{"id":45878,"date":"2024-05-20T13:48:06","date_gmt":"2024-05-20T11:48:06","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=45878"},"modified":"2024-05-20T13:48:06","modified_gmt":"2024-05-20T11:48:06","slug":"secunda-gooi-wal-op-tuisbodem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=45878","title":{"rendered":"Secunda gooi wal op tuisbodem"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft wp-image-19249 hoverZoomLink\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Secunda-2-300x216.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"288\" \/>SECUNDA &#8211;\u00a0 <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> het Saterdag bitter naby daaraan gekom om te vergoed vir &#8216;n pynlike nederlaag van 17-18 in Secunda twee jaar gelede. <strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> het egter genoegsaam wal gegooi om n\u00f3g &#8216;n naelskraapse oorwinning te verseker.<\/p>\n<p>Die twee spanne het mekaar met mening die stryd aanges\u00ea in hul Skild-wedstryd in vanjaar se <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong>. Dit was, soos verwag, &#8216;n uiters fisieke kragmeting, met die tuisspan wat uiteindelik met 25-21 kon se\u00ebvier.<\/p>\n<p>Teen rustyd was die telling nog gelykop met 7-7 en was dit duidelik dat die toeskouers maar kon regskuif vir &#8216;n senutergende tweede helfte. Die klipharde dryfspel en groot duikslae voorlangs was derhalwe selfs meer verwoed n\u00e1 die omdraaislag.<\/p>\n<p>Die tuisspan se oopkantflank, <strong>Zander van der Merwe<\/strong>, het moue opgerol en die lewe geweldig moeilik gemaak vir die besoekers by die afbreekpunte. Van der Merwe was soos &#8216;n wafferse Jack Russel agter &#8216;n tennisbal aan en het keer op keer omgekeerde balbesit bewerkstellig.<\/p>\n<p>Die besoekers se steelkantflank, <strong>Xander Fraser<\/strong>, en slot, <strong>Gerhard Oosthuizen<\/strong>, het die pap ook dik aangemaak en ver\u00e1l hul stempel afgedruk in die vastelos,<\/p>\n<p>Agterlangs het die snellers mekaar deurgaans met venynige aanvalslyne uitgedaag en die tweestryd tussen in die middelveld was ver\u00e1l iets om te aanskou. Secunda se, buitesenter,<strong> Ryan Erasmus<\/strong> het dikwels deur die kleinste moontlike spasie gesny om oor die voordeellyn te kom, terwyl Die Anker se, binnesenter, <strong>Brandon Crous<\/strong> vir Secunda se middeveld besig gehou het met sy kragtige barslopies.<\/p>\n<p>Die tuisspan se verdediging het egter sterk gestaan teen die einde om die aanslag van die Brakpanse span suksesvol af te weer.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> het, in Heidelberg, so hittete die eerste keer bloedneus gekry in vanjaar se reeks. Die span van Klerksdorp het in die doodsnikke daarin geslaag om vir <strong>Heidelberg Volkskool<\/strong> met 34-28 te troef.<\/p>\n<p>Die Wessies se steelkantflank, <strong>Francois Dumond<\/strong>, het weer gewys hoekom die provinsiale keurders op hom besluit het om die Luiperds se nr. 7-trui te dra by vanjaar se Cravenweek, en het &#8216;n briljante tweekuns behaal.<\/p>\n<p>Die Volkies, het ondergewoonte nooit tou op gegooi nie en keer op keer aanvalle geloods wat die besoekers gedwing het om te keer vir &#8216;n vale. Hul ervare losskakel, <strong>Kayle Venter<\/strong>, was uitstaande en het, nes Dumond, twee keer agter die doellyn gaan kuier en ook met &#8216;n doelskop en twee strafdoele geslaag om 18 van sy span se 28 punte by te dra.<\/p>\n<p>In Tzaneen was <strong>Ho\u00ebrskool Hugenote<\/strong> van Springs t\u00e9 sterk vir <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong> om hul segetog in die reeks voort te sit met &#8216;n sprankelende sege van 38-7. Buitesenter, <strong>Vian van Dyk<\/strong>, het die Buffels se middeveld deurentyd onder druk geplaas en ook by twee geleenthede deurgebreek vir drie\u00eb.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> kon, na &#8216;n verbete terugvegpoging, herrys uit die as met &#8216;n oorwinning van 40-33 oor <strong>Ho\u00ebrskool Jeugland<\/strong>. Die Liggies het teen rustyd &#8216;n agterstand van 12-26 in die gesig gestaar.<\/p>\n<p>Vaskopstut, <strong>JJ Jonker<\/strong>, was &#8216;n reus in die voorspelerstryd met sy ho\u00eb werkverrigting en energieke dryfspel, en is ook met &#8216;n tweekuns beloon.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda 25 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Zander van der Merwe, Brink la Grange, Bismarck Jansen. Doelskoppe: Damian de Beer (2). Strafdoele: De Beer (2). <strong>Die Anker 21 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Xander Fraser, Danie Smit, Brandon Crous. Doelskoppe: Xavier Erasmus (4).<\/p>\n<p><strong>Wesvalia 34 (13)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Francois Dumond (2), Junior Kuhn, Xander Smit. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (4). Strafdoele: Van Heerden (4). <strong>Heidelberg Volkskool 28 (11)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Kayle Venter (2), Juan de Villiers, Stefan Botha. Doelskop: Kayle Venter. Strafdoele: Venter (2).<\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs) 38 (14)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Vian van Dyk (4), Xavier Ungerer, Arn\u00e9 Marais, Hendrik Eybers. Doelskoppe: Corn\u00e9 Pretorius (4). <strong>Ben Vorster 7 (0)<\/strong> &#8211; Drie: Stiaan du Randt. Doelskop: Pontsho Selowa.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg 40 (12)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: JJ Jonker (2), Albert Joubert, Rea Motsusi, Abrie Coetzee, Dundr\u00e9 Dempers. Doelskoppe: Albert Joubert (5). <strong>Jeugland 33 (26)<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Ho\u00ebrskool Secunda 14, Die Anker 5; Heidelberg Volkies 36, Wesvalia 5; Ben Vorster 41, Hugenote (Springs) 19; Jeugland 26, Lichtenburg 3.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Die Anker 17, Ho\u00ebrskool Secunda 15; Heidelberg Volkies 29, Wesvalia 17; Ben Vorster 29, Hugenote (Springs) 12; Jeugland 32, Lichtenburg 29.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Die Anker 12, Ho\u00ebrskool Secunda; Wesvalia 38, Heidelberg Volkies 8; Ben Vorster 46, Hugenote (Springs) 0; Lichtenburg 24, Jeugland 5.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SECUNDA &#8211;\u00a0 Ho\u00ebrskool Die Anker het Saterdag bitter naby daaraan gekom om te vergoed vir &#8216;n pynlike nederlaag van 17-18 in Secunda twee jaar gelede. Ho\u00ebrskool Secunda het egter genoegsaam wal gegooi om n\u00f3g &#8216;n naelskraapse oorwinning te verseker. Die twee spanne het mekaar met mening die stryd aanges\u00ea in hul Skild-wedstryd in vanjaar se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":19249,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-45878","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45878","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=45878"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/45878\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=45878"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=45878"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=45878"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}