{"id":46859,"date":"2024-05-27T08:35:32","date_gmt":"2024-05-27T06:35:32","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=46859"},"modified":"2024-05-27T08:35:32","modified_gmt":"2024-05-27T06:35:32","slug":"venter-tweekuns-kersie-op-die-koek-in-klerksdorp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=46859","title":{"rendered":"Venter-tweekuns: Kersie op die koek in Klerksdorp"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-46863 hoverZoomLink\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Hendre-Venter-Wesvalia-Rugby-400x265.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"265\" \/>Hendre Venter<\/strong> se naam sal nog lank by <strong>Ho\u00ebrskool Hugenote van Springs<\/strong> se eerste span spook.<\/p>\n<p>Die agsteman van <strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> was die groot doring in die Hugies se vlees, met sy twee kuiers agter die doellyn wat uitgestaan het in die Wessies se wegholoorwinning van 36-7 oor Hugenote in Springs.<\/p>\n<p>Dit beteken voorts dat die span van Klerksdorp nou die enigste onoorwonne span in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Skild-afdeling is. Die besoekers het nie geskroom om die Hugies voorlangs aan te vat nie &#8211; iets wat nog selde vanjaar gebeur het.<\/p>\n<p>&#8220;Ons was by tye uiters klinies,&#8221; het Willem van der Sandt, die Wessies se voorspelerafrigter ges\u00ea. &#8220;Ons het foute beperk wat beteken het dat ons hulle voor kon oordonder met skrums en dryfmaalbewegings.&#8221;<\/p>\n<p>Venter was nie alleen verantwoordelik vir die reuse aanslag voorlangs nie. Die Wessies se Cravenweek-duo, <strong>Junior Kuhn<\/strong> (haker) en<strong> Francois Dumond<\/strong> (steelkantflank), het ook spiere gebult, was saam met Venter vernietigend op die aanval en het elkeen ook gedruk.<\/p>\n<p>Linkervleuel, <strong>Xander Smit<\/strong>, was die enigste Wessie-agterspeler wat daarin kon slaag om die doellyn oor te steek, nadat hy op &#8216;n kans wat deur sy voorspelers geskep is, toegeslaan het.<\/p>\n<p>In Heidelberg het <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong> &#8216;n kritieke sege, weg van die huis, in hul Noordvaal-veldtog behaal deur vir <strong>Heidelberg Volkskool <\/strong>met 24-17 te verslaan.<\/p>\n<p>Die oorwinning was te danke aan &#8216;n uitstekende vertoning in die eerste helfte, toe Liggies reeds 19 punte opgestapel het. Na &#8216;n verbete terugvegpoging in die tweede helfte deur die Volkies, was dit net-net genoeg vir die span van Noordwes om met glimlagte huiswaarts te kon keer.<\/p>\n<p>Vaskopstut, <strong>Juan van Rhyn<\/strong>, het geweldig hard gewerk in sowel die skrums as lynstane, maar het ook indrukwekkend vertoon met die bal in hand en is met een van sy span se vier drie\u00eb beloon.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> se twee stutte was ook genadeloos in die verdedigende kampioen se oortuigende sege van 44-14 oor Ho\u00ebrskool Pietersburg. Loskopstut, <strong>Nathan Erasmus<\/strong>, het &#8216;n besielende vertoning afgerond met &#8216;n welverdiende tweekuns, terwyl sy makker aan die vaskopkant, <strong>Stefan Bezuidenhout<\/strong>, self ook oor die doellyn kon bars vir &#8216;n vyfpunter.<\/p>\n<p>Daar is waarskynlik nie meer naels oor om te kou na <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong> by die agterdeur ingeglip het teen <strong>Ho\u00ebrskool Jeugland<\/strong> nie. Die Buffels het 19 punte teenoor Jeugland se vyf aangeteken, basies in die laaste 15 minute, om &#8216;n rustydagterstand van 10-21 uit te wis en met 29-26 in Tzaneen as oorwinnaars uit die stryd te tree.<\/p>\n<p>Die Buffels se steelkantflank, <strong>Joshua van der Mescht<\/strong>, was uitstaande, vernaam met sy rotsvaste verdediging in die vastelos. Linkervleuel, <strong>Damian Bye<\/strong>, het, met slegs sekondes oor op die horlosie, in die hoekie oorgeduik om die wendrie te druk.<\/p>\n<p>Jeugland se linkervleuel, <strong>Oregopotse Shilubane<\/strong>, was self verwoestend op die aanval en het, met sy bedrieglike systappe, vir die Vossie-verdedigers gereeld laat gras proe.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wesvalia 36 (17)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Hanre Venter (2), Junior Kuhn, Franco Dumond, Francois Dumond, Xander Smit. Doelskoppe: Eduard Dreyer (3). <strong>Hugenote (Springs)<\/strong> &#8211; Drie: Tyron Hand. Doelskop: Corne Pretorius.<\/p>\n<p><strong>Lichtenburg 24 (19)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Juan van Rhyn, Kgolagano Legodi, Rea Motsusi, Dandre Dempers. Doelskoppe: Albert Joubert (2). <strong>Heidelberg Volkskool 17 (0)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Janco Coetzer (2). Doelskoppe: Hein Oelofse (2). Strafdoel: Oelofse.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda 44 (23)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Nathan Erasmus (2), Stefan Bezuidenhout, Franko Rossouw, Brink la Grange, Damian de Beer. Doelskoppe: De Beer (4). Strafdoel: De Beer. <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 14 (0)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Etienne van Jaarsveldt (2). Doelskoppe: Hanno van Zyl (2).<\/p>\n<p><strong>Ben Vorster 29 (10)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Joshua van der Mescht, Christopher Janse van Vuuren, Tihandre Reyneke, Damian Bye. Doelskoppe: Shelton Primo (3). Strafdoel: Primo. <strong>Jeugland 26 (21)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Oregopotse Shilubane (2), Letlala Relebohile, Thando Ngomane. Doelskoppe: Sinennhlanhla Ndlovu (3).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Heidelberg Volkskool 89, Lichtenburg 0; Pietersburg 45, Secunda 0; Ben Vorster 29, Jeugland 17.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Heidelberg Volkskool 22, Lichtenburg 12; Pietersburg 19, Secunda 15; Ben Vorster 41, Jeugland 0.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Lichtenburg 26, Heidelberg Volkskool 5; Pietersburg 34, Secunda 0; Ben Vorster 41, Jeugland 0.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hendre Venter se naam sal nog lank by Ho\u00ebrskool Hugenote van Springs se eerste span spook. Die agsteman van Ho\u00ebrskool Wesvalia was die groot doring in die Hugies se vlees, met sy twee kuiers agter die doellyn wat uitgestaan het in die Wessies se wegholoorwinning van 36-7 oor Hugenote in Springs. Dit beteken voorts dat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":46863,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-46859","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46859","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=46859"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/46859\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=46859"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=46859"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=46859"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}