{"id":52147,"date":"2024-07-11T16:00:18","date_gmt":"2024-07-11T14:00:18","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=52147"},"modified":"2024-07-11T16:00:18","modified_gmt":"2024-07-11T14:00:18","slug":"akademieweek-sterre-nou-in-teenoorgestelde-hoeke-van-kryt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=52147","title":{"rendered":"Akademieweek-sterre nou in teenoorgestelde hoeke van kryt"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_45248\" aria-describedby=\"caption-attachment-45248\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-45248 size-medium hoverZoomLink\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/Noordheuwel-vs-Rustenburg-400x263.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"263\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-45248\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Esterhuizen<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die suksesvolle skakelpaar van die Goue Leeus se 2024 Akademieweek-span,\u00a0 <strong>Ignatius Jantjies<\/strong> en <strong>Recce Gerber<\/strong>, bevind hulle hierdie naweek in die teenoorgestelde hoeke van die kryt.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>)<\/strong><\/p>\n<p>Jantjies sal oudergewoonte posisie op skrumskakel vir <strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> se Blues inneem, terwyl Gerber vanaf losskakel die toutjies vir die span van Alberton, <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong>, sal trek wanneer di\u00e9 twee skole hul wedloop in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling na die vakansie voortsit.<\/p>\n<p>Die duo was grotendeels verantwoordelik vir die Leeus se sukses tydens vanjaar se Akademieweek en het albei goeie momentum opgebou wat hul individuele spelpeil betref. Dit was ver\u00e1l Gerber wat die skare se aandag getrek het met sy uitstekende spel agter &#8216;n goed afgerigte pak voorspelers en danksy Jantjies se flink diens.<\/p>\n<p>Gerber en Jantjies is nie die enigste twee wat nou, slegs &#8216;n paar weke later, mekaar die stryd aans\u00ea nie. Die breinstrust agter die Leeus se agtereenvolgende seges by die Akademieweek, Marais Viljoen se hoofafrigter, <strong>Ryno Luus<\/strong>, en <strong>Ian Joubert<\/strong>, die Blues se voorspelerafrigter, sal Saterdag mekaar strategies probeer uitoorl\u00ea vanaf die kantlyn.<\/p>\n<p>&#8220;Dit gaan lekker wees om die veld met Ian te deel, al sit ons in verskillende hoeke. Ons respekteer mekaar \u00e1l die pad&#8221;, het Luus oor die tweestryd met Joubert ges\u00ea.<\/p>\n<p>Luus sal hoop dat sy pak, onder leiding van die staatmakerslot, <strong>Bjorn Pieterse<\/strong>, voorlangs die oorhand kan bewerk om aan Gerber en die indrukwekkende binnesenter, <strong>Brandon Els<\/strong>, die nodige momentum te bied om die Norie-agterlyn onder druk te plaas. Dit is juis agterlangs waar die span van Alberton die Blues kan troef.<\/p>\n<p>Joubert en Noorheuwel se hoofbreier, <strong>Stephan Lourens<\/strong>, moes vandeesweek ietwat kopkrap na die beseringspook in Krugersdorp kom draai het.<\/p>\n<p>Die Blues se SA Skole-verteenwoordiger, <strong>Cheswill Jooste<\/strong>, sal die kragmeting weens harsingskudding misloop. Dit bied aan <strong>Ethan Smith<\/strong> &#8216;n geleentheid om te wys wat in hom steek wanneer hy die nr. 13-trui oor die kop trek.<\/p>\n<p><strong>Brad Brown<\/strong>, een van die Nories se kragtige baldraers, is ook nog buite aksie weens &#8216;n kniebesering en word deur die hardwerkende <strong>Juandre de Villiers<\/strong> op agtsteman vervang.<\/p>\n<p>In Nelspruit wag &#8216;n taamlike taak op die tuisspan, <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> se Rhinos, wanneer hulle hul Beker-veldtog teen <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> se Bere voortsit. Die span van Pretoria het in hul laaste twee wedstryde voor die vakansie met reuse tellings teen Ho\u00ebrskool Menlopark (90-14) en Ho\u00ebrskool Rustenburg (74-12) skoonskip gemaak.<\/p>\n<p>Die gesamentlike 164 punte wat die Pretorianers aangeteken het, het hul stewig terug in die wedloop geplaas vir &#8216;n uitspeelposisie in di\u00e9 afdeling.<\/p>\n<p>Die Rhinos sal die Bere se losskakel, <strong>Junade Pasensie<\/strong>, goed moet dophou, aangesien sy visie die Bere se giftige agterlyn, insluitende die SA Skole A-vleuel, <strong>Junaide Stuart<\/strong>, deurgaans op die voorvoet plaas. Voorlangs sal die oopkanflant, <strong>Stephan Pretorius<\/strong>, &#8216;n doring in die Nellies se vlees wees.<\/p>\n<p>Die tuisspan beskik egter self oor die nodige skietgoed om die Bere aan te vat. Buitesenter, wat vandeesweek na binnesenter skuif, <strong>Ian Wood<\/strong>, Linkervleuel, <strong>Tinyiko Shilubane<\/strong>, en skrumskakel, <strong>Liam Pringle<\/strong>, wat almal deel uitgemaak het van die Pumas se onoorwonne span by vanjaar se Cravenweek, wag op die Pretorianers. <strong>Ruben Greeff<\/strong> neem Wood se plek op buitesenter in.<\/p>\n<p><strong>Regardt Vermaak<\/strong> trek weer die nr. 2-trui oor die kop en behoort lippe af te lek vir sy tweestryd met Pretorius by die afbreekpunte. Vermaak was ook, saam met die duo in die agterlyn, deel van die suksesvolle Puma-span.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel t. Marais Viljoen om 13:10 in Krugersdorp<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noordheuwel:<\/strong> 15 Francois Venter, 14 Jeremo Luiters, 13 Ethan Smith, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Andy Maarman, 9 Ignatius Jantjies, 8 Juandre de Villiers, 7 Donovan Breedt, 6 Meyer Opperman, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Alex Greeff, 3 Ivhan Janse van Rensburg, 2 Clinton Agu, 1 Ruben Botes.<\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen:<\/strong> 15 Tyron Bouw, 14 Devin Raubenheimer, 13 Tiaan Joubert, 12 Brandon Els, 11 Ethan Weideman, 10 Recce Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 JD Labuschagne, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Nathan Bailey, 1 Clayton Gagiano.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit t. Ho\u00ebrskool Garsfontein om 13:20 in Nelspruit<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit (moontlik):<\/strong> 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Ian Wood, 11 Tinyiko Shilubane, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Prosper Chillione, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 Regardt Vermaak, 1 Lindani Ndlela.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein (moontlik):<\/strong> 15 Handre Maree, 14 Xian Erasmus, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Stuart, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 Stephan Pretorius, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die suksesvolle skakelpaar van die Goue Leeus se 2024 Akademieweek-span,\u00a0 Ignatius Jantjies en Recce Gerber, bevind hulle hierdie naweek in die teenoorgestelde hoeke van die kryt. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Jantjies sal oudergewoonte posisie op skrumskakel vir Ho\u00ebrskool Noordheuwel se Blues inneem, terwyl Gerber vanaf losskakel die toutjies vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":45248,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-52147","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52147","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=52147"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52147\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=52147"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=52147"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=52147"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}