{"id":47534,"date":"2024-06-02T08:19:25","date_gmt":"2024-06-02T06:19:25","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=47534"},"modified":"2024-06-02T08:19:25","modified_gmt":"2024-06-02T06:19:25","slug":"jansies-en-klofies-behou-onoorwonne-status-in-sdc-noordvaal-cup-met-sussie-soen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=47534","title":{"rendered":"Jansies en Klofies behou onoorwonne status in SDC Noordvaal Cup met &#8220;sussie-soen&#8221;"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_47536\" aria-describedby=\"caption-attachment-47536\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-47536 hoverZoomLink\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/PSX_20240601_135836-400x311.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"311\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-47536\" class=\"wp-caption-text\">TINO MUNYURWA, regtervleuel van St John\u2019s College word in sy spore gestuit deur Pretoria Boys\u2019 High se kaptein en slot, Tshepiso Shikhibana (regs), en die plaasvervanger, Neo Matlaletsa (links). FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>BOKSBURG. \u2013 Daar is steeds twee onoorwonne spanne oor in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Die twee onoorwonne spanne, EG Jansen en Waterkloof, het Saterdag in Boksburg met 32-elk gelykop gespeel. Albei spanne het ook \u2018n bonusput vir vier drie\u00eb verdien.<\/p>\n<p>Die Jansies se vaskopstut, Duwan Potgieter, tel sonder twyfel onder die voorste skolespelers in sy posisie vanjaar. Hy het weer sy span van voor gelei en sy werksverrigting is sonder weerga.<\/p>\n<p>Buiten Potgieter het die slot Gerhard van Aswegen en die haker, Danr\u00e9 Pike, ook skitterende vertonings opgedis.<\/p>\n<p>Die Klofies het vroe\u00ebr vanjaar in Boksburg vir EG Jansen met 45-38 in die doodsnikke van hul NWU-reeks kragmeting verslaan.<\/p>\n<p>Waterkloof se binnesenter, Happy Makate, was op sy stukke, terwyl die agtsteman, Marko Kok, ook elke keer met die bal in die hand \u2018n hele paar verdedigers besig gehou het.<\/p>\n<p>Garsfontein het sy mojo terug en het 64 punte in die tweede helfte ingeryg om vir Ho\u00ebrskool Rustenburg met 74-12 af te ransel.<\/p>\n<p>Die Rusties het teen lemoentyd \u2018n voorsprong van 12-10 op Bere-park geniet. Watookal die Turkoois Bere se hooafrigter, Johan du Plessis, aan sy span ges\u00ea het, het gewerk.<\/p>\n<p>Die span se kaptein en binnesenter, Luann Olivier, begin al meer sy voete in die middelveld vind. Hoewel hy die Ligbloues vir \u2018n tweede agtereenvolgende jaar as flank op die Cravenweek sal verteenwoordig l\u00ea sy toekoms dalk in die middelveld.<\/p>\n<p>Voorlangs het die flank, Stefan Pretorius, asook die flank Thinus Oosthuizen ook uitmuntend vertoon.<\/p>\n<p>Helpmekaar-kollege het met \u2018n sege van 33-17 oor Noordheuwel in Krugersdorp getoon dat hulle ook nog aanspraakmakers in die reeks is.<\/p>\n<p>Die wenspan se vaskopstut, Ulrich van der Merwe, het met sy stormramlopies sy span deurgans op die voorvoet gehou. Indien hy sy vertonings op die Cravenweek later die maand voortsit sal hy \u2018n sterk aanspraakmakers op \u2018n SA Skole-trui wees.<\/p>\n<p>Agterlangs het die buitesenter, Ty Ax, \u2018n uitstekende wedstryd teen die hoog aangeskrewe Cheswill Jooste beleef. Jooste was verlede jaar een van die voorste heelagters op skolevlak in Suid-Afrika, maar kon nog nie dieselfde spelpeil in die middelveld herwin nie.<\/p>\n<p>Hopelik kan hy tydens die Cravenweek op heelagter weer uitsonderlike talent ten toon stel.<\/p>\n<p>Monument het in Alberton vir Marais Viljoen met 64-34 kaf gedraf. Die span van Krugersdorp se flank RJ Barnard het saam met die agtsteman, Vincent Roberts, voorlangs die pap dik aangemaak.<\/p>\n<p>Ernesto Oersen het op buitesenter ook gewys dat hy ook hier deur sy afrigter, Tjaart van der Walt, ingespan kan word indien nodig. Oersen, wat gewoonlik op vleuel uitdraf, se dartellopies is net so effektief in die middelveld.<\/p>\n<p>In die Kaap se suidelike voorstede het SACS met \u2018n naelskraapse sege van 30-29 oor Wynberg Boys\u2019 High sake goed deurmekaar gekrap. Die wenspan se heelagter, Jack Benad\u00e9, het met twee drie\u00eb ook vir oulaas tong vir die Westelike Provinsie se keurders uitgesteek.<\/p>\n<p>Rondebosch Boys\u2019 High het vir Bishops met 31-16 die loef afgesteek. Bishops het wel moedig vertoon en Rondebosch het teen rustyd \u2018n naelskraapse voorsprong van 12-11 geniet.<\/p>\n<p>In die SDC Noordvaal Cup se Groep 2 begin sake na die besigheidskant toe staan.<\/p>\n<p>Die titel as Puma-kampioen sal aan die Ho\u00ebrskool Ermelo of Lydenburg behoort. Die Erries het sy plek in die eindstryd met \u2018n sege van 25-13 oor Ferrum van Newcastle bespreek.<\/p>\n<p>In die ander halfeindstryd het Lydenburg vir Rob Ferreira met 34-27 verslaan.<\/p>\n<p>In Limpopo het Ellisras vir Frikkie Meyer van Thabazimbi in \u2018n titaniese stryd met 25-22 getroef. Albei di\u00e9 spanne gaan ook vanjaar sterk aanspraakmakers op die Noordvaal-titel wees.<\/p>\n<p>Die verdedigende kampioen, Midstream College, het in die Blou Bulle-liga vir Overkruin met 33-27 geklop.<\/p>\n<p>Al die uitslae:<\/p>\n<p><strong>Skolerugby-uitslae \u2013 1 Junie 2024 <\/strong><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>SDC NOORDVAAL CUP <\/strong><\/p>\n<p><strong>Groep 1 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> EG Jansen 32, Waterkloof 32; Helpmekaar 33, Noordheuwel 17; Garsfontein 74, Ho\u00ebrskool Rustenburg 12; Monument 64, Marais Viljoen 34.<\/p>\n<p><strong>Groep 2 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Blou Bulle:<\/strong> Midstream College 33, Overkruin 27; Centurion 32, Ho\u00ebrskool Tuine 20; Bergsig Akademie 25, Pretoria-Noord 22; Wonderboom 25, HTS John Vorster 22. <strong>Limpopo:<\/strong> Ellisras 25, Frikkie Meyer 22; Hans Strijdom 29, Nylstroom 17; Frans du Toit 33, HTS Tom Naud\u00e9 24. <strong>Pumas:<\/strong> Ermelo 25, Ferrum 13; Lydenburg 34, Rob Ferreira 27. <strong>Valke:<\/strong> Oosterlig 43, Ho\u00ebrskool Sasolburg 14; Brandwag (Benoni) 29, Leeuwenhof 19; Hans Moore 50, Driehoek 7.<\/p>\n<p><strong>Groep 3 \u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Limpopo:<\/strong> Piet Potgieter 31, Northern Academy 21; Louis Trichardt 38, Curro Heuwelkruin 7.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL <\/strong><\/p>\n<p>Durban High School 23, Michaelhouse 10; St Charles College 32, Glenwood 19; Kearsney College 48, Clifton 0; Maritzburg College 26, Hilton College 20; Northwood 30, Westville Boys\u2019 High 27.<\/p>\n<p><strong>NOORDVAAL <\/strong><\/p>\n<p>Pretoria Boys\u2019 High 36, St John\u2019s College 24; St Alban\u2019s College 42, St Benedict\u2019s College 7; Parktown Boys\u2019 High 24, St David\u2019s Marist 19; Cornwall Hill College 8, St Andrew\u2019s (Bloemfontein) 3; Warmbad 76, Stanford Lake College 16.<\/p>\n<p><strong>OOS-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Graeme College 31, Dale College 0; HTS Port Rex 21, Cambridge 15; \u00a0Mary Water 0, Kingswood College II 25.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Rondebosch Boys\u2019 High 31, Diocesan College 16; SACS 30, Wynberg Boys\u2019 High 29.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>BOKSBURG. \u2013 Daar is steeds twee onoorwonne spanne oor in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Die twee onoorwonne spanne, EG Jansen en Waterkloof, het Saterdag in Boksburg met 32-elk gelykop gespeel. Albei spanne het ook \u2018n bonusput vir vier drie\u00eb verdien. Die Jansies se vaskopstut, Duwan Potgieter, tel sonder twyfel onder die voorste skolespelers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47536,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-47534","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47534","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=47534"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/47534\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=47534"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=47534"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=47534"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}