{"id":46184,"date":"2024-05-23T15:27:26","date_gmt":"2024-05-23T13:27:26","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=46184"},"modified":"2024-05-23T15:27:26","modified_gmt":"2024-05-23T13:27:26","slug":"eerste-sege-wink-vir-marais-viljoen-in-nelspruit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=46184","title":{"rendered":"Eerste sege wink vir Marais Viljoen in Nelspruit"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-46203 hoverZoomLink\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Marais-Viljoen-rugby-3-400x445.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"445\" \/>Kan Nelspruit die keerpunt vir <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> beteken?<\/p>\n<p>Geniet al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools &#8211; (<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>)<\/strong><\/p>\n<p>Dit is die vraag wat Saterdagmiddag in Nelspruit beantwoord sal word wanneer die besoekers van Alberton teen Ho\u00ebrskool Nelspruit te staan kom in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Die span van Alberton het, ongeag die uitslae, in hul laaste twee kragmetings in di\u00e9 afdeling uiters belowende rugby opgedis. Dit was ver\u00e1l hul vertoning in die eerste helfte teen Ho\u00ebrskool Garsfontein wat die span se ondersteuners laat moed skep het.<\/p>\n<p>Dit het egter n\u00f3g nie die resultate gelewer waarvoor breier, Ryno Luus, en die res van sy afrigtingspan gehoop het nie.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is moeilik,&#8221; het Luus vroe\u00ebr die week ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Ons was nog elke keer, in die eerste helfte, in die wedloop, maar sowel EG Jansen as Garsfontein het sterk teruggekom in die tweede skof. Ons is egter vasbeslote om op daardie goeie vertonings van ons, voor halftyd, voort te bou en vir die volle 70 minute ons beste te lewer.&#8221;<\/p>\n<p>Slot <strong>Bjorn Pieterse<\/strong> het &#8216;n vername rol om te vervul in Nelspruit .<\/p>\n<p>&#8220;Bjorn is tot dusver uitstekend op dreef en is &#8216;n yster in ons verdedigende lynstane,&#8221; het Luus bygevoeg.<\/p>\n<p>Pieterse is ewe indrukwekkend met bal in hand en behoort, saam met flank en onderkaptein, <strong>Dian Scheepers<\/strong>, die Rhinos se verdediging deeglik op die proef te stel. Scheepers is gekies vir die Leeus se o. 18-span wat volgende maand aan die Akademieweek by Jeppe High School deelneem.<\/p>\n<p>Die Nellies beleef self &#8216;n strawwe Noordvaal-seisoen tot op hede. Daar was nietemin positiewe tekens\u00a0 in verlede week se kragmeting met Ho\u00ebrskool Rustenburg, alhoewel die Rhinos die knie met 19-22 moes buig.<\/p>\n<p>Buitesenter, <strong>Ian Wood<\/strong>, wat deel uitmaak van die Pumas se Cravenweekspan, is netjies op dreef in die middeveld, terwyl daar uitgesien word na wat haker, <strong>Regardt Vermaak,<\/strong> en agtsteman, <strong>Vaughn van Zyl<\/strong>, voorlangs kan vermag in wat beloof om &#8216;n uiters fisieke stryd tussen die twee pakke af te gee. Van Zyl se tweestryd met die besoekers se woelige agtsteman, <strong>Rio Tshimbalanga<\/strong>, is beslis een om dop te hou.<\/p>\n<p>In Rustenburg wag daar &#8216;n reuse uitdaging op <strong>Pedrie Human<\/strong> en die res van <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> se span wanneer hulle vir <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> verwelkom.<\/p>\n<p>Die Klofies is steeds onoorwonne in vanjaar se reeks en praat vanjaar met die groot kanonne saam. Die Rusties het, op hul beurt, bo verwagting presteer tot dusver in vanjaar se reeks en nog n\u00e9t teen Ho\u00ebrskool Noordheuwel met 34-40 vasgeval in Krugersdorp.<\/p>\n<p>&#8220;Waterkloof is een van die top spanne in die land vanjaar,&#8221; het Naas Olivier, Rusties se hoofafrigter, ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Hulle speel puik rugby en vermorsel almal in hul pad. Ons besef dit gaan taai wees, maar ons het volle vertroue in ons sisteme, asook die tuisveldvoordeel.<\/p>\n<p>&#8220;Ons doelwit is eenvoudig; ons wil wen. Ons het 70 minute om die plan uit te voer en in die boskgeveg te bly.&#8221;<\/p>\n<p>Die Klofies verwelkom hul hardwerkende steelkantflank, <strong>Lendrey Janse van Vuuren<\/strong>, en haker, <strong>Ruan Jacobs<\/strong>, terug vir Saterdag se stryd. Albei het verlede naweek teen Ho\u00ebrskool Menlopark &#8216;n welverdiende blaaskans geniet.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit t. Ho\u00ebrskool Marais Viljoen om 12:30 in Nelspruit:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit:<\/strong> 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ian Wood, 12 Theuns Meyer, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Marco Smith, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuien, 3 Gert Cloete, 2 Regardt Vermaak, 1 Lindani Ndlela.<\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen:<\/strong> 15 Tyron Bouw, 14 Devin Raubenheimer, 13 Tiaan Joubert, 12 Brandon Els, 11 Ethan Weideman, 10 Recce Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Schenck, 5 JD Labuschagne, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Liam Catlow, 1 Clayton Gagiano.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg t. Ho\u00ebrskool Waterkloof om 13:30 in Rustenburg<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg:<\/strong> 15 Lorenzo Snyers, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Hendr\u00e9 Robinson, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jaobs, 5 Pedri Human, 4 Edrich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof:<\/strong> 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan Nelspruit die keerpunt vir Ho\u00ebrskool Marais Viljoen beteken? Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Dit is die vraag wat Saterdagmiddag in Nelspruit beantwoord sal word wanneer die besoekers van Alberton teen Ho\u00ebrskool Nelspruit te staan kom in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Die span van Alberton het, ongeag die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":46203,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-46184","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46184","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46184"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46184\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46184"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46184"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46184"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}