{"id":52539,"date":"2024-07-14T14:16:18","date_gmt":"2024-07-14T12:16:18","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=52539"},"modified":"2024-07-14T14:16:18","modified_gmt":"2024-07-14T12:16:18","slug":"ligbron-lag-laaste-in-die-moot-danksy-zwane-tweekuns","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=52539","title":{"rendered":"Ligbron lag laaste in die Moot danksy Zwane-tweekuns"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-52540\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Ligbron-Rugby-2-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/>Ligbron Akademie<\/strong> se busrit terug na Ermelo sou effens korter gevoel het nadat hy die laaste lag kon inkry in Pretoria.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/p>\n<p>Die Liggies het in &#8216;n drie\u00ebfees daarin geslaag om met &#8216;n telling van 50-41 as oorwinnaars uit die stryd te tree in hul kragmeting met <strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot <\/strong>in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-afdeling.<\/p>\n<p>Die besoekers se gevaarlike agterlyn was soos verwag die deurslaggewende faktor.<\/p>\n<p>Die snellers agterlangs het die tuisspan deurgaans laat bontstaan met flink voetwerk en hope vaart. Regtervleuel, <strong>Neo Zwane<\/strong>, was voor in die koor en het deurgebars vir &#8216;n indrukwekkende tweekuns.<\/p>\n<p>Cravenweek-heelagter, <strong>Anele Ngwenya<\/strong>, het sy reputasie gestand gedoen deur telkens ekstra spasie te skep vir Zwane en sy vleuelmaat,<strong> Bandile Thanjekwayo<\/strong>, met sy innoverende teenaanvalle.<\/p>\n<p>Die Oosies het egter die oorhand voorlangs geniet. Hul kragtige dryfmale en fisieke teenwoordigheid by die afbreekpunte, asook twee drie\u00eb deur agtsteman, <strong>Deon Badenhorst<\/strong>, het hulle in die wedloop gehou. Dit het geleentheid geskep vir <strong>Dewron Aford<\/strong>, die ligbloues en Blou Bulle se Cravenweek-senter, om sy vaardighede skitterend ten toon te stel met &#8216;n briljante driekuns.<\/p>\n<p>In Klerksdorp het <strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong> se onoorwonne segetog in die afdeling teen <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp <\/strong>tot &#8216;n einde gekom. Die tuisspan het die Rooi Bulle met 23-14 geskok.<\/p>\n<p>Klerksdorp-skrumskakel,<strong> Jarred van Staden<\/strong>, was uitstaande met sy taktiese skopwerk. Van Staden se akurate steekskoppies het die Middelburgers deurentyd laat omdraai en selfs tot twee van die tuisspan se drie\u00eb gelei. Agtsteman en kaptein, <strong>GJ Steenberg<\/strong>, was genadeloos op die aanval en het die besoekers se verdediging knaend op hul tone gehou.<\/p>\n<p>Die Rooi Bulle se slot, <strong>Janco Aucamp<\/strong>, verdien &#8216;n klop op die skouer vir sy vertoning. Aucamp het uitgetroon in die lynstane en vir die tuisspan talle hoofbrekens besorg op hul ingooi.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> het sy stempel as een van die groot aanspraakmakers op &#8216;n plek in die halfeindstryd afgedruk met n\u00f3g &#8216;n puik tuissege, di\u00e9 slag oor Kempton Park met &#8216;n telling van 40-7.<\/p>\n<p>Die tuisspan se regtervleuel, <strong>Kefilwe Phamotse<\/strong>, het met sy vaart en beweeglikheid die kanse aangegryp om twee keer agter die Kempies se doellyn te gaan kuier. Losskakel, <strong>Matthew Abbey<\/strong>, het weer die toutjies agterlangs behendig getrek om sy span op die voorvoet te plaas en ook vyf van sy span se ses drie\u00eb verdoel.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> het &#8216;n goeie vertoning opgedis om sy eweknie van Centurion, <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong>, naelskraaps met 15-14 te verslaan. Die Monties moes spook in die doodsnikke om die begeesterde Zwarries in toom te hou en slegs &#8216;n mislukte doelskop het die verskil beteken tussen die twee spanne.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie 50 (26)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Neo Zwane (2), Janco Claasen, Divan van Jaarsveld, Bandile Thanjekwayo, Siyanda Dennison, Anele Ngwenya. Doelskoppe: Renier van Staden (5), Divan van Jaarsveld. Strafdoel: Van Staden. <strong>Oos-Moot 41 (26)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Dewron Aford (3), Deon Bandenhorst (2), Drew Williams, Tapiwa Rwafa. Doelskoppe: Ruwan Allen (3).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 23 (11)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Liam Pretorius, Tiaan Koen, Winton Abrahams. Doelskop: Cohen Witbooi. Strafdoele: Cohen Witbooi, Deacon Loots. <strong>HTS Middelburg 14 (0)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Janco Aucamp, Gerry Gendall. Doelskoppe: Gendall (2).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 40 (26)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Kefilwe Phamotse (2), CW Hanekom, Khensani Bhutelezi, Lungelo Maseku, Eckardt Marx. Doelskoppe: Matthew Abbey (5). <strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park 7 (0)<\/strong> &#8211; Drie: Piet van der Heever. Doelskop: Tiaan Delport.<\/p>\n<p><strong>Montana 15 (12)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: JF Venter, Dieter Scheepers. Doelskop: Jacques Greyling. Strafdoel: Greyling. <strong>Zwartkop 14 (6)<\/strong> &#8211; Drie: Zulu Mona. Strafdoele: Luhardt Booyens (3).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:\u00a0<\/strong>Oos-Moot 21, Ligbron Akademie 17; HTS Middelburg 27, Ho\u00ebrskool Klerksdorp 17; Ho\u00ebrskool Kempton Park 50, Ho\u00ebrskool Middelburg 3.<\/p>\n<p><strong>o.15:\u00a0<\/strong>Oos-Moot 35, Ligbron Akademie 12; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 26, HTS Middelburg 7; Ho\u00ebrskool Middelburg 21, Ho\u00ebrskool Kempton Park 13.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Oos-Moot 20, Ligbron Akademie 13; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 20, HTS Middelburg 0; Ho\u00ebrskool Kempton Park 21, Ho\u00ebrskool Middelburg 5.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ligbron Akademie se busrit terug na Ermelo sou effens korter gevoel het nadat hy die laaste lag kon inkry in Pretoria. Herleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Liggies het in &#8216;n drie\u00ebfees daarin geslaag om met &#8216;n telling van 50-41 as oorwinnaars uit die stryd te tree in hul kragmeting [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":52540,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-52539","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52539","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=52539"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52539\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=52539"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=52539"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=52539"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}