{"id":53047,"date":"2024-07-20T19:34:04","date_gmt":"2024-07-20T17:34:04","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53047"},"modified":"2024-07-20T19:34:04","modified_gmt":"2024-07-20T17:34:04","slug":"jakarandastad-vir-nog-n-jaar-wit-rooi-en-groen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53047","title":{"rendered":"Jakarandastad vir n\u00f3g &#8216;n jaar wit, rooi en groen"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_53053\" aria-describedby=\"caption-attachment-53053\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-53053\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Affies-vs-Waterkloof-2-Riaan-de-Bruyn-400x257.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"257\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-53053\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Riaan de Bruyn<\/figcaption><\/figure>\n<p>PRETORIA &#8211; Die Wit Bulle dra vir n\u00f3g &#8216;n jaar die kroon as die beste eerste span in Pretoria.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/KlofiesvsAffies2024\"><strong>www.supersportschools.com<\/strong><\/a>)<\/p>\n<p>Die eerste span van die <strong>Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool<\/strong> het &#8216;n uitstekend afgeronde vertoning aanmekaargesit om <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> met 43-28 op die Klofies se tuisveld om te dop.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle se ervaring, wanneer dit by groot geleenthede kom, was duidelik sigbaar. Hulle het van meet af nie geskroom om die Blou Tornado onder groot druk te plaas nie.<\/p>\n<p>Die Affie-agterlyn se vermo\u00eb om die platform, wat deur &#8216;n goed geoliede pak geskep is, optimaal te benut het geleentheid gebied vir die indrukwekkende linkervleuel, <strong>Eagan Roux<\/strong>, om vroeg-vroeg agter die tuisspan se doellyn te gaan kuier.<\/p>\n<p>Dit het die Klofies reeds laat steier en vandaar het die Wit Bulle eenvoudig die tempo aanhou lig om die tuisspan vir die grootste gedeelte van die eerste helfte onder meedo\u00ebnlose druk te plaas.<\/p>\n<p>Die Affie-pak was uitmuntend en het met hul kragtige dryfmale by twee geleenthede die Klofies se doellyn oorgesteek. Die skote het ook voorlangs geklap wat verdediging betref.<\/p>\n<p>Klofies se steelkantflank, <strong>Lendrey Janse van Vuuren<\/strong>, het, met sy terugkeer na &#8216;n besering, weer hand opgesteek met sy lakwerk, en sy lyf deurentyd op die spel geplaas.<\/p>\n<p>Affies se Cravenweek-agsteman, <strong>Ruan Lippold<\/strong>, was &#8216;n doring in die tuisspan se vlees en het, saam met flank, <strong>Albert Smit<\/strong>, hul Pretoriaanse eweknie\u00eb deurgaans met sterk barslopies, getoets. Die duo se ho\u00eb werkverrigting van die bal af het ook telkens die momentum in die guns van die besoekers geswaai.<\/p>\n<p>Die Klofies het meer ritme in die tweede helfte begin vind danksy binnesenter, <strong>Happy Makate<\/strong>, wat die lewe moeilik gemaak het vir die besoekers se agterlyn. Makate, wat heel seisoen reeds &#8216;n uitblinker op sowel die aanval as die verdediging was, het sy beste vertoning van die jaar gelewer en met sy rotsvaste verdediging die SA Skole-binnesenter en Affie-kaptein, <strong>Janco Purchase<\/strong>, goed in toom gehou.<\/p>\n<p>Makate was nie Klofies se enigste uitblinker op die aanval nie. Haker, <strong>Ruan Jacobs<\/strong>, het nes Makate, heel moontlik sy beste 70 minute vanjaar beleef. Jacobs was prominent met die bal in hand en naby die doellyn haas onkeerbaar. Dit het aan hom &#8216;n gedenkwaardige tweekuns besorg.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle was op die einde van die dag egter n\u00e9t te klinies en het hul kanse beter benut om die sege, en die Klofies se tweede nederlaag in 2024, te verseker.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Affies 43 (22)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Nicolaas Grobler (2), Eagan Roux, Luan Potgieter, Albert Smit, Theuns Maritz, Strafdrie. Doelskoppe: Ruben Pienaar (3). <strong>Waterkloof 28 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Ruan Jacobs (2), Juan Gouws, Ronan Bastiaanse. Doelskoppe: Bastiaanse (4)<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Affies 38, Waterkloof 21.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Affies 64, Waterkloof 13.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Affies 26, Waterkloof 10.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRETORIA &#8211; Die Wit Bulle dra vir n\u00f3g &#8216;n jaar die kroon as die beste eerste span in Pretoria. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die eerste span van die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool het &#8216;n uitstekend afgeronde vertoning aanmekaargesit om Ho\u00ebrskool Waterkloof met 43-28 op die Klofies se tuisveld om te dop. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":53053,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53047","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53047","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53047"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53047\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53047"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53047"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53047"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}