{"id":46755,"date":"2024-05-26T07:53:37","date_gmt":"2024-05-26T05:53:37","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=46755"},"modified":"2024-05-26T07:53:37","modified_gmt":"2024-05-26T05:53:37","slug":"affies-se-ruben-bo-in-skakel-stryd-grey-hol-monnas-dronk-met-80-tal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=46755","title":{"rendered":"Affies se Ruben bo in skakel-stryd, Grey hol Monnas dronk met 80-tal"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_46757\" aria-describedby=\"caption-attachment-46757\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-46757\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/PSX_20240525_160917-400x302.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"302\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-46757\" class=\"wp-caption-text\">RONAN BASTIAANSE (met bal), heelagter van Waterkloof, trek hier \u2018n toon doellyn toe terwyl hy ook \u2018n duikslag van die Ho\u00ebrskool Rustenburg se losskakel, Jayden Meyer, probeer afweer. FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA. \u2013 Die stryd vir wie die nommer tien-trui van die Suid-Afrikaanse Skole-span sal dra is reeds fel aan die gang.<\/p>\n<p>Affies se losskakel, Ruben Pienaar, het gister agter \u2018n sterker agttal sake beheer in sy span se sege van 52-26 oor King Edward VII in Johannesburg. KES se losskakel, Vusi Moyo, is een van die vroe\u00eb gunstelinge om die nasionale skolespan se generaal te wees.<\/p>\n<p>Die eerste ronde het egter aan Pienaar behoort wat met aanvallende spel be\u00efndruk het. Moyo se skopvoet was we look witwarm. Sy stelskopwerk was foutloos en sy lang lynskoppe het Affies se pak voorspelers \u2018n hele paar keer omgedraai.<\/p>\n<p>Pienaar het \u2018n onderskepdrie van \u2018n aangee van Moyo gedruk om die sout nog dieper in die wonde te vryf.<\/p>\n<p>Die twee kom Dinsdag weer teen mekaar te staan wanneer die Blou Bulle en die Goue Leeus se voorlopige Cravenweek-spanne teen mekaar te staan kom.<\/p>\n<p>Die Leeus se spelers sal so ietwat gewond wees met Monument van Krugersdorp wat sy rieme behoorlik met 19-85 teen Grey-kollege in Bloemfontein styfgeloop het.<\/p>\n<p>Die span van die Rosestad gaan nie sommer weer vanjaar verloor nie. In sy losskakel, Alzeadon Felix, het hy \u2018n Manie Libbok en op heelagter vir Heinz Stockenstr\u00f6m, wat skop soos Percy Montgomery in die 2000\u2019s en aanval soos Monty in die laat 1990\u2019s.<\/p>\n<p>Die skrumskakel, Philip McLaren, is ook vining besig om vir himself \u2018n naam te maak. McLaren, Felix en die vleuel Pretorius Ekeji het elk twee van hul span se 13 drie\u00eb gedruk. Stockenstr\u00f6m het tien daarvan verdoel en ook \u2018n draai agter die doellyn gemaak vir \u2018n persoonlike bydrae van 25 punte.<\/p>\n<p>Gepraat van SA Skole-kandidate \u2013 Paul Roos Gimnasium se kaptein en flank, Riley Norton, het waarskynlik sy beste vertoning van sy skoolloopbaan in sy span se oorwinning van 50-25 oor Wynberg Boys\u2019 High opgedis.<\/p>\n<p>Norton het verlede jaar reeds die SA Skole-spanne vir rugby en krieket gehaal. Hy kan vanjaar dalk die eerste sportman word om albei die spanne aan te voer.<\/p>\n<p>Buiten Norton het die binnesenter, Samuel Badenhorst, ook \u2018n blink vertoning met twee drie\u00eb afgerond.<\/p>\n<p>Paarl Gimnasium het met 43-35 in \u2018n opwindende kragmeting oor Oakdale Landbou koning gekraai. Die span se senter Markus Muller was weer op sy stukke. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het vir Rondebosch Boys\u2019 High met 36-28 verslaan, terwyl Boland Landbou met sy vleuel Enslin Claassen aan die spits vir SACS met 40-27 getroef het.<\/p>\n<p>Dr. EG Jansen van Boksburg se afrigter, Rudi Dames, spog vanjaar met \u2018n bulspan, maar hy gaan gewis na vanjaar \u2018n paar ekstra gryshare h\u00ea.<\/p>\n<p>Sy skitterende buitesenter, Juandr\u00e9 Jacobs, het in die doodsnikke vir \u2018n drie oorgedraf om Noordheuwel se harte met 34-30 in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te breek.<\/p>\n<p>Dit het Garsfontein lank geneem, maar dit blyk om die Turkoois Bere uiteindelik in Junaid Pasensie \u2018n losskakel het om die span vorentoe te neem. Die Bere het op hul tuisveld vir Menlopark met 90-14 gekarnuffel.<\/p>\n<p>Pasensie se stelskopwerk in die tweede helfte was uitmuntend, terwyl sy aanvallende spel asook hoe hy spel dikteer het rigting aan die Garsies gegee het. Hy het 26 punte tot die oorwinning met twee drie\u00eb en agt doelskoppe bygedra.<\/p>\n<p>Waterkloof het na \u2018n moeilike kragmeting in Rustenburg met \u2018n bonuspunt-sege na die Jakarandastad teruggekeer. Die Klofies was met 45-35 baas.<\/p>\n<p>Die Blou Tornado se slot Stephan de Beer was met sy fisieke spel sonder twyfel sy span se beste speler op die dag. Die skakelpaar, Migael Prinsloo en Dennis Obie, verdien ook \u2018n klop op die skouer.<\/p>\n<p>Boonop het die loskopstut, Jean Gouws, die eerste drie van sy rugbyloopbaan gedruk.<\/p>\n<p><strong>Al die uitslae:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>SDC NOORDVAAL CUP <\/strong><\/p>\n<p><strong>Groep 1 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> EG Jansen 34, Noordheuwel 30; Waterkloof 45, Ho\u00ebrskool Rustenburg 35; Garsfontein 90, Menlopark 14; Ho\u00ebrskool Nelspruit 33, Marais Viljoen 15. <strong>Plaat:<\/strong> Oos-Moot 56, Zwartkop 14; HTS Middelburg 35, Montana 7; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 24, Kempton Park 20; Transvalia 31, Ho\u00ebrskool Middelburg 23. <strong>Skild:<\/strong> Wesvalia 36, Hugenote (Springs) 7; Secunda 44, Ho\u00ebrskool Pietersburg 14; Ben Vorster 29, Jeugland 26; Lichtenburg 24, Heidelberg Volkskool 19. <strong>Bowl:<\/strong> Dr. Malan 19, Wagpos 0; Eldoraigne 23, Randburg 17; Potchefstroom Volkskool 24, Merensky 22; Potchefstroom Gimnasium 41, Piet Retief 24.<\/p>\n<p><strong>Groep 2 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Blou Bulle:<\/strong> Pretoria-Noord 17, Centurion 14; Bergsig Akademie 50, Wonderboom 23; HTS John Vorster 31, Overkruin 8; Midstream College 40, Ho\u00ebrskool Tuine 13. <strong>Limpopo:<\/strong> Ellisras 20, Ben Viljoen 13; Frikkie Meyer 20, Hans Strijdom 17. <strong>Valke:<\/strong> Dinamika 35, Leeuwenhof 10; Oosterlig 48, Hans Moore 27.<\/p>\n<p><strong>Groep 3<\/strong><\/p>\n<p><strong>Goue Leeus:<\/strong> Allen Glen 24, Riebeeckrand 20; Florida 69, Fochville 0; Bastion 63, Glenharvie 12. <strong>Limpopo:<\/strong> HTS Tom Naud\u00e9 41, Nylstroom 5. <strong>Pumas:<\/strong> Lydenburg 33, Ferrum 28; Standerton 31, Volksrust 20.<\/p>\n<p><strong>Groep 4 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Goue Leeus:<\/strong> Bekker 24, Carletonville 18. Limpopo: Northern Academy 47, Louis Trichardt 33; Warmbad 66, Eric Louw 5. <strong>Pumas:<\/strong> Morgenzon Landbou 52, Komatipoort 22.<\/p>\n<p><strong>Groep 5 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Goue Leeus:<\/strong> Die Wilge 48, Adelaar 3.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL <\/strong><\/p>\n<p>Michaelhouse 34, Pretoria Boys\u2019 High 27; Westville Boys\u2019 High 40, Hilton College 26; Northwood 18, Maritzburg College 10; Kearsney College 25, Glenwood 22; St Charles College 28, St Stithians College 20; Durban High School 50, Clifton 0.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>Affies 52, King Edward VII 26; Jeppe 67, St John\u2019s College 30; St Charles College 28, St Stithians College 20; St Alban\u2019s College 47, Springs Boys\u2019 High 15; Parktown Boys\u2019 High 29, St Benedict\u2019s College 5; St David\u2019s Marist 16, Northcliff 10; Beaulieu College 29, Stanford Lake College 11.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Grey High School 29, St Andrew\u2019s College 28; Framesby 52, Marlow Landbou 12; Hudson Park 27, Queen\u2019s College 25; Nico Malan 19, Graeme College 7; Kingswood College 54, Muir College 21; Pearson 38, HTS Dani\u00ebl Pienaar 14; HTS Port Rex 49, Ooskus Gimnasium 6; Selborne College 72, Cambridge 5.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT <\/strong><\/p>\n<p>Grey-kollege 85, Monument 19; Jim Fouch\u00e9 22, Burgersdorp 17; Curro Kathu 61, Dani\u00eblskuil 10.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Paarl Gimnasium 43, Oakdale Landbou 35; Paul Roos Gimnasium 50, Wynberg Boys\u2019 High 25; Boland Landbou 40, SACS 27; Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 36, Rondebosch Boys\u2019 High 28; Milnerton 36, Brackenfell 31; HTS Drostdy 52, Swartland 28; Charlie Hofmeyr 12, Ho\u00ebrskool Stellenbosch 6; Stellenberg 60, Parel Vallei 0; Bosmansdam 41, Collegians-klub 10; Melkbosstrand 14, Tygerberg-klub 10; Labori 13, New Orleans 10.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA. \u2013 Die stryd vir wie die nommer tien-trui van die Suid-Afrikaanse Skole-span sal dra is reeds fel aan die gang. Affies se losskakel, Ruben Pienaar, het gister agter \u2018n sterker agttal sake beheer in sy span se sege van 52-26 oor King Edward VII in Johannesburg. KES se losskakel, Vusi Moyo, is een van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":46757,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-46755","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46755","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46755"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46755\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/46757"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46755"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46755"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46755"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}