{"id":45253,"date":"2024-05-17T15:37:30","date_gmt":"2024-05-17T13:37:30","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=45253"},"modified":"2024-05-17T15:37:30","modified_gmt":"2024-05-17T13:37:30","slug":"kan-klofies-dit-2-2-maak-teen-parkies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=45253","title":{"rendered":"Kan Klofies dit 2\/2 maak teen Parkies?"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_45301\" aria-describedby=\"caption-attachment-45301\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-45301 size-medium\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Klofies-vs-Parkies-400x240.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"240\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-45301\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> is oorgehaal om die bordjies te verhang, na hul nederlaag van 8-23 in die eindstryd van die NWU Sportreeks, terwyl <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> mik vir &#8216;n tweede agtereenvolgende sege, wanneer di\u00e9 twee spanne se paaie Saterdag weer kruis in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Geniet al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> <strong>&#8211; (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/MenlovsKlofiesR2024\">www.supersportschools.com<\/a>)<\/strong>.<\/p>\n<p>Die Klofies is steeds onoorwonne nadat hulle hul eerste twee kragmetings met Ho\u00ebrskool Nelspruit (61-17) en Ho\u00ebrskool Garsfontein (47-36) gewen het. Dit was ver\u00e1l die Klofies se spogsege oor die Garsies, vir die eerste keer in meer as &#8216;n dekade, wat die res van die afdeling laat regop sit het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 oorwinning was hoofsaaklik te danke aan Waterkloof se vermo\u00eb om geleenthede in die middeveld te skep en hul akkurate afronding. Daarvoor verdien binnesenter, <strong>Happy Makate<\/strong>, &#8216;n klop op die skouer en die Parkies sal hom met &#8216;n valkoog moet dophou.<\/p>\n<p>Die tuispan kan ook nie bekostig om t\u00e9 veel strafskoppe in hul eie halfgebied af te staan nie. Klofies-heelagter, <strong>Ronan Bastiaanse<\/strong>, het, in die afwesigheid van die beseerde Franco Cronje, vir die Garsies met sy geoefende regtervoet laat les ops\u00ea.<\/p>\n<p>Dit sal nietemin &#8216;n fout wees om aan te neem dat hierdie naweek &#8216;n herhaling van die twee spanne se vorige ontmoeting sal wees.<\/p>\n<p>Die Parkies het in die eerste helfte van hul kragmeting met Ho\u00ebrskool Monument se Witbulle gewys waartoe hulle in staat is. Hulle het tot kort voor rustyd nog voorgeloop, toe hul gevaarlike agterlyn goeie bal op die voorvoet ontvang het.<\/p>\n<p>Die Parkies verwelkom boonop twee sleutelspelers terug. Die gevaarlike <strong>Leskin Samuels<\/strong> keer terug na sy gunstelingposisie op buitesenter, terwyl die sneller, <strong>Ruben Fourie<\/strong>, weer op regtervleuel stelling inneem.<\/p>\n<p>Vir die soveelste keer wag daar &#8216;n titaniese tweestryd tussen die buitesenters. Klofies se kaptein, <strong>Riwan van Aswegen<\/strong>, het &#8216;n punt om te bewys teen Samuels, wat onlangs as die Blou Bulle se Cravenweek-buitesenter gekies is. Van Aswegen sal by die Akademieweek vir die Blou Bulle in aksie wees.<\/p>\n<p>In Alberton wag daar &#8216;n interessante stryd wanneer <strong>Ho\u00ebrskool<\/strong> <strong>Marais Viljoen<\/strong> vir die gekweste <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> se Bere in hul agterplaas verwelkom. Die Bere se nederlaag teen die Klofies verlede naweek was hul sesde agtereenvolgende een van die seisoen en is dus &#8216;n sakie wat die Pretorianers spoedig wil regstel.<\/p>\n<p>Dit gaan egter nie maklik wees nie. Die span van Alberton het verlede naweek belowend vertoon teen Dr. EG Jansen se Arende.<\/p>\n<p>Marais Viljoen het teen rustyd met slegs 8-10 agtergeloop na &#8216;n puik vertoning in die eerste 35 minute. Met hul fisiekheid wat duidelik &#8216;n trappie opgeskuif het, kan hulle die lewe vir die Bere moeilik maak in die vastelos, vernaam as hulle dit vir die volle 70 minute kan volhou.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Menlopark t. Ho\u00ebrskool Waterkloof om 14:30 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Menlopark: <\/strong>15 Divan Nel, 14 Ruben Fourie, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Stefan van Niekerk, 10 Reinhardt Herbst, 9 Gustav Schaffner, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Justin Lottering, 5 Mattheus Prinsloo, 4 Keagan Pretorius, 3 Ruwan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Chrisjan Brits.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof: <\/strong>15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Alrich Uys, 6 Divan Botha, 5 Leander van der Westhuizen, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Llywelyn Steenberg, 1 Juan Gouws.<\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen t. Garsfontein om 12:20 in Alberton<\/strong><\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen (moontlik): <\/strong>15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tsimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Loyd-Shoko-Schenc, 5 Bjorn Pieterse, 4 JD Labuschagne, 3 Sifiso Shongwe, 2 Rynier Welgemoed, 1 Clayton Gagiano.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein:<\/strong> 15 Xian Erasmus, 14 Stephan Pretorius, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Stuart, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Dyk.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit t. Ho\u00ebrskool Rustenburg om 13:30 in Nelspruit<\/strong><\/p>\n<p><strong>Nelspruit: <\/strong>15 Jean Erasmus, 14 Nathan Duncan, 13 Ian Wood, 12 Theuns Meyer, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Marco Smith, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 Regard Vermaak, 1 Lindani Ndlela.<\/p>\n<p><strong>Rustenburg:<\/strong> 15 Lorenzo Snyers, 14 Christiaan van der Bergh , 13 Hendre Robinson, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Tiano Combrinck, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jacobs, 5 Pedri Human, 4 Edrich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Menlopark is oorgehaal om die bordjies te verhang, na hul nederlaag van 8-23 in die eindstryd van die NWU Sportreeks, terwyl Ho\u00ebrskool Waterkloof mik vir &#8216;n tweede agtereenvolgende sege, wanneer di\u00e9 twee spanne se paaie Saterdag weer kruis in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":45301,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-45253","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45253"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45253\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45253"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}