{"id":52731,"date":"2024-07-18T16:41:56","date_gmt":"2024-07-18T14:41:56","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=52731"},"modified":"2024-07-18T16:41:56","modified_gmt":"2024-07-18T14:41:56","slug":"nellies-rig-visier-op-nog-n-groot-noordvaal-kanon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=52731","title":{"rendered":"Nellies rig visier op nog &#8216;n groot Noordvaal-kanon"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_52773\" aria-describedby=\"caption-attachment-52773\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-52773\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/AV4I8968-400x285.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"285\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-52773\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8220;Ons is waar ons verlede week was, behalwe dat ons die intensiteit n\u00f3g gaan lig&#8221;<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(<a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">www.supersportschools.com<\/a>)\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Dit is die waarskuwing wat uit <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> se kamp kom in die aanloop tot sy stryd, in die <strong>SDC Noordvaal Cup se<\/strong> Beker-afdeling, teen <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> Saterdag in Mbombela.<\/p>\n<p>Dit is die Nellie Rhinos se tweede agtereenvolgende tuiswedstryd en dit behoort weer in hul guns te kan tel. Die Rhinos het verlede week gewys dat dit &#8216;n uitdagende taak is om hulle op hul tuisveld aan te durf, toe hulle vir Ho\u00ebrskool Garsfontein, teen verwagtinge in, vir die eerste keer sedert 2014 se eindstryd vir die Beeld-trofee, met 30-29 getroef het.<\/p>\n<p>Hoofbreier, <strong>Hennie Skorbinski<\/strong>, en die res van sy afrigtingspan het, soos verwag, besluit om die Wit Bulle van Krugersdorp met &#8216;n onveranderde span aan te pak.<\/p>\n<p>Die indrukwekkende <strong>Ian Wood<\/strong> voer weer die span vanaf binnesenter aan, terwyl losskakel, <strong>Theuns Meyer<\/strong>, waarskynlik oorloop van die selfvertroue na sy 15 punte in verlede naweek se kragmeting.<\/p>\n<p>Agsteman,<strong> Vaughn van Zyl<\/strong>, sal weer oorgehaal wees om, nes verlede naweek, sy tuisveld op horings te neem. Van Zyl lewer van sy beste rugby sedert hy vir die eerste keer vir die Pumas by vanjaar se Cravenweek uitgedraf het, en sy fisiekheid en vreeslose verdediging sal weer &#8216;n reuse faktor in Mbombela wees.<\/p>\n<p>Die tuisspan besef nietemin dat &#8216;n gewonde Monument &#8216;n perd van &#8216;n ander kleur is. Die Wit Bulle het verlede naweek hul rieme met 31-47 styfgeloop teen &#8216;n uitstekende Jeppe High School for Boys. Breier, <strong>Tjaart van der Walt<\/strong>, sou vandeesweek egter hard aan sy span se tekorkomings gewerk het.<\/p>\n<p>Dit was vernaam op die verdediging agterlangs waar die manne van die Wesrand gefaal het. In teenstelling daarmee was hulle uitstekend op die aanval en dis ver\u00e1l wanneer die veelsydige vleuel, <strong>Kealan Milton<\/strong>, die nodige spasie gegun word om sy flink voetwerk en groot vaart ten toon te stel, dat die Krugersdorpers giftig is.<\/p>\n<p>Met groot en sterk baldraers soos slot en kaptein, <strong>Jacques Botha<\/strong>, sal dit geensins as &#8216;n verrassing kom as die Monnas-agttal besluit om &#8216;n meer direkte roete op die aanval te volg nie. Botha het met sy barslopies keer op keer vir die Jeppe verdedigers laat spartel en hy sal hierdie week dieselfde wil tafel toe bring.<\/p>\n<p>In Alberton kruis <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> ook swaarde. Die wedstryd word regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong>, <strong>Kanaal 216<\/strong>, uitgesaai.<\/p>\n<p>Albei hierdie spanne is steeds op soek na &#8216;n eerste oorwinning in vanjaar se kompetisie en oorgehaal vir &#8216;n sege. Marais Viljoen het verlede naweek teen <strong>Ho\u00ebrskool Noorheuwel<\/strong>, in Krugersdorp, be\u00efndruk maar moes steeds met 24-31 die knie buig.<\/p>\n<p>Dit blyk asof albei spanne se leemtes in die tweede helfte l\u00ea. Altwee was heel seisoen deurgaans in die wedloop tydens die eerste 35 minute, maar kon na rustyd eenvoudig nie die nodige tempo handhaaf nie.<\/p>\n<p>Dit tel in die tuisspan se guns dat hulle relatief ongedeerd uit die kragmeting met die Nories gekom het. Slegs haker, <strong>Nathan Bailey<\/strong>, sal die wedstryd weens harsingskudding misloop. <strong>Liam Catlow<\/strong> sal hom waarskynlik in die voorry vervang.<\/p>\n<p>Die beseringspook het vir die soveelste keer vanjaar by die Pretorianers kom draai, met haker en staatmaker, <strong>Declan Pelser<\/strong>, wat vir &#8216;n onbepaalde tyd op die krukkelys is. Pelser het die veld met &#8216;n ontwrigte skouer in die kragmeting met Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen verlaat.<\/p>\n<p>Nes Bailey, sal die Cravenweek-senter, <strong>Leskin Samuels<\/strong>, ook hierdie week buite aksie wees weens &#8216;n hou teen die kop. <strong>Ruben Fourie<\/strong> skuif van regtervleuel na buitesenter om hom te vervang, terwyl <strong>Anwill Prins<\/strong> Fourie se plek op regtervleuel inneem.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit t. Ho\u00ebrskool Monument om 12:40 in Mbombela<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit:<\/strong> 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Ian Wood, 11 Tinyiko Shilubane, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Prosper Chillione, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 Regardt Vermaak, 1 Lindani Ndlela.<\/p>\n<p><strong>Monument (moontlik):<\/strong>\u00a015 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Justin Viljoen, 9 Hanno du Toit, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Luhan Swart, 4 Jacques Botha, 3 JC Oosthuizen, 2 Keenan Myners, 1 Wikus Meyer.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen t. Ho\u00ebrskool Menlopark om 12:30 in Alberton<\/strong><\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen:<\/strong> 15 Tyron Bouw, 14 Devin Raubenheimer, 13 Tiaan Joubert, 12 Brandon Els, 11 Ethan Weideman, 10 Recce Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 JD Labuschagne, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Laim Catlow, 1 Clayton Gagiano.<\/p>\n<p><strong>Menlopark<\/strong>: 15 Divan Nel, 14 Anwill Prins, 13 Ruben Fourie, 12 Wynand van Wyk, 11 Handre Joubert, 10 Logan Botha, 9 Phillipus de Bruyn, 8 Rocco Myburg, 7 JN van Wyk, 6 Nathan du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Hein Schoeman, 3 Ruwan van Aardt, 2 Huga Brand, 1 Mattheus Prinsloo.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Ons is waar ons verlede week was, behalwe dat ons die intensiteit n\u00f3g gaan lig&#8221; Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Dit is die waarskuwing wat uit Ho\u00ebrskool Nelspruit se kamp kom in die aanloop tot sy stryd, in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, teen Ho\u00ebrskool Monument Saterdag in Mbombela. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":52773,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-52731","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52731","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=52731"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52731\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=52731"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=52731"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=52731"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}