{"id":46438,"date":"2024-05-24T08:55:44","date_gmt":"2024-05-24T06:55:44","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=46438"},"modified":"2024-05-24T08:55:44","modified_gmt":"2024-05-24T06:55:44","slug":"arende-wil-hoog-vlieg-op-die-heuwel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=46438","title":{"rendered":"Arende wil hoog vlieg op die Heuwel"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_37589\" aria-describedby=\"caption-attachment-37589\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-37589 size-medium hoverZoomLink\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/EG-Jansen-Rugby-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-37589\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Tap Light Edits<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Arende wil hul posisie in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling verstewig voor die Junie-vakansie.<\/p>\n<p>Geniet al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools &#8211; (<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>)<\/strong><\/p>\n<p>Daar heers groot opwinding in Krugersdorp in afwagting op die stryd tussen <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> se Blues en <strong>Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen<\/strong> se Arende wat mekaar Saterdagmiddag op die Heuwel pak.<\/p>\n<p>Die Blues het verlede naweek be\u00efndruk deur hul tradisionele aartsvyand, Ho\u00ebrskool Monument, al die pad te druk in die jaarlikse Krugersdorp-derby. Hoewel hulle uiteindelik teverede moes wees met &#8216;n nederlaag van 33-36, kon Nories heelwat positiewes uit die wedstryd neem.<\/p>\n<p>Een hiervan sou wees dat die pak voorspelers gewys het dat hulle ongetwyfeld met die groter pakke in die afdeling kan meeding. Die Blues se agttal het met rukke en stote hul stempel stewig afgedruk in die skrum en by &#8216;n paar geleenthede die Witbulle se dieselenjin laat hoes.<\/p>\n<p>Dit is inderdaad hier waar &#8216;n titaniese tweestryd Saterdag op die skare in Krugersdorp wag.<\/p>\n<p><strong>Meyer Opperman<\/strong>, die Blues se loskopstut en kaptein, gaan met sy Arende-eweknie en vaskop, <strong>Duwan Potgieter<\/strong>, voorlangs koppe stamp en dit behoort &#8216;n massiewe armdruk tussen die twee kapteins af te gee. Opperman sal nie op eie houtjie die Jansies se vreesaanjaende voorhoede aanvat nie, met die veelsydige <strong>Donovan Breedt<\/strong>, wat ewe tuis op slot of flank is, wat uiters waardevol is met sy ho\u00eb werkverrigting.<\/p>\n<p>Wat die agsteman-stryd betref, sal Nories se <strong>Brad Brown<\/strong>, wat in die Goue Leeus se Akademieweekspan opgeneem is, oudergewoonte &#8216;n prominente figuur in kontaksituasies wees, terwyl Jansies se <strong>Storm Labuschagne<\/strong> meer tuis voel in gebroke spel waar hy sy bedrieglike vaart in spasie kan tentoonstel.<\/p>\n<p>Agterlangs wag &#8216;n n\u00f3g hoogs opwindende duel tussen die buitesenters, met die Nories se SA Skole-verteenwoordiger, <strong>Cheswill Jooste<\/strong>, wat teen die Jansies se sewesster, <strong>Jeandre Jacobs<\/strong>, te staan kom. Albei is uitstekend op die aanval, met hope vaart en bedrieglike voetwerk, en dus behoort verdediging deurslaggewend te wees in di\u00e9 tweestryd.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is &#8216;n wedstryd om na uit te sien, en beslis een wat die ander Bekerspanne behoort dop te hou,&#8221; het Ian Joubert, die Blues se voorspelerafrigter, ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is vernaam belangrik vir ons, asook vir Jansen, om &#8216;n stewige posisie te probeer vestig voor die breuk. Ons is absoluut buiteperde op hierdie die staduim, maar dis lekker!&#8221;<\/p>\n<p>In Pretoria is die groot vraag of <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> moontlik vir <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> kan skok, \u00f3f kan die Bere broodnodige ritme herwin?<\/p>\n<p>Die Garsies het beslis nog nie op alle silinders gevuur nie, hoewel daar belowende tekens was verlede naweek in die tweede helfte teen Ho\u00ebrskool Marais Viljoen. Daar kort egter nog heelwat skaafwerk indien Garsies hoop om die reeks se uitspeelrondes te haal.<\/p>\n<p>Die Parkies is nog segeloos en dus sal &#8216;n oorwinning op Berepark nie alleen &#8216;n reuse opskudding veroorsaak nie, maar kan dit ook moontlik die keerpunt in hul Noordvaal-veldtog beteken.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel t. Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen om 13:10 in Krugersdorp<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel:<\/strong> 15 Jade Muller, 14 Jenemo Luiters, 13 Cheswil Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Donovan Breedt, 6 Juandr\u00e9 de Villiers, 5 Xander Buytendach, 4 Alex Greeff, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naude, 1 Meyer Opperman.<\/p>\n<p><strong>Dr. EG Jansen (moontlik):<\/strong> 15 Ntokozo Ngobese, 14 Jean-Dre Claassen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naud\u00e9, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein t. Ho\u00ebrskool Menlopark om 13:20 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Garsfontein:<\/strong> 15 Handre Maree, 14 Xian Erasmus, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Stuart, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Stephan Pretorius, 1 Ethan van Dyk.<\/p>\n<p><strong>Menlopark:<\/strong> 15 Divan Nel, 14 Reinhardt Herbst, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Ruben Fourie, 10 Andru Kuhn, 9 Gustav Schaffner, 8 JN van Wyk, 7 Justin Lottering, 6 Ruan Strydom, 5 Xander Roets, 4 Keegan Pretorius, 3 Chrisjan Brits, 2 Zander van Staden, 1 Mattheus Prinsloo.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Arende wil hul posisie in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling verstewig voor die Junie-vakansie. Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Daar heers groot opwinding in Krugersdorp in afwagting op die stryd tussen Ho\u00ebrskool Noordheuwel se Blues en Ho\u00ebrskool Dr EG Jansen se Arende wat mekaar Saterdagmiddag op die Heuwel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":37589,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-46438","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46438","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46438"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46438\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46438"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46438"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46438"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}