{"id":52723,"date":"2024-07-18T19:07:00","date_gmt":"2024-07-18T17:07:00","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=52723"},"modified":"2024-07-18T19:07:00","modified_gmt":"2024-07-18T17:07:00","slug":"smeulende-limpopo-derby-vat-weer-vlam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=52723","title":{"rendered":"Smeulende Limpopo-derby vat weer vlam"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-52781\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Ben-Vorster-rugby-400x321.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"321\" \/>Limpopo se hoofstad skuif vir die eerste keer in drie jaar weer reg om gasheer te speel vir die tradisionele vyand van anderkant die berg.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>)<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> verwelkom <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong> se Buffels vir die eerste keer sedert 2021 in Polokwane, wanneer die twee spanne in die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Skild-afdeling ontmoet.<\/p>\n<p>Hulle het in 2022 laas kragte gemeet toe die Pietersburgers met een punt die oorhand (24-23) op die Buffels se tuisveld geniet het.<\/p>\n<p>Die Buffels se wipplankseisoen het onlangs &#8216;n opwaartse kurwe begin toon en die Tzaneeners spog na hul laaste twee uitstappies in die afdeling met twee seges, waarvan die indrukwekkendste verlede naweek toe die bloktruie ietwat verras het deur Ho\u00ebrskool Secunda in Secunda met 25-20 te klop.<\/p>\n<p>In teenstelling hiermee was die Pieties in albei hul vorige twee wedstryde in die kompetisie aan die verloorkant. Tradisioneel kan die derby tussen hierdie twee spanne egter enige kant toe gaan. Die Pieties sal ver\u00e1l &#8216;n oorwinning agter die blad wil kry, terwyl &#8216;n sege vir die Buffels kan beteken dat hulle na vierde op die afdeling se puntelys opskuif.<\/p>\n<p>Met die kragmetings in die verlede wat uiters fisiek was, beloof Saterdag se wedstryd om dieselfde op te lewer en vernaam die tweestryd tussen die agstemanne kan gerus fyn dopgehou word.<\/p>\n<p>Dit was die Buffels se kaptein, <strong>Ewald Kirstein<\/strong>, wat met sy fisiekheid die vuur onder die bloktruie se pak aangesteek het om die manne van Secunda ore aan te sit. Sy teenstander, <strong>Hardus Otto<\/strong>, geniet dit meer om met die bal te hardloop en kan uiters gevaarlik wees wanneer hy spasie gegun word.<\/p>\n<p>Agterlangs wag daar &#8216;n liplekker-stryd tussen die ervare buitesenters. Die Pieties se <strong>Hanno van Zyl<\/strong> het reeds twee jaar se Cravenweek-ervaring agter die rug en was ook vanjaar een van die provinsie se uitblinkers in Krugersdorp. Oorkant hom wag <strong>Tihandre Reyneke<\/strong>, wat vir die tweede jaar die Buffels se nr. 13-trui oor die kop trek.<\/p>\n<p>In Springs skop daar &#8216;n nuwe hoofstuk tussen Ho\u00ebrskool Hugenote van Springs en Heidelberg Volkskool af, nadat di\u00e9 twee skole besluit het om die ontmoeting &#8216;n jaarlikse instelling te maak.<\/p>\n<p>Die Hugies sal egter nie t\u00e9 veel fokus op enigiets anders as om &#8216;n oorwinning te verseker nie. Die span van Springs was tot onlangs nog een van die twee voorlopers in die afdeling, maar na twee opeenvolgende nederlae is hulle nou ietwat onder druk. Heidelberg Volkskool sal oorgehaal wees om hieruit munt te slaan.<\/p>\n<p>Die Volkies het reeds bewys dat hulle genadeloos is om die geringste swakpunte en ongedwonge foute uit te buit, en beskik oor die vermo\u00eb om van enige plek op die veld toe te slaan. Dit is juis hoekom breier, <strong>Louwtjie Dalhouzie<\/strong>, besluit het om vir <strong>Kevin Oormeyer<\/strong> van buitesenter na heelagter te skuif, met <strong>Marco Botha<\/strong> wat oorneem by Oormeyer in die middeveld.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> moet ligloop vir die gevaarlike <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong>, nadat die Liggies in hul vorige kragmeting met Hugenote uitstaande aanvallende rugby gespeel om met &#8216;n sege van 27-12 te spog. Hulle moet egter sonder staatmaker-loskakel, <strong>Albert Joubert<\/strong>, klaarkom, wat aan <strong>Luan Snyman<\/strong> die geleentheid bied om die toutjies agterlangs te trek.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg t. Ben Vorster om 12:20 in Polokwane<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg: <\/strong>15 Celliers van der Merwe, 14 Brydan Retief, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 Aj Loots, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Moster, 1 Floris Venter.<\/p>\n<p><strong>Ben Vorster<\/strong><strong>:<\/strong> 15 Potsho Selowa, 14 Migel Makhubipetsi, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damian Bye, 10 Nkateko Ngoveni, 9 Stiaan du Randt, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Chifu Banda, 5 Lourens Harmse, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Thabang Nkuna.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Hugenote (Springs) t. Heidelberg Volkskool om 12:30 in Springs<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs):<\/strong> 15 George Lucas, 14 Ruan van Biljon, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen, 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.<\/p>\n<p><strong>Heidelberg Volkskool:<\/strong> 15 Kevin Oormeyer, 14 Theuns van der Merwe, 13 Marco Botha, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Monro, 6 Pedrie Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Samukelo Mgwenya.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg t. Die Anker om 12:20 in Lichtenburg<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg:<\/strong> 15 Rea Motsusi, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Omphile Gaboutloeloe, 10 Luan Snyman, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.<\/p>\n<p><strong>Die Anker (moontlik): <\/strong>15 Paul Schutte, 14 Xavier Erasmus, 13 Sean Schoeman, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Branden Sauerman, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Zander Nell.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Limpopo se hoofstad skuif vir die eerste keer in drie jaar weer reg om gasheer te speel vir die tradisionele vyand van anderkant die berg. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Ho\u00ebrskool Pietersburg verwelkom Ho\u00ebrskool Ben Vorster se Buffels vir die eerste keer sedert 2021 in Polokwane, wanneer die twee spanne [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":52781,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-52723","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52723","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=52723"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52723\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=52723"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=52723"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=52723"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}