{"id":49074,"date":"2024-06-13T10:00:19","date_gmt":"2024-06-13T08:00:19","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=49074"},"modified":"2024-06-13T10:00:19","modified_gmt":"2024-06-13T08:00:19","slug":"randburg-behoort-sy-oorheersing-oor-linden-sedert-2017-voort-te-sit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=49074","title":{"rendered":"Randburg behoort sy oorheersing oor Linden sedert 2017 voort te sit"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-44646\" src=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Randburg-400x265.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"265\" \/><\/p>\n<p>Die Goudstad het sy vere reggeskud vir sy grootste Afrikaanse interskole-wedstryd.<\/p>\n<p>Dis weer daardie tyd van die jaar waar die <strong>Ho\u00ebrskool Randburg<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Linden<\/strong> mekaar die stryd aans\u00ea. Die twee skole se eerstespanne pak mekaar om 19:00 op Randburg se hoofveld.<\/p>\n<p>Al die kragmeting word regstreeks op <a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>SuperSport Schools<\/strong><\/a> (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>) uitgesaai.<\/p>\n<p>Albei skole het die afgelope paar jaar genoeg rede gehad om oor hul rugby te glimlag. Randburg het laas in 2016 teen Linden in die twee spanne se interskole die knie gebuig, terwyl Linden in 2023 sy tweede Springbok in <strong>Jean Kleyn<\/strong> opgelewer het.<\/p>\n<p>Kleyn wat voorheen ook internasionale rugby vir Ierland gespeel het, was &#8216;n lid van die Springbok-span wat as w\u00eareldkampioen verlede jaar in Frankryk gekroon is. Die skool se eerste Springbok was die heelagter, <strong>Thinus Delport<\/strong>. Boonop is nog &#8216;n oud-leerling, <strong>Morn\u00e9 van den Bergh<\/strong>, in die nuutste bok-groep van Rassie Erasmus ingesluit.<\/p>\n<p>Randburg sal vanjaar weer as die gunsteling op die veld draf. Die span word deur <strong>Francois Vosloo<\/strong> en <strong>Etienne Engelbrecht<\/strong> gebrei. Vosloo het voorheen in sy afrigtingsloopbaan ook vir Linden afgerig.<\/p>\n<p>Randburg het boonop &#8216;n Wiggett in sy geledere met <strong>Josh Wiggett<\/strong> wat op regtervleuel diens doen. Sy pa, <strong>Hennie Wiggett<\/strong>, was self &#8216;n blitsige rugbyspeler wat vir Transvaal se seniorspan uitgedraf het.<\/p>\n<p>Hennie was ook natuurlik &#8216;n staatmaker op buitesenter vir Randburg se span wat in 1990 as kampioen van die Direkteurstrofee gekroon is. Waarskynlik Randburg se beste span in die skool se geskiedenis. Randburg het destyds vir Lichtenburg met 14-6 in die eindstryd verslaan.<\/p>\n<p>Die uitvoerende hoof van ProVantage, <strong>Jacques du Preez<\/strong>, het op daardie dag ook &#8216;n sleutelrol vir Randburg vanaf die kant van die skrum vertolk. ProVantage sien om na die SDC Noordvaal Cup se kommersi\u00eble regte.<\/p>\n<p>Linden wat deur <strong>Martin Henning<\/strong> en <strong>Ruan Basson<\/strong> afgerig word is stadig maar seker weer besig om rugbyprogram rigting te gee.<\/p>\n<p>Die span het boonop &#8216;n <strong>Francois Steyn<\/strong> op losskakel so sake kan nie te sleg gaan nie. Steyn is ook sy span se kaptein.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Randburg:<\/strong> 15 Francois Groenewald, 14 Josh Wiggett, 13 Hendr\u00e9 Breet, 12 Zander Drake, 11 Charl le Roux, 10 Quinton Fillies, 9 Jayden Todd, 8 Duncan Beaven (kaptein), 7 Jean Venter, 6 Herman Goosen, 5 Willie Lindeque, 4 Tristan Nel, 3 Malan van Heerden, 2 Diedelof Fourie, 1 Gustav Vorster.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Linden:<\/strong> 15 Sandile Gumede, 14 Zander Fourie, 13 Etienne Fouch\u00e9, 12 Aidan Mans, 11 Jeandr\u00e9 M\u00fcller, 10 Francois Steyn (kaptein), 9 Ruan Erasmus, 8 Ayden Davel, 7 Keatin Carlse, 6 Dylan Fourie, 5 Lincoln Engelbrecht, 4 Eric Beyl, 3 Ryan Nel, 2 Zackie Crow, 1 Xander Oelofse.<\/p>\n<p><strong>Bepalings:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>19:00 | o.19A<br \/>\n17:30 | o.16A<br \/>\n16:20 | o.15A<br \/>\n15:10 | o.19B<br \/>\n14:00 | o.14A<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Goudstad het sy vere reggeskud vir sy grootste Afrikaanse interskole-wedstryd. Dis weer daardie tyd van die jaar waar die Ho\u00ebrskool Randburg en Ho\u00ebrskool Linden mekaar die stryd aans\u00ea. Die twee skole se eerstespanne pak mekaar om 19:00 op Randburg se hoofveld. Al die kragmeting word regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) uitgesaai. Albei skole het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":44646,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-49074","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/49074","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=49074"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/49074\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=49074"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=49074"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=49074"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}