{"id":46383,"date":"2024-05-23T18:57:56","date_gmt":"2024-05-23T16:57:56","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=46383"},"modified":"2024-05-23T18:57:56","modified_gmt":"2024-05-23T16:57:56","slug":"plasies-wil-bowl-momentum-behou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=46383","title":{"rendered":"Plasies wil Bowl-momentum behou"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-40803 hoverZoomLink\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/04\/Merensky-rugby-2-400x269.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"269\" \/>Potchefstroom Volkskool<\/strong> is oorgehaal om te vergoed vir hul nederlaag teen Gimmies die afgelope naweek.<\/p>\n<p>Geniet al die aksie regstreek op <strong>SuperSport Schools &#8211; (<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>)\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Die Volkies het met 13-30 die aftog geblaas teen hul tradisionele aartsvyande, Potchefstroom Gimnasium, maar is vasberade om hul veldtog in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Bowl-afdeling &#8216;n hupstoot te gee wanneer hulle vir <strong>Merensky Landbou Akademie<\/strong> in Potchefstroom verwelkom.<\/p>\n<p>Die tuispan het, ongeag die uitslag verlede naweek, aanskoulike hardlooprugby gespeel, maar ongedwonge foute het verhoed dat hulle kon afrond. Dit is iets wat hierdie naweek reggestel moet word.<\/p>\n<p>Volkies sal inderdaad hul beste voet moet voorsit indien hulle hoop om die span van Tzaneen te troef. Die Ligbloues is na hul eerste twee wedstryde in vanjaar se reeks nog onoorwonne en het gemaklik met Ho\u00ebrskool Alberton (43-17) en Ho\u00ebrskool Wagpos (48-18) afgereken.<\/p>\n<p>Die stryd tussen die twee pakke beloof om sowel aanskoulik as deurslaggewend te wees. Die Plasies se agttal het tot dusver floreer wat die fisieke aspek van die spel betref en sal vroeg reeds, vernaam in die vaste fasette, hul stempel wil afdruk.<\/p>\n<p>Die Cravenweek-flank, <strong>Hardus Terblanche<\/strong>, wat op agtsteman vir die Ligbloues diens doen, sal die aanslag voorlangs lei, terwyl losskakel, <strong>Byron Hendricks<\/strong>, wat, nes Terblanche, vir &#8216;n tweede agtereenvolgende jaar Cravenweek toe gaan, die leisels as generaal in die agterlyn neem.<\/p>\n<p>In teenstelling met die Plasies se groot pak, beskik die Volkies oor &#8216;n uiters beweeglike agttal. Agsteman, <strong>Dewald Groenewald<\/strong>, het &#8216;n barshou teen Gimmies gespeel en sal vir Terblanche op sy tone hou. Groenewald sal die nodige ondersteuning ontvang van oopkantflank, <strong>Henr\u00e9 Nel<\/strong>, wat baie bedrywig is by die afbreekpunte en in gebroke spel.<\/p>\n<p>Agterlangs sal die Plasies se middeveld moet bontstaan wanneer Volkies se binnesenter, <strong>Ethan Leggat<\/strong>, geleentheid kry om met die bal op loop te sit.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> sal hul eerste nederlaag in agt jaar teen Ho\u00ebrskool Zwartkop, in verlede naweek se FNB Classic Clashes-stryd, vinnig moet afskud wanneer hulle een van die gevaarlike nuwelinge in vanjaar se reeks, <strong>Ho\u00ebrskool Randburg<\/strong>, in Centurion die stryd aans\u00ea.<\/p>\n<p>Die span van Centurion het nog n\u00e9t een van hul drie wedstryde in die reeks, teen Ho\u00ebrskool Alberton (17-15), gewen, terwyl die span van Randburg reeds in twee uit drie, teen Ho\u00ebrskool Wagpos (23-14) en Ho\u00ebrskool Piet Retief (23-18), koning gekraai het.<\/p>\n<p>Ho\u00ebrskool Dr. Malan en Ho\u00ebrskool Wagpos het sake reeds Donderdagmiddag in Meyerton uitgespook. Uitslae volg binnekort.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Volkskool t. Merensky Landbou Akademie om 12:20 in Potchefstroom<\/strong><\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Volkskool:<\/strong> 15 Lourenzo Louw, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Berno de Klerk, 10 Johandre Meyer, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Marlu du Preez, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Christoff Nel, 1 Daniel Strydom.<\/p>\n<p><strong>Merensky:<\/strong> 15 Ashten Demons, 14 Andreas Honiball, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Corn\u00e9 Swanepoel, 5 Lukas Pieterse, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Ethan Maritz.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne t. Ho\u00ebrskool Randburg om 13:20 in Centurion<\/strong><\/p>\n<p><strong>Eldoraigne:<\/strong> 15 Manie Buitendag, 14 Hendru van Zyl, 13 Divan van Rooyen, 12 Kevin Earle, 11 Tristan Lee, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 Zander Engels, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wian White.<\/p>\n<p><strong>Randburg:<\/strong> 15 Francois Groenewald, 14 Shandre Vermaak, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Hendri Oosthuizen, 9 Jayden Todd, 8 Duncan Beaven, 7 Jean Venter, 6 Victor van Blerk, 5 Willie Lindeque, 4 Herman Goosen, 3 Malan van Heerden, 2 Diedelof Fourie, 1 Gastave Vorster.<\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium t. Ho\u00ebrskool Piet Retief om 13:20 in Potchefstroom<\/strong><\/p>\n<p><strong>Potchefstroom Gimnasium:<\/strong> 15 PC Schutte, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Jhanco de Beer, 11 David Ndlala, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morn\u00e9 van Aswegen, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stofberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.<\/p>\n<p><strong>Piet Retief:<\/strong> 15 Langelihle Ntuli, 14 Siphosethu Sibisi, 13 Aphiwe Khumalo, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Christiaan Pienaar, 7 Melo Xulu, 6 SJ van Barendveld, 5 Jaco Klopper, 4 Vusi Nhleko, 3 Louis Grobler, 2 Jandr\u00e9 van Deventer, 1 Sfundo Mayisa.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Potchefstroom Volkskool is oorgehaal om te vergoed vir hul nederlaag teen Gimmies die afgelope naweek. Geniet al die aksie regstreek op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Die Volkies het met 13-30 die aftog geblaas teen hul tradisionele aartsvyande, Potchefstroom Gimnasium, maar is vasberade om hul veldtog in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling &#8216;n hupstoot te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":40803,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-46383","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46383","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46383"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46383\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40803"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46383"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46383"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46383"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}