{"id":53089,"date":"2024-07-21T08:50:54","date_gmt":"2024-07-21T06:50:54","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53089"},"modified":"2024-07-21T08:50:54","modified_gmt":"2024-07-21T06:50:54","slug":"snyers-skop-rusties-tot-sege-oor-helpies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53089","title":{"rendered":"Snyers sool Rusties tot sege oor Helpies"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_53103\" aria-describedby=\"caption-attachment-53103\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-53103\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Rustenburg-vs-Helpmekaar-Anton-de-Villiers-400x273.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"273\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-53103\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Anton de Villiers<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> besef terde\u00eb na Saterdag dat Rustenburg nie &#8216;n maklike plek is om &#8216;n oorwinning te behaal nie.<\/p>\n<p>Herleef die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; (<a href=\"https:\/\/bit.ly\/RustiesvsHelpies2024\"><strong>www.supersportschools.com<\/strong><\/a>)<\/p>\n<p><strong>Lorenzo Snyers<\/strong>, <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> se Cravenweek-heelagter, het met sy akkurate korrelwerk pale toe 16 waardevolle punte aangeteken wat die tuisspan gehelp het om met 31-19 oor die Helpies koning te kraai.<\/p>\n<p>Die drie\u00eb-telling was 3-3, met Snyers se twee doelskoppe en vier strafdoele wat die groot verskil gemaak het.<\/p>\n<p>Snyers was boonop nie slegs uitmuntend vanaf die skopkegel nie, maar het ook deurgaans kopsere vir die besoekers van Johannesburg met sy venynige teenaanvalle besorg. Sy visie, vaart en aanvoeling vir die spel het gelei tot twee belangrike drie\u00eb vir Rustenburg.<\/p>\n<p>Buitesenter,<strong> John-R\u00e9 Jefthas<\/strong>, was ook genadeloos om munt te slaan uit enige tekortkominge in die Helpie-verdediging en het een van sy span se vyfpunters aangeteken.<\/p>\n<p>Voorlangs het die agttalle mekaar opgedreun in &#8216;n uiters fisieke 70 minute. Rusties se slot en kaptein,<strong> Pedrie Human<\/strong>, het van voor gelei met &#8216;n energieke vertoning in die vastelos, terwyl sy Helpies-eweknie, <strong>JP Lombard<\/strong>, voortgebou het op die goeie momentum teen Ho\u00ebrskool Waterkloof in die vorige ronde. Lombard was ver\u00e1l weer prominent met die bal in die hand en het enduit probeer om die momentum in die guns van sy span te swaai.<\/p>\n<p>Helpmekaar se afrigtingspan sou egter wou gehad het dat die agterlyn &#8216;n rapsie meer balbesit kon kry, aangesien dit agterlangs was waar die besoekers se sterkpunte gel\u00ea het. Buitesenter, <strong>Ty Ax<\/strong>, en linkervleuel, <strong>Pieter Moller<\/strong>, het dikwels vir die Rusties laat bontstaan met hul dartellopies en is elk met &#8216;n kuier agter die doellyn beloon.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> se Bere het tuisveldvoordeel ten volle benut om terug te keer na die wenpad. Die Bere moes nietemin sweet om<strong> Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> se Blues uiteindelik met 44-37 te tem.<\/p>\n<p>Die Blues se losskakel, <strong>Jeandre Uithaler<\/strong>, het beslis sy skopskoen ingepak om met twee doelskoppe en nie minder nie as ses strafdoele te slaag, en 22 van sy span 37 punte aan te teken. Dit was ook die hoofrede vir die Blues se voorsprong van 19-13 teen rustyd.<\/p>\n<p>Die tuisspan het egter in die tweede 35 minute hul agterlyn aan die gang gekry vir losskakel, <strong>Junade Pasensie<\/strong>, en buitesenter,<strong> Ruan Enslin<\/strong>, om spasie te begin vind en uit te buit. Hulle het elkeen &#8216;n tweekuns behaal, met Enslin se tweede drie wat die laaste spyker in die doodskis was om &#8216;n kritieke sege vir die tuisspan te verseker.<\/p>\n<p>Voorlangs het die Bere vir hul SA Skole-slot, <strong>James Schnetler<\/strong>, terugverwelkom, en hy het &#8216;n reuse verskil voorlangs gemaak met sy vurige dryfspel wat die tuisspan deurentyd op die voorvoet geplaas het.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 31 (8)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Xavier Steenkamp, John-R\u00e9 Jefthas, Jaden Meyer. Doelskoppe: Lorenzo Snyers (2). Strafdoele: Snyers (4). <strong>Helpmekaar Kollege 19 (5)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Eugene de Lange, Pieter Muller, Ty Ax. Doelskoppe: Michael Benzien (2).<\/p>\n<p><strong>Garsfontein 44 (13)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Junade Pasensie (2), Ruan Enslin (2), Aiden King, Luan van der berg, JP Pieterse. Doelskoppe: Handr\u00e9 Maree (2). Strafdoel: Maree. <strong>Noordheuwel 37 (19)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Lindsay Jansen (2), Ignatius Jantjies. Doelskoppe: Jeandre Uithaler (2). Strafdoele: Uithaler (6).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Helpmekaar Kollege 38, Ho\u00ebrskool Rustenburg 12; Garsfontein 30, Noordheuwel 27.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Ho\u00ebrskool Rustenburg 11, Helpmekaar Kollege 8; Noordheuwel 21, Garsfontein 0.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Helpmekaar Kollege 25, Ho\u00ebrskool Rustenburg 20; Noordheuwel 24, Garsfontein 22.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Helpmekaar Kollege besef terde\u00eb na Saterdag dat Rustenburg nie &#8216;n maklike plek is om &#8216;n oorwinning te behaal nie. Herleef die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Lorenzo Snyers, Ho\u00ebrskool Rustenburg se Cravenweek-heelagter, het met sy akkurate korrelwerk pale toe 16 waardevolle punte aangeteken wat die tuisspan gehelp het om met 31-19 oor die Helpies [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":53105,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53089","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53089","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53089"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53089\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53089"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53089"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53089"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}