{"id":52144,"date":"2024-07-12T13:02:17","date_gmt":"2024-07-12T11:02:17","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=52144"},"modified":"2024-07-12T13:02:17","modified_gmt":"2024-07-12T11:02:17","slug":"blou-tornado-hervat-beker-veldtog-teen-gevaarlike-helpies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=52144","title":{"rendered":"Blou Tornado hervat Beker-veldtog teen gevaarlike Helpies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_39593\" aria-describedby=\"caption-attachment-39593\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-39593\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/PSX_20240325_162416-400x344.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"344\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-39593\" class=\"wp-caption-text\">PHOTO: Frans Lombard\/Actionpix<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8216;n Sege vir die Klofies kan waarskynlik reeds &#8216;n plek in die uitspeelrondes verseker.<\/p>\n<p>Volg al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong><a href=\"https:\/\/bit.ly\/KlofiesvsHelpies2024\">(www.supersportschools.com)<\/a><\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> sal tuisveldvoordeel optimaal wil benut wanneer hy sy veldtog in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling Saterdag in Pretoria hervat. Die Klofies kom teen die gevaarlike besoekers van Johannesburg, <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong>, te staan.<\/p>\n<p>Die span van die ooste van Pretoria is steeds onoorwonne in vanjaar se kompetisie nadat hul kragmeting met die reeks se ander voorlopers, Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen, met 32-32 gelykop ge\u00ebindig het in Boksburg.<\/p>\n<p>Hoofbreier en skrumdokter, <strong>Cobus van Dyk<\/strong>, het slegs een verandering aan die suksesvolle span aangebring. Steelkantflank, <strong>Lendrey Janse van Vuuren<\/strong>, loop die stryd teen die Helpies mis met las van &#8216;n ligte besering, wat aan <strong>Dawid Prinsloo<\/strong> die geleentheid bied om die besoekers van Johannesburg, van die kant van die skrum, te terroriseer.<\/p>\n<p>Agterlangs wag daar vir die soveelste keer &#8216;n liplekker-stryd tussen die twee buitesenters, Helpies se <strong>Ty Ax<\/strong>, een van die groot uitblinkers vir die Goue Leeus by die Akademieweek, en die Blou Bulle se Cravenweeksenter, <strong>Riwan van Aswegen<\/strong>.<\/p>\n<p>Van Aswegen was nie heeltemal homself in Krugersdorp nie, en sal graag weer sy stempel in die Klofie-trui wil afdruk, met die gerustellende teenwoordigheid van <strong>Happy Makate<\/strong> aan sy binnekant.<\/p>\n<p>Daar hang nog &#8216;n vraagteken oor die beskikbaarheid van Helpies se slot en kaptein, <strong>JP Lombard<\/strong>, wat die Goue Leeus se laaste wedstryd in Krugersdorp misgeloop met &#8216;n besering, terwyl hul uitblinker op stut, <strong>Ulrich van der Merwe<\/strong>, ook vir &#8216;n onbepaalde tyd op die krukkelys is.<\/p>\n<p>&#8216;n Entjie verder af met die N1 sal <strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen<\/strong> se Arende hul stempel verder wil afdruk in di\u00e9 afdeling wanneer hulle weg met <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong>\u00a0kragte meet. Die wedstryd word regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>Kanaal 216<\/strong> uitgesaai.<\/p>\n<p>Die Jansies het van meet af vanjaar goeie ritme opgebou en behou, met losskakel, <strong>Matthew Bergman<\/strong>, wat selde nog &#8216;n voet verkeerd gesit het. Die Jansie-ondersteuners sal ook opgewonde wees om buitesenter, <strong>Juandre Jacobs<\/strong>, en hul kaptein en SA Skole A-stut, <strong>Duwan Potgieter<\/strong>, in aksie te sien.<\/p>\n<p>Die Parkies het &#8216;n punt om te bewys en brand om op hul tuisveld vir &#8216;n reuse opskudding te sorg. Dit sal egter slegs moontlik wees indien haker, <strong>Declan Pelser<\/strong>, en die res van die Parkie agttal, die oorhand kan kry. Dit sal geleenthede skep vir die heelagter, wat vandeesweek op linkervleuel diens doen,<strong> Divan Nel<\/strong>, om van agter met sy dartellopies aan te val. <strong>Ruben Fourie<\/strong> maak sy terugkeer op regtervleuel.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof t. Helpmekaar Kollege om 12:30 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof:<\/strong> 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Dawid Prinsloo, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege (moontlik):<\/strong> 15 Tiaan le Roux, 14 Delano Maritz, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Pieter Moller, 10 Michael Benzien, 9 Tristan van Niekerk, 8 Motlatsi Moloi, 7 Darius Haasbroek, 6 Zaiden Krige, 5 JP Lombaard, 4 Christiaan Tonkin, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Menlopark t. Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen om 12:20 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dr. EG Jansen:<\/strong> 15 Ntokozo Ngobese, 14 Jean-Dre Claasen, 13 Juandre Jacobs 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Marco Ventura, 5 Zandre Naude, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.<\/p>\n<p><strong>Menlopark<\/strong>: 15 Reinhardt Herbst, 14 Ruben Fourie, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Divan Nel, 10 Logan Botha, 9 Gustav Schaffner, 8 Rocco Myburg, 7 JN van Wyk, 6 Nathan du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Hein Schoeman, 3 Ruwan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Chrisjan Brits.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Sege vir die Klofies kan waarskynlik reeds &#8216;n plek in die uitspeelrondes verseker. Volg al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Ho\u00ebrskool Waterkloof sal tuisveldvoordeel optimaal wil benut wanneer hy sy veldtog in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling Saterdag in Pretoria hervat. Die Klofies kom teen die gevaarlike besoekers van Johannesburg, Helpmekaar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":39593,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-52144","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52144","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=52144"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52144\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=52144"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=52144"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=52144"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}