{"id":52429,"date":"2024-07-10T21:00:11","date_gmt":"2024-07-10T19:00:11","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=52429"},"modified":"2024-07-10T21:00:11","modified_gmt":"2024-07-10T19:00:11","slug":"rassies-het-strawwe-stryd-wat-voorle-om-titel-as-kampioen-van-limpopo-te-behou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=52429","title":{"rendered":"Rassies het strawwe stryd wat voorl\u00ea om titel as kampioen van Limpopo te behou"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_52134\" aria-describedby=\"caption-attachment-52134\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-52134 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/DSC_6254-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-52134\" class=\"wp-caption-text\">FLIPPIE NIEMAN, haker van Ben Viljoen, probeer hier twee verdedigers van Frikkie Meyer vroe\u00ebr in die seisoen afskud. FOTO: Jean-Marie Heyns<\/figcaption><\/figure>\n<p>LEPHALALE. &#8211; Die tafel is gedek vir nog &#8216;n spannende eindstryd in die Bosveld wanneer die <strong>Ho\u00ebrskool Ellisras<\/strong> teen Ben Viljoen van Groblersdal in die eindstryd van Groep 2 van die Limpopo-liga hier te staan kom.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong><a href=\"https:\/\/bit.ly\/RassiesvsBenViljoen2024\">SuperSport Schools<\/a><\/strong> (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/RassiesvsBenViljoen2024\">www.supersportschools.com<\/a>).<\/p>\n<p>Die Rassies is die verdedigende kampioen van di\u00e9 Limpopo-liga na hy verlede jaar vir die eerste keer sedert 1997 daarin geslaag het om die kroon te dra.<\/p>\n<p>Daar is egter nie vanjaar veel te kies tussen die voorste drie spanne in di\u00e9 Limpopo-liga nie.<\/p>\n<p>Ellisras het regstreeks tot die eindstryd deurgedring deur sy ligaverpligtinge teen <strong>Frikkie Meyer<\/strong> van Thabazimbi met 25-22 onoorwonne af te sluit.<\/p>\n<p>Ben Viljoen het op sy beurt in die halfeindstryd die bordjies met 26-24 teen Frikkie Meyer verhang. Die span van Thabazimbi was met vroe\u00ebr in die twee spanne se ligawedstryd met 29-26 baas.<\/p>\n<p>Die Rassies het danksy &#8216;n drie in die doodsnikke van sy ligawedstryd teen Ben Viljoen in Groblersdal met 20-13 koning gekraai.<\/p>\n<p>Die Rassies moet wel met &#8216;n kortkop vandag as die vroe\u00eb gunsteling op hul tuisveld uitdraf. Vier van die Rassies het vanjaar die Limpopo Blou Bulle op die Cravenweek in Krugersdorp verteenwoordig.<\/p>\n<p>Die viertal is <strong>FJ Drotskie<\/strong> (buitesenter), <strong>Derik Besseling<\/strong> (flank), <strong>Boom Mfisa<\/strong> (vaskopstut) en <strong>Boela van Heerden<\/strong> (vaskopstut). Laasgenoemde sal nie in die eindstryd in aksie wees nie. Drotskie is saam met die linkervleuel, <strong>Ashley Monyelo<\/strong>, die enigste twee spelers van Ellisras wat verlede jaar ook in di\u00e9 eindstryd in aksie was.<\/p>\n<p>Ben Viljoen het self &#8216;n Cravenweek-speler in <strong>Mignon Stevens<\/strong> op heelagter in sy geledere. Stevens was een van die Limpopo Blou Bulle se staatmakers op die toernooi in Krugersdorp. Stevens sal met sy dartellopies sonder twyfel vir &#8216;n paar hoogtepunte in die eindstryd sorg.<\/p>\n<p>Die Rassies word deur <strong>Peter Schutte<\/strong> en <strong>Dandr\u00e9 Grobler<\/strong> afgerig. Grobler was ook verlede jaar deel van die afrigtingspan wat gesorg het dat &#8216;n trofee staanplek in Lephalale kry.<\/p>\n<p>Die vier voorste spanne van Limpopo sal vanjaar tot die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup deurdring. Frikkie Meyer weet reeds dat hy teen die Pumas se naaswenners, <strong>Ho\u00ebrskool Lydenburg<\/strong>, in sy eerste uitspeelwedstryd te staan sal kom.<\/p>\n<p>Die verloorder van di\u00e9 eindstryd van teen HTS John Vorster van Pretoria in die uitspeelrondes te staan kom. <strong>HTS John Vorster<\/strong> kom vandag in die Blou Bulle se eindstryd teen die verdedigende kampioen van die reeks, <strong>Midstream College<\/strong>, te staan.<\/p>\n<p><strong>Bergsig Akademie<\/strong> van Rustenburg dring egter as die Blou Bulle tweede gekeurde tot die streekkompetisie deur.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Ellisras:<\/strong> 15 Tenyeko Nkuna, 14 Garreth Mosima, 13 FJ Drotskie, 12 Rabadiba Lebo, 11 Ashley Monyelo, 10 Anzio Swartbooi, 9 Malose Moshupje, 8 Funi Simba, 7 Derik Besseling, 6 Bismark van Blerk, 5 Daniel Leahy, 4 Samuel Leahy, 3 Boom Mfisa, 2 Hanno Kay, 1 Rigby Hobarth.<\/p>\n<p><strong>Ben Viljoen:<\/strong> 15 Mignon Stevens, 14 Dylan Nieuwenhuys, 13 Clementino Bowers, 12 Mihlali Ntlebi, 11 Janik Brits, 10 Anvernio Adonis, 9 Joe Cloete, 8 Asheeq Bradford, 7 Jaco Botha, 6 Tiaan Scheepers, 5 Erich Labuschagne, 4 Henrico Hall, 3 Leuco Robinson, 2 Flippie Nieman, 1 JP Singleton.<\/p>\n<p><strong>Afskop:<\/strong> 11:45<\/p>\n<p><strong>Ander Eindstryde | Limpopo | Groep 2\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>08:00 &#8211; o.14 &#8211;<\/strong> Ellisras vs Ben Viljoen<br \/>\n<strong>09:15 &#8211; o.15 &#8211;<\/strong> Ellisras vs Hans Strijdom<br \/>\n<strong>10:30 &#8211; o.16 &#8211;<\/strong> Ellisras vs Ben Viljoen<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>LEPHALALE. &#8211; Die tafel is gedek vir nog &#8216;n spannende eindstryd in die Bosveld wanneer die Ho\u00ebrskool Ellisras teen Ben Viljoen van Groblersdal in die eindstryd van Groep 2 van die Limpopo-liga hier te staan kom. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com). Die Rassies is die verdedigende kampioen van di\u00e9 Limpopo-liga na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":52134,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-52429","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52429","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=52429"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52429\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=52429"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=52429"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=52429"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}