{"id":48201,"date":"2024-06-07T11:30:40","date_gmt":"2024-06-07T09:30:40","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=48201"},"modified":"2024-06-07T11:30:40","modified_gmt":"2024-06-07T09:30:40","slug":"valke-vier-reg-vir-halfeind-aksie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=48201","title":{"rendered":"Valke-vier reg vir halfeind-aksie"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-48296\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/Hans-Moore-Rugby-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Wie gaan sake om vanjaar se Valke-kroon uitspook?<\/p>\n<p>Dit is die vraag wat Saterdag beantwoord sal word in die Valke-halfeindronde van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Afdeling 2.<\/p>\n<p>Die verdedigende kampioen, <strong>Ho\u00ebrskool Hans Moore<\/strong>, loods die aanslag om hul titel suksesvol te verdedig teen een van die ander gunstelinge en gashere op die dag, <strong>Ho\u00ebrskool Brandwag<\/strong> van Benoni.<\/p>\n<p>Di\u00e9 semi-finaal bied &#8216;n gulde geleentheid vir die tuisspan om die bordjies te verhang aangesien dieselfde twee spanne in verlede jaar se eindstryd ontmoet het, met Hans Moore wat, na &#8216;n behoorlike gestoei, naelskraaps met 18-17 koning gekraai het om as die ligakampioen gekroon te word.<\/p>\n<p>Vier van die Hansies se spelers staan &#8216;n kans om vir die tweede agtereenvolgende jaar na die eindstryd deur te dring. <strong>Warren Minnaar<\/strong> (vleuel),<strong> Stephan Kellerman<\/strong> (binnesenter), <strong>Jayden van Heerden<\/strong> (vaskopstut) en <strong>Keagen van Zyl<\/strong> (slot) het deel uitgemaak van die span wat in 2023 die knoop deurgehak het.<\/p>\n<p>Van Zyl, wat ook vanjaar die span aanvoer, is tot dusver sy span se groot uitblinker en ook opgeneem in die Valke se Akademieweekspan wat gedurende die skoolvakansie by Jeppe High School in aksie sal wees. Sy kragtige dryfspel plaas gereeld sy span op die voorvoet om &#8216;n stewige platform te l\u00ea vir die ervare Minnaar en Kellerman wat wag in die agterhoede.<\/p>\n<p>Minnaar het verlede jaar verwoesting vanaf heelagter gesaai, maar is na linkervleuel geskuif weens sy vermo\u00eb om haas onmoontlike kanse af te rond.<\/p>\n<p>&#8220;Na &#8216;n paar wedstryde vanjaar wat nie baie goed afgeloop het nie, wil ons graag die halfeindstryd gebruik om te wys dat ons wel &#8216;n span is waarvoor uitgekyk moet word,&#8221; het Hans Moore se hoofafrigter, Wikus Coetzer, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die tuisspan plaas hul hoop in die woelige duo van <strong>Theuns Goosen<\/strong> (oopkantflank) en <strong>Henry van Zyl<\/strong> (slot) om voorlangs die nodige vonk te verskaf. Goosen is uiters effektief by die afbreekpunte om omgekeerde balbesit te bewerkstellig, wat vir Brandwag in staat kan stel om teenaanvalle te loods deur middel van die gevaarman in die middelveld, <strong>Tyrese Baadjies<\/strong>.<\/p>\n<p>In die vroe\u00ebre semi-finaal, pak die nuweling en buiteperd,\u00a0<strong>Ho\u00ebrskool Oosterlig<\/strong>, vir<strong> Ho\u00ebrskool Sasolburg<\/strong> vir &#8216;n plek in die eindstryd. Nes die Hansies, het Oosterlig &#8216;n paar spelers van hul suksesvolle span van verlede jaar behou.<\/p>\n<p><strong>Tristan Else<\/strong>, die span van Boksburg se losskakel, trek vir die tweede agtereenvolgende jaar die toutjies agterlangs. Haker, <strong>Gunther Nel<\/strong>, sal ook in sy tweede halfeindstryd in aksie wees, en kan met sy gewoeker in die vastelos die lewe vir Sasolburg moeilik maak.<\/p>\n<p>Oosterlig sal nietemin op hul hoede moet wees vir die Sasolburgers se woelige skrumskakel, <strong>Meyer Pretorius<\/strong>. Pretorius se verbasende fisieke spel vir &#8216;n skrumskakel en uitmuntende skopwerk het menige opponent onkant betrap deur die loop van die seisoen.<\/p>\n<p>Aan sy buitekant skuil n\u00f3g gevaar in die vorm van buitesenter, <strong>Sinekhaya Rabebe<\/strong>, en die sneller, <strong>Themba Mbele<\/strong> op linkervleuel. Albei is gekies vir die Valke se Akademieweekspan.<\/p>\n<p>Die Sasolburgers se afrigtingsspan is positief dat hul span oor die nodige skietgoed beskik om die Boksburgers te troef.<\/p>\n<p>&#8220;As ons volgens ons sterkpunte speel en goed afrond staan ons &#8216;n kans om die eindstryd te haal, wat uitstekend vir Ho\u00ebrskool Sasolburg se rugby sal wees,&#8221; het Dewald le Roux, Sasolburg se breier, ges\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Brandwag van Benoni t. Ho\u00ebrskool Hans Moore om 15:20 in Benoni<\/strong><\/p>\n<p><strong>Brandwag (Benoni):\u00a0<\/strong>15 Stefan Horn, 14 Logan Turvey, 13 Tyrese Baadjies, 12 Tristan Fletcher, 11 Deacan Coetzer, 10 Jason Coetser, 9 Jayden Smith, 8 Hanre Heydenrych, 7 Ruan Nelson, 6 Theuns Goosen, 5 Henry van Zyl, 4 Jayden van Rooyen, 3 Divan Fourie, 2 Damian Minnaar, 1 Wian Riekert.<\/p>\n<p><strong>Hans Moore:<\/strong> 15 Vincent Labuschagne, 14 Wikus Rossouw, 13 Ruben van den Berg, 12 Stephan Kellerman, 11 Warren Minnaar, 10 Dian Britz, 9 CJ du Plessis, 8 Keagen van Zyl, 7 Slade Mowbray, 6 Divan Stander, 5 Timothy Henstock, 4 Marnus van der Walt, 3 Jayden van Heerden, 2 Reon Huysamen, 1 Vernon Lindeque.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Sasolburg t. Ho\u00ebrskool Oosterlig om 14:00 in Benoni<\/strong><\/p>\n<p><strong>Sasolburg:<\/strong> 15 Werner van Rooyen, 14 Byron Thompson, 13 Sinekhaya Radebe, 12 Sphiwe Mngomezulu, 11 Themba Mbele, 10 Keketso Rampai, 9 Meyer Pretorius, 8 Walter Manana, 7 Nathan Swanepoel, 6 Alex Roodman, 5 Mohale Nthontho, 4 Caleb Bezuidenhout, 3 Wiandre Singleton, 2 Wian Landsberg, 1 Kamohelo Ndweni.<\/p>\n<p><strong>Oosterlig:<\/strong> 15 Jaydon Bouwer, 14 Dean Jordaan, 13 Jo\u00ebl Jordaan, 12 Dylan Jordaan, 11 Joshua Booyens, 10 Tristan Els, 9 Neithan Botha, 8 Kevin Koen, 7 Juand\u00e9 Bekker, 6 Brandon Desmore, 5 Jeandr\u00e9 Naud\u00e9, 4 Gert Nel, 3 Calvin van Eeden, 2 Gunther Nel, 1 Tiaan Louw.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie gaan sake om vanjaar se Valke-kroon uitspook? Dit is die vraag wat Saterdag beantwoord sal word in die Valke-halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Afdeling 2. Die verdedigende kampioen, Ho\u00ebrskool Hans Moore, loods die aanslag om hul titel suksesvol te verdedig teen een van die ander gunstelinge en gashere op die dag, Ho\u00ebrskool [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":48296,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-48201","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48201","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=48201"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/48201\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=48201"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=48201"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=48201"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}