{"id":44008,"date":"2024-05-04T13:09:30","date_gmt":"2024-05-04T11:09:30","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=44008"},"modified":"2024-05-04T13:09:30","modified_gmt":"2024-05-04T11:09:30","slug":"affies-en-oakdale-se-bulle-duik-mekaar-kapoet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=44008","title":{"rendered":"Affies en Oakdale se Bulle duik mekaar kapoet"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<figure id=\"attachment_44018\" aria-describedby=\"caption-attachment-44018\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-44018 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Wildeklawer-400x395.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"395\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-44018\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>KIMBERLY &#8211; Die skote het behoorlik in die eerste twee wedstryde, op dag twee van die Wildeklawer rugby-toernooi, geklap.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/Wildeklawer2024\">www.supersportschools.com<\/a>).<\/p>\n<p><strong>Afrikaans Ho\u00ebr Seunskool<\/strong> en <strong>Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale<\/strong> het mekaar, in &#8216;n ongelooflike fisieke stryd, geroer. Die span van Pretoria het uiteindelink, met &#8216;n telling van 32-10, geseevier.<\/p>\n<p>Albei spanne het dit reeds van vroeg in die kragmeting duidelik gemaak dat daar nie terug gestaan gaan word vir die ander nie.<\/p>\n<p>Dit was v\u00e9ral die span van Riversdal wat die skote op verdediging en in die skrums laat klap het.\u00a0Die Oakdale Bulle se losskop stut, <strong>Kai Pratt<\/strong>, was ook uitstekend.<\/p>\n<p>Pratt het sy lyf soos &#8216;n wafferse losvoorspeler rond gegooi en het hy die lewe moeilik vir die Witbulle by die afbreekpunte gemaak. Hy het ook &#8216;n groot rol vertolk in sy span se oorhand by die skrums.<\/p>\n<p>Dit was egter sy kaptein en buitesenter, <strong>Kurt Coetzee<\/strong>, wat die kollig gesteel het. Coetzee was verantwoordelik vir al tien sy span se punte en kon hy met &#8216;n vyfpunter, doelskop en strafdoel spog.<\/p>\n<p>Ongeag die feit dat die Witbulle heel moontlik, vir die eerste keer vanjaar sy gelyke voorlangs ontmoet het, was hy nogsteeds klinies wanneer nodig. Sy regtervleuel, <strong>Hugo Snyman<\/strong>, was onkeerbaar met die bal in hand. Snyman het op twee geleendhede die Oakdale verdedigers omkant betrap. Dit het beteken dat hy, na twee uitstekende individuele lopies, agter die Bulle se doellyn kon gaan kuier.<\/p>\n<p>Hierdie geleendhede sou egter nie moontlik gewees het sonder die goeie diens van sy skrumskakel, <strong>Zirk Meyer<\/strong>, nie. Meyer het met sy energieke spel verseker dat die Witbulle deurgangs op die voorvoet bly.<\/p>\n<p>Voorlangs was daar geen beter as die slot <strong>JD Hattingh<\/strong>, vir die Pretorianers, nie. Die werkesel het sy lyf onophoudelik op die spel gesit en het sy goeie vertoning vir hom die toekenning as speler van die wedstryd beteken.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Stellenberg<\/strong> het byna &#8216;n tweede groot hond van die Noorde raak gebyt. Die span van Belville moes gelukkig wees met &#8216;n naelskraap nederlaag van 19-17 teen <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong>.<\/p>\n<p>Die Jansies was vinning uit die blokke en kon sy haker, <strong>Danre Pike<\/strong>, en linkervleuel, <strong>Keanu van Loggerenberg<\/strong>, vroeg oorbars vir &#8216;n vyfpunter elk. Stellies het nooit gaan le nie en was dit duidelik dat die momentum na sy kant geswaai het met &#8216;n drie deur sy slot Daniel du Plessis, kort voor rustyd.<\/p>\n<p>Die tweede helfde het ongetwyfeld aan die span van die Wes-Kaap behoort, met Stellies wat al die speelwerk gedoen het. Die Kaapenaars se haastige verdediging het ook beteken dat die Jansies se gevaarlike agterlyn nooit aan die gang kon kom nie.<\/p>\n<p>Ongelukkig vir die Stellies was daar geen keer aan die Jansies se woelwater oopkantflank, <strong>Zade-Leigh Rippenaar<\/strong>, nie. Sy drie en &#8216;n suksesvolle doelskop deur losskakakel, <strong>Mathhew Bergman<\/strong>, het verseker dat die span van Boksburg by die agter deur kon inglip.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Affies 32 (17)<\/strong> \u2013 Drie\u00eb: Hugo Snyman (2), Zirk Meyer, Hendre Schoeman, Ethan van Dyk, Stefan McDonald. Doelskop: Ruben Pienaar. <strong>Oakdale Landbou 10 (10)<\/strong> \u2013 Drie\u00eb: Kurt Coetzee. Doelskop: Coetzee. Strafdoel: Coetzee.<\/p>\n<p><strong>EG Jansen 19 (12)<\/strong> \u2013 Drie\u00eb: Danre Pike, Keanu van Loggerenberg, Zade-Leigh Rippenaar. Doelskoppe: Matthew Bergman (2). <strong>Stellenberg 17 (5)<\/strong> \u2013 Drie\u00eb: Daniel du Plessis, Dale du Toit, Marco Staples. Doelskop: Dehan Neethling.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; KIMBERLY &#8211; Die skote het behoorlik in die eerste twee wedstryde, op dag twee van die Wildeklawer rugby-toernooi, geklap. Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com). Afrikaans Ho\u00ebr Seunskool en Ho\u00ebr Landbouskool Oakdale het mekaar, in &#8216;n ongelooflike fisieke stryd, geroer. Die span van Pretoria het uiteindelink, met &#8216;n telling van 32-10, geseevier. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":44018,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-44008","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44008","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=44008"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/44008\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=44008"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=44008"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=44008"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}