{"id":53369,"date":"2024-07-26T09:27:39","date_gmt":"2024-07-26T07:27:39","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53369"},"modified":"2024-07-26T09:27:39","modified_gmt":"2024-07-26T07:27:39","slug":"kookwater-klerksdorp-oorgehaal-om-halfeind-te-haal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53369","title":{"rendered":"Kookwater Klerksdorp oorgehaal om halfeind te haal"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_53507\" aria-describedby=\"caption-attachment-53507\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-53507\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Klerksdorp-vs-Zwartkop-Marius-Nortje-400x234.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"234\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-53507\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8216;n Sege in die Moot sal <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> se kanse om die halfeindstryd van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-afdeling te haal &#8216;n beduidende hupstoot gee.<\/p>\n<p>Beleef al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die span van Klerksdorp kruis Saterdagmiddag swaarde met <strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot<\/strong> in hul agterplaas, met &#8216;n sege vir die besoekers wat vir hulle &#8216;n plek in die halfeindstryd kan verseker.<\/p>\n<p>Vir die Oosies is dit ook steeds moontlik, maar hulle sal \u00e1l drie hul oorblywende rondomtalie-wedstryde moet wen.<\/p>\n<p>Die Klerksdorpers is netjies op dreef, ver\u00e1l na die skoolvakansie. Hulle het onlangs twee reuse tuisseges oor Ho\u00ebr Tegniese Skool (23-14) en Ligbron Akdemie (38-31) behaal, maar die Noordvaal-kompetisie het gewys dat dit uiters moeilik is om wegwedstryde te wen, dus bied die Oosies &#8216;n groot uitdaging vir die span van Noordwes.<\/p>\n<p>Oos-Moot moes weens die beseringspook &#8216;n aantal veranderinge aan die span, wat teen Ligbron Akademie (41-50) vasgeval het, maak. Losskakel, <strong>Ruwan Allen<\/strong>, skuif na heelagter met die nr. 10-trui wat aan die gevaarlike <strong>Dewron Aford<\/strong> oorgegee word.<\/p>\n<p>Die Oosies se breier het ook besluit op &#8216;n groter pak vir Saterdag se stryd, met haker <strong>Brydon Jordaan<\/strong> wat kans kry in die voorry met sy fisieke teenwoordigheid en ho\u00eb werkverrigting.<\/p>\n<p>Klerksdorp behou die volsterkte span wat oor die afgelope paar rondes sukses behaal het. Agsteman en kaptein, <strong>GJ Steenberg<\/strong>, het regdeur die seisoen van voor gelei en ook &#8216;n susksesvolle Cravenweek in Krugersdorp geniet.<\/p>\n<p>Heelagter, <strong>Winton Abrahams<\/strong>, moet ook fyn dopgehou word, aangesien sy vaart en dartellopies heelwat kopsere vir die tuisspan kan besorg. Losskakel, <strong>Cohan Witbooi<\/strong>, se stewel is ook iets waarvoor die Oosies moet ligloop.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie<\/strong> het self &#8216;n belangrike wedstryd wat op hom wag wanneer hy <strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong> se Rooi Bulle in Ermelo verwelkom. Die Liggies is slegs een punt agter die Klerksdorpers op die puntelys en &#8216;n goeie sege op tuisbodem kan hulle weer stewig in die wedloop plaas.<\/p>\n<p>Die Liggies het egter &#8216;n wisselvallige seisoen beleef. Hul vertoning in die eerste helfte van die seisoen teen die einste Klerksdorp was buite karakter en afrigter, <strong>Herman Schlebusch<\/strong>, sal hoop vir meer konsekwentheid hierdie slag.<\/p>\n<p>Hulle betree wel die stryd sonder enige beserings, wat beteken dat die gevaarmanne, <strong>Anele Ngwenya<\/strong> (heelagter) en <strong>Bandile Thanjekwayo <\/strong>(linkervleuel), weer in aksie is.<\/p>\n<p>Die Rooi Bulle het slegs een verandering aangebring aan die span wat vir Ho\u00ebrskool Kempton Park met 42-12 omgedop het. Staatmaker, <strong>Jaque Stassen<\/strong>, maak sy terugkeer nadat hy teen die Kempies, van die reserwebank af gespeel het, maar w\u00e9l op regtervleuel in plaas van heelagter, met <strong>WJ Enslin <\/strong>wat, nes verlede week, in die nr. 15-trui uitdraf.<\/p>\n<p>Die voorloper in vanjaar se reeks, <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong>, wil sy greep op die kompetisie verder versterk. Die span van Vanderbijlpark verwelkom die gewonde Ho\u00ebrskool Zwartkop in hul agterplaas, nadat hulle verlede naweek hul veldtog met &#8216;n kragtige vertoning teen <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> (45-24) hervat het.<\/p>\n<p>Die terugkeer van vaskopstut, <strong>Stiaan Breedt<\/strong>, met sy stewige skrumwerk en fisieke teenwoordigheid in die vastelos, versterk die Valia-pak en dus kan die Zwarries &#8216;n klipharde stryd voorlangs verwag.<\/p>\n<p>Vir <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> raak die pad vorentoe nie makliker nie met <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> wat in Pretoria besoek afl\u00e9.<\/p>\n<p>Die Middelburgers is, nes Transvalia, mooi op dreef en sal nie maklik gestuit word nie. Die Monties sal hul keer ver\u00e1l moet ken wanneer regtervleuel, <strong>Kefilwe Photmse<\/strong>, aan die buitekant geleentheid gebied word om aan te val, aangesien hy oor hope vaart en flink voetwerk beskik.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot t. Ho\u00ebrskool Klerksdorp on 12:30 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Oos-Moot:<\/strong> 15 Ruwan Allen, 14 Nick Venter, 13 Ivan van Wyk, 12 Jeandre Venter, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Clayton de Bruyn, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Brydon Jordaan, 1 Mike Notnagel.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp:<\/strong> 15 Winton Abrahams, 14 Tyron Masasngo, 13 Asif Sumara, 12 Diwan Labuschagne, 11 Louis Vorster, 10 Cohan Witbooi, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Bokamoso Mabeleng, 6 Tiaan Koen, 5 Heinrich Hovener, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Liam Pretorius, 2 Janu du Wet, 1 De Wet le Roux.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie t. Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg om 12:00 in Ermelo<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie:<\/strong> 15 Anele Ngwenya, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Jaco van Wyk, 4 Thamisanqa Lamula, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nhlapo.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg:<\/strong> 15 Jaque Stassen, 14 WJ Enslin, 13 Luhan Graaf, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Gerry Gendall, 9 Ruben Erasmus, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 Dirk du Plooy.<\/p>\n<p><strong>Transvalia t. Zwartkop om 13:45 in Vanderbijl Park<\/strong><\/p>\n<p><strong>Transvalia:<\/strong> 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Vincent Brits, 3 Arne Botes, 2 Jayden McPearson, 1 Dylan Booth.<\/p>\n<p><strong>Zwartkop:<\/strong> 15 Justin Julies, 14 Milton Naude, 13 Kyle Blinaut, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Cj Barnard, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Bradley Cronje, 4 Ettiene van Niekerk, 3 Brogan Ackerman, 2 Migael Kindeque, 1 Julian Lubbe.<\/p>\n<p><strong>Montana t. Ho\u00ebrskool Middelburg om 12:35 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Montana:<\/strong> 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Dirk Coetzee, 10 Leon Deysel, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Brokhorst, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg:<\/strong> 15 Andile Mahlangu, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Sihle Mkhatshwa, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Jabu Mathebule, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompsom, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Sege in die Moot sal Ho\u00ebrskool Klerksdorp se kanse om die halfeindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling te haal &#8216;n beduidende hupstoot gee. Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die span van Klerksdorp kruis Saterdagmiddag swaarde met Ho\u00ebrskool Oos-Moot in hul agterplaas, met &#8216;n sege vir die besoekers [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":53508,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53369","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53369","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53369"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53369\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/53508"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53369"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53369"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53369"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}