek aandag wanneer <strong>Ho\u00ebrskool Robertson<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Montagu<\/strong> in aksie is.<\/p>\n<p><strong>Bernardo Diedericks<\/strong>, die Robbies se buitesenter, en Montagu se binnesenter, <strong>Ronaldo Koker<\/strong>, speel die Boland week na week aan die brand en is twee opwindende jong spelers om dop te hou.<\/p>\n<p>Diedericks het Saterdag sy span tot &#8216;n oortuigende sege van 48-12 oor <strong>Ho\u00ebrskool Tygerberg<\/strong> gelei. Losskakel, <strong>Jaydan van Niekerk<\/strong>, het ook uitgeblink en is as die Speler van die Wedstryd aangewys, met flank, <strong>Ivor Thompson<\/strong>, wat ook sy stem dik gemaak het op die verdediging. Teen rustyd was hulle nog met slegs 15-12 voor, maar na die omdraaislag het Diedericks en kie die krane behoorlik oopgedraai.<\/p>\n<p>Koker was verlede seisoen buite aksie met &#8216;n enkelbesering, maar is vanjaar weer aan die spits van &#8216;n witwarm Montagu-aanslag. Saterdag het hy 22 punte aangeteken in sy span se spogsege van 59-7 oor <strong>Ho\u00ebrskool Swellendam<\/strong>. Montagu se dinamiese agsteman, <strong>Xolani Yanta<\/strong>, het ook twee keer agter die doellyn gaan kuier, en is &#8216;n uitstekende skakel tussen voor- en agterspelers.<\/p>\n<p><strong>Rheinhardt Adonis<\/strong> is as Speler van die Wedstryd aangewys in <strong>Swartland<\/strong> se wegholsege van 65-7 oor <strong>DF Malan<\/strong>. Heelagter, <strong>Nicholai Miggel<\/strong>, en agsteman, <strong>Alexander Wucherpfenning<\/strong>, het elk &#8216;n tweekuns behaal.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Stellenberg 76 (29) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Dale du Toit (3), Luc Cilliers (2), Luka Tonitz (2), Alex Schoeman, Dean Janse van Rensburg, Almero Keizer, Stefan Visser, Armand Potgieter. Doelskoppe: Dehan Neethling (7), Matco Staples.\u00a0<strong>Strand 10 (10).<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Brackenfell 22 &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Wade Fortuin (2), Siraaj Cook. Doelskoppe: Junior Louw (2). Strafdoel: Louw.\u00a0<strong>Worcester Gimnasium 17 &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Waylan Pienaar, Alungile Mothibe, Valentino Nomdadluka. Doelskop: Aiden Abrahams.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Robertson 48 (15) &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Bernardo Diedericks (2), Jaydan van Niekerk, J Jansen, Yannick du Plessis, Haygen Persent, Kyle Cedras. Doelskoppe: Van Niekerk (5). Strafdoel: Diedericks.\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Tygerberg 12 (12).<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Montagu 59 &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Ronaldo Koker (2), Xolani Yanta (2), Linden de Silva (2), Keenen Plaatjies, Rossouw Kriel, Antonio Mosea. Doelskoppe: Koker (6), De Silva. <strong>Ho\u00ebrskool <\/strong><strong>Swellendam 7.<\/strong><\/p>\n<p><strong>Swartland 65 &#8211;\u00a0<\/strong>Drie\u00eb: Nicholai Miggel (2), Alexander Wucherpfennig (2), Kallie Boutsikaris, Tyrese Barlow, Joshua Muller, Deven Bocks, Carlo van der Merwe, Rheinhardt Adonis. Doelskoppe: Van der Merwe (5), Boutsikaris. Strafdoel: Van der Merwe.\u00a0<strong>DF Malan 7 &#8211;\u00a0<\/strong>Drie: Keano Swanepoel. Doelskop: Eben Bester.<\/p>\n<p><strong>Ander tellings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o. 19 &#8211;\u00a0<\/strong>Outeniqua 1ste XV 68, Parel Vallei 1ste XV 0; Stellenberg II 36, Ho\u00ebrskool Strand II 0; Ho\u00ebrskool Robertson II 31, Ho\u00ebrskool Tygerberg II 13; Swartland II 36, DF Malan II 3.<\/p>\n<p><strong>o. 16 &#8211; <\/strong>Stellenberg A 43, Ho\u00ebrskool Strand A 8; Ho\u00ebrskool Tygerberg A 19, Ho\u00ebrskool Robertson A 18; Ho\u00ebrskool Montagu A 36, Ho\u00ebrskool Swellendam A 0; Swartland A 36, DF Malan A 7.<\/p>\n<p><strong>o. 15 &#8211;\u00a0<\/strong>Stellenberg A 31, Ho\u00ebrskool Strand 14; Ho\u00ebrskool Tygerberg A 26, Ho\u00ebrskool Robertson A 19; Ho\u00ebrskool Tygerberg B 24, Ho\u00ebrskool Robertson B 5; Ho\u00ebrskool Swellendam A 47, Ho\u00ebrskool Montagu A 5; Swartland A 47, DF Malan A 0.<\/p>\n<p><strong>o. 14 &#8211;\u00a0<\/strong>Stellenberg A 20, Ho\u00ebrskool Strand A 15; Ho\u00ebrskool Tygerberg A 33, Ho\u00ebrskool Robertson A 0; Swartland A 45, DF Malan A 0.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Stellenberg het Saterdag &#8216;n klinkende sege van 76-10 oor Ho\u00ebrskool Strand behaal. Die Jade Brigade het vir die eerste keer vanjaar hul volle potensiaal tentoongestel, na &#8216;n reeks strawwe bepalings aan die begin van die jaar. Die trotse span van die noordelike voorstede sal verheug wees oor die kliniese wyse waarop hulle teen die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":7,"featured_media":43395,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-43359","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43359","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/7"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=43359"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/43359\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=43359"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=43359"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=43359"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}