{"id":45230,"date":"2024-05-17T16:37:07","date_gmt":"2024-05-17T14:37:07","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=45230"},"modified":"2024-05-17T16:37:07","modified_gmt":"2024-05-17T14:37:07","slug":"witbulle-of-ligbloues-wie-gaan-die-krugersdorp-kroon-dra","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=45230","title":{"rendered":"Witbulle of Ligbloues, wie gaan die Krugersdorp-kroon dra?"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_45248\" aria-describedby=\"caption-attachment-45248\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-45248 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Noordheuwel-vs-Rustenburg-400x263.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"263\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-45248\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Esterhuizen<\/figcaption><\/figure>\n<p>Kan die Norie Blues vanjaar koning kraai in Krugersdorp?<\/p>\n<p>Geniet al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools &#8211; (<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>)<\/strong>.<\/p>\n<p>Dit is die een vraag op almal se lippe op die vooraand van die jaarlikse Krugersdorp-derby tussen <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Die ander vraag wat beantwoord moet word is of die Blues vir die Witbulle se dieselenjin-agtal sal kan tem? &#8216;n Mens kan nie help om te voel dat dit &#8216;n geval van &#8220;hoe later hoe kwater&#8221; is wat die tuisspan se makro-pak betref nie.<\/p>\n<p>Die derby, wat in 1984 sy ontstaan gehad het, is &#8216;n jaarlikse feestelikheid op die Wesrand en beloof om vanjaar weer &#8216;n bielie van &#8216;n kragmeting op te lewer.<\/p>\n<p>Die Nories se Blues is vasberade om die Witbulle vanjaar te probeer troef, ver\u00e1l aangesien hulle selde die afgelope klompie jare oorwinning kon smaak. Verlede jaar het hulle met 17-28 verloor, terwyl die Witbulle ook in 2022 en 2019 met met onderskeidelik 33-29 en 43-27 gese\u00ebvier het.<\/p>\n<p>Die Witbulle geniet boonop tuisvoordeel in vanjaar se derby en het verlede naweek teen Ho\u00ebrskool Menlopark (59-25) gewys dat dit nie &#8216;n maklik taak is om hulle in hul agterplaas aan te vat nie. Die 33 punte wat hulle in die tweede helfte ingeryg het, was ver\u00e1l indrukwekkend.<\/p>\n<p>&#8220;Die planne is beraam; nou moet die spelers dit uitvoer,&#8221; s\u00ea Tjaart van der Walt, die Witbulle se hoofafrigter.<\/p>\n<p>&#8220;Dis &#8216;n groot dag vir die dorp, maar ons as afrigters en spelers beskou dit bloot as nog &#8216;n baie belangrike wedstryd. Dis nog vroeg, en die Noordvaal word nie in Mei reeds gewen nie.&#8221;<\/p>\n<p>Van der Walt neem ook weer die leisels op as die Goue Leeus se breier by vanjaar se Cravenweek, wat by Monument aangebied word.<\/p>\n<p>Die Witbulle se pak, onder leiding van slot, <strong>Jacques Botha<\/strong>, het n\u00f3g nie hul gelyke vanjaar te\u00ebgekom nie. Die fisiekheid en vaardighede waaroor hulle beskik maak die lewe deurgaaans uiters moeilik vir die opposisie, terwyl dit ook die platform l\u00ea vir die twee gevaarmanne op vleuel, <strong>Ernesto Oersen<\/strong>\u00a0en <strong>Kealan Milton<\/strong>, om spasie aan die buitekant uit te buit.<\/p>\n<p>Die Blues beskik nietemin oor &#8216;n woelige agtsteman, <strong>Brad Brown<\/strong>, wat nie sal skroom om die Witbulle se pak aan te vat nie, terwyl buitesenter, <strong>Cheswill Jooste<\/strong>, oorgehaal sal wees om sy Monnas-eweknie, <strong>Jason Joubert<\/strong>, die stryd aan te s\u00ea in die middeveld.<\/p>\n<p>In Johannesburg wag &#8216;n enorme taak op <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> wanneer hulle een van Suid-Afrika se voorste skolespanne, <strong>Ho\u00ebrskool Dr. Eg Jansen<\/strong>, tuis verwelkom. Die Helpies sal graag die bordjies wil verhang nadat hulle verlede jaar hul rieme met 15-24 in Boksburg styfgeloop het, maar sal op alle silinders moet vuur.<\/p>\n<p><strong>Ulrigh &#8220;Baksteen&#8221; van der Merwe<\/strong>, Helpies se vaskopstut, en die res van die pak sal van meet af hul stempel wil afdruk om die Jansies onder druk te plaas, maar dit sal nie maklik wees nie, vernaam met\u00a0&#8216;n woelige oopkantflank soos <strong>Zaide-Leigh Rippenaar<\/strong> en agsteman, <strong>Storm Labuschagne<\/strong>, wat die lewe by die afbreekpunte moeilik kan maak vir hulle. <strong>Divan Francis<\/strong>, met sy fisieke dryfspel, voltooi die gevaarlike lostrio van Dr. EG Jansen.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Monument t. Noordheuwel om 12:30 in Krugersdorp<\/strong><\/p>\n<p><strong>Monument:<\/strong> 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Cruz La Moer, 9 Hanno du Toit, 8 Vince Robberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Jacques Botha, 3 Wikus Meyer, 2 Keenan Myners, 1 JC Oosthuizen.<\/p>\n<p><strong>Noordheuwel:<\/strong> 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswil Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Alex Greeff, 6 Willie Schutte, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naude, 1 Meyer Opperman.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege t. Dr. EG Jansen om 12:30 in Johannesburg<\/strong><\/p>\n<p><strong>Helpmekaar:<\/strong> 15 Tiaan le Roux, 14 Delano Maritz, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Pieter Moller, 10 Michael Benzien, 9 Tristan van Niekerk, 8 Motlatsi Moloi, 7 Darius Haasbroek, 6 Zaiden Krige, 5 Juan-Pierre Lombard, 4 Eugen de Lange, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.<\/p>\n<p><strong>Dr. EG Jansen:<\/strong> 15 R-Jay Peterson, 14 Jean-dre Claassen, 13 Juandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Lee Rippenaar, 5 Zandre Naud\u00e9, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan die Norie Blues vanjaar koning kraai in Krugersdorp? Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com). Dit is die een vraag op almal se lippe op die vooraand van die jaarlikse Krugersdorp-derby tussen Ho\u00ebrskool Monument en Ho\u00ebrskool Noordheuwel in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Die ander vraag wat beantwoord moet word [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":45248,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-45230","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45230","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45230"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45230\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45230"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45230"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45230"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}