{"id":50909,"date":"2024-06-23T12:15:00","date_gmt":"2024-06-23T10:15:00","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=50909"},"modified":"2024-06-23T12:15:00","modified_gmt":"2024-06-23T10:15:00","slug":"jong-streeptruie-kan-vir-cravenweek-rekord-sorg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=50909","title":{"rendered":"Jong Streeptruie kan vir Cravenweek-rekord sorg"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_50911\" aria-describedby=\"caption-attachment-50911\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-50911\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/06\/TL_2051262-400x293.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"293\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-50911\" class=\"wp-caption-text\">GEORGE, SOUTH AFRICA &#8211; JULY 03: Riley Norton of WP attempts to break through the tackle during the match between WP and SWD on day 1 of the SA Rugby U18 Craven Week at Outeniqua Park on July 03, 2023 in George, South Africa. (Photo by Shaun Roy\/Gallo Images)<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"font-weight: 400;\">KRUGERSDORP. \u2013 Die Westelike Provinsie se groep o.18-spelers staan vandeesweek op die rand om hul name in die Cravenweek se annale te verewig.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Indien die Streeptruie vanjaar weer as die nie-amptelike kampioen gekroon word, sal die unie na Saterdag se hoofwedstryd op die Ras van Rooyen-veld van die Ho\u00ebrskool Monument op 15 agtereenvolgende seges op die toernooi wees.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die vorige rekord behoort ook aan die WP toe sy spanne tussen 1970 en 1974 vir 14 agtereenvolgende wedstryde nie die knie gebuig het nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Bekende sportmanne soos Rob Louw, Peter Kirsten, Hennie Bekker, George Rautenbach en John Bonthuys tel onder die lede van die Streeptruie se spanne wat in die vroe\u00eb 70\u2019s oorheers het.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Vanjaar se span word gelei deur die veelsydige slot Riley Norton. Hy het verlede jaar homself by \u2018n unieke groep van 15 sportmanne aangesluit wat in rugby en krieket die SA Skole-span kon haal.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Norton, die seun van die voormalige WP-speler Chris Norton, was die eerste wat dit reeds in graad 11 kon vermag.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Streeptruie se laaste nederlaag was in 2017 in Johannesburg op die laaste dag van die toernooi teen die Vrystaat (33-54). Die span het daarna die laaste vier toernooie oorheers.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">WP kom Maandag in die hoofwedstryd van die eerste dag teen die Sharks te staan.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die gasheer, die Goue Leeus, is waarskynlik die span wat vanjaar oor die nodige grofgeskut beskik wat die Streeptruie se aanslag op di\u00e9 rekord kan stuit.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Hulle het egter \u2018n baie moeilike eerste kragmeting op dag twee van die toernooi teen sy buurman noord van die Jukskei-rivier, die Blou Bulle.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Leeus se sleutelspeler is sy losskakel, Vusi Moyo, wat met sy skopskoen en voorgevoel vir die spel \u2018n sterk aanspraakmaker op \u2018n plek in die SA Skole-span sal wees.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">In die agttal van die Leeus is boonop die langste speler op die toernooi in die slot Jacques Botha wat \u2018n volle 2.06m in sy sokkies staan. Botha laat boonop die skaal op 128kg kreun.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Vrystaat het self \u2018n tameletjie in sy eerste kragmeting van die toernooi. Hy kom teen die Griffons te staan. Die Blikore het in sy vorige wedstryd op die Cravenweek teen die Perses met 27-41 die knie gebuig.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Boonop kon die Vrystaat nog net een keer sedert die ontstaan van die toernooi in 1964 in vier kragmeting daarin slaag om die Noord-Vrystaters om te dop.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Dit was in 1988 toe die Vrystaat met toekomstige Springbokkke soos Ruben Kruger, Pieter M\u00fcller, Charl Marais, Naka Drotsk\u00e9 en Heinrich F\u00fcls met 35-0 die pyp gerook het.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Die bepalings: <\/strong><\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Dag 1 \u2013 09:30:<\/strong> Suidwestelike Distrikte t. Valke; <strong>11:00:<\/strong> Boland t. Luiperds; <strong>12:30:<\/strong> Oostelike Provinsie t. Grens; <strong>14:30:<\/strong> Westelike Provinsie t. Sharks.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\"><strong>Dag 2 \u2013 10:00:<\/strong> Griekwaland-Wes t. Westelike Provinsie XV-tal; <strong>11:30:<\/strong> Pumas t. Limpopo Blou Bulle; <strong>13:00:<\/strong>Vrystaat t. Griffons; <strong>14:30:<\/strong> Blou Bulle t. Goue Leeus.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KRUGERSDORP. \u2013 Die Westelike Provinsie se groep o.18-spelers staan vandeesweek op die rand om hul name in die Cravenweek se annale te verewig. Indien die Streeptruie vanjaar weer as die nie-amptelike kampioen gekroon word, sal die unie na Saterdag se hoofwedstryd op die Ras van Rooyen-veld van die Ho\u00ebrskool Monument op 15 agtereenvolgende seges op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":50911,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-50909","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/50909","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=50909"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/50909\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=50909"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=50909"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=50909"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}