{"id":52735,"date":"2024-07-18T15:46:44","date_gmt":"2024-07-18T13:46:44","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=52735"},"modified":"2024-07-18T15:46:44","modified_gmt":"2024-07-18T13:46:44","slug":"kok-lose-kloof-wil-wit-bulle-tuis-plattrek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=52735","title":{"rendered":"Kok-lose Kloof wil Wit Bulle tuis plattrek"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_43705\" aria-describedby=\"caption-attachment-43705\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-43705\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/DSC_7660-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-43705\" class=\"wp-caption-text\">RUBEN PIENAAR, losskakel van Affies, duik hier oor vir een van sy span se drie\u00eb in hul sege van 43-21 oor Boishaai. FOTO: Marnus Prinsloo<\/figcaption><\/figure>\n<p>Alle paaie lei Saterdag na <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> waar die titel as Pretoria se beste eerste span beslis sal word.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/KlofiesvsAffies2024\"><strong>www.supersportschools.com<\/strong><\/a>)<\/p>\n<p>Die Klofies is vasberade om die Wit Bulle van die <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool<\/strong> Saterdagmiddag op hul tuisveld in die ooste van Pretoria die stryd aan te s\u00ea, al moet hulle sonder kookwater-agsteman, <strong>Marko Kok<\/strong>, klaarkom.<\/p>\n<p>Die tuisspan kon die Wit Bulle laas in 2017 met &#8216;n telling van 24-15 troef. Wat di\u00e9 sege n\u00f3g soeter gemaak het is die feit dat dit op Affies se tuisveld behaal was.<\/p>\n<p>&#8216;n Oorwinning vanjaar sal dus beteken dat die Blou Tornado &#8216;n wendroogte van sewe jaar kan be\u00ebindig.<\/p>\n<p>Voor dit het die Klofies in 2014 ook met 38-21 koning gekraai. Dit is vanjaar straks die span in blou se beste kans om w\u00e9\u00e9r hul Pretoriaanse eweknie te klop.<\/p>\n<p>Albei spanne beleef tot dusver vanjaar &#8216;n goeie seisoen, met die Klofies wat op grond van wenpersentasie die botoon geniet. Hulle het nog slegs een keer vanjaar hul rieme styfgeloop, met 24-47 teen die voorste eerste span in Suid Afrika, Paul Roos Gimnasium, tydens die jaarlikse NMI Toyota Noord\/Suid-toernooi.<\/p>\n<p>&#8220;Ons fokus op dit wat ons wil doen,&#8221; het Cobus van Dyk, die Klofies se afrigter ges\u00ea. &#8220;Die doel is om meer klinies te wees en minder foute te maak.<\/p>\n<p>&#8220;Affies is &#8216;n kwaliteitspan en ons weet wat ons van hulle te wagte kan wees. Ek dink die span wat dit die meeste wil h\u00ea op die dag sal se\u00ebvier.&#8221;<\/p>\n<figure id=\"attachment_46757\" aria-describedby=\"caption-attachment-46757\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignright\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-46757 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/05\/PSX_20240525_160917-400x302.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"302\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-46757\" class=\"wp-caption-text\">RONAN BASTIAANSE (met bal), heelagter van Waterkloof, trek hier \u2018n toon doellyn toe terwyl hy ook \u2018n duikslag van die Ho\u00ebrskool Rustenburg se losskakel, Jayden Meyer, probeer afweer. FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dit neem egter niks weg van die Wit Bulle, wat vanjaar weer teen ietwat strawwer kompitiese te staan moes kom, nie.<\/p>\n<p>Hul naelskraapse nederlae teen Paarl Gimnasium (19-20) en in die doodsnikke teen hul tradisionele aartsvyand van Bloemfontein, Grey Kollege (27-29), altwee in Pretoria, het gewys dat vanjaar se Affie-span oor meer as genoeg skietgoed beskik.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle se losskakel, <strong>Ruben Pienaar<\/strong>, is tot dusver uitstekend op dreef. Sy vermo\u00eb om die toutjies agterlangs te trek, asook sy bereidwilligheid om enige verdedigingslinie aan te vat, het &#8216;n groot aandeel gehad in sy span se sukses tot dusver.<\/p>\n<p>Dit help natuurlik dat hy &#8216;n ervare <strong>Janco Purchase<\/strong> aan sy buitekant het. Die SA Skole-binnesenter het vanjaar van krag tot krag gegaan en sy intimiderende lopies in die middeveld en akkurate aangeewerk hou &#8216;n daadwerklike bedreiging in vir die Klofies.<\/p>\n<p>Voorlangs kan &#8216;n titaniese stryd tussen die twee agttalle verwag word. Dit is immers hier waar meeste kenners voel &#8216;n kragmeting gewen of verloor word.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle se lostrio en spesifiek hul steelkantflank, <strong>Albert Smit<\/strong>, sal die Klofies behoorlik toets.<\/p>\n<p>Die tuisspan moet daarenteen sonder hul staatmaker op agtsteman, Marko Kok, die stryd aandurf. Kok se seisoen is kortgeknip nadat hy &#8216;n ernstige kniebesering teen Helpmekaar Kollege opgedoen het.<\/p>\n<p><strong>Dawid Prinsloo<\/strong>, wat in dieselfde wedstryd op steelkantflank in aksie was, vervang vir Kok op agsteman.<\/p>\n<p>Die goeie nuus vir die tuisspan is dat die hardwerkende steelkantflank, <strong>Lendrey Janse van Vuuren<\/strong>, sy terugkeer maak. Van Vuuren se tweestryd met Smit behoort verdere vet op die vuur te gooi.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof t. Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool om 13:30 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Waterkloof:<\/strong> 15 Llwelyn Steenberg, 14 Ronan Bastiaanse, 13 Malcolm George, 12 Riwan van Aswegen, 11 Jayden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Dawid Prinsloo, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.<\/p>\n<p><strong>Affies:<\/strong> 15 Ruben Groenewald, 14 Nicolaas Grobler, 13 Hendre Schoeman, 12 Janco Purchase, 11 Eagan Roux, 10 Ruben Pienaar, 9 Zirk Meyer, 8 Ruan Lippoldt, 7 Albert Smit, 6 Lohan Potgieter, 5 Christiaan de Wet, 4 Munting Hattingh, 3 Deon Botes, 2 Christiaan Potgieter, 1 Werner Vrey.<\/p>\n<p><strong>Skeidsregter:<\/strong> Reghardt O&#8217;Neill.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Alle paaie lei Saterdag na Ho\u00ebrskool Waterkloof waar die titel as Pretoria se beste eerste span beslis sal word. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Klofies is vasberade om die Wit Bulle van die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool Saterdagmiddag op hul tuisveld in die ooste van Pretoria die stryd aan te [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":43705,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-52735","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52735","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=52735"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/52735\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=52735"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=52735"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=52735"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}