{"id":53372,"date":"2024-07-25T11:28:20","date_gmt":"2024-07-25T09:28:20","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53372"},"modified":"2024-07-25T11:28:20","modified_gmt":"2024-07-25T09:28:20","slug":"liggies-sover-onbreekbaar-op-sy-tuisveld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53372","title":{"rendered":"Liggies n\u00f3g onoorwonne in hul agterplaas"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-53409\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Hoerskool-Lichtenburg-rugby-400x255.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"255\" \/>&#8220;Lichtenburg is &#8216;n uitstekende span, goed afgerig en het heelwat momentum&#8221;<\/p>\n<p>Beleef al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(<a href=\"https:\/\/bit.ly\/LiggiesvsSecunda2024\">www.supersportschools.com<\/a>)\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>So het <strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> se afrigter, JJ Hennop, vandeesweek sy span se uitdaging, wanneer hulle Saterdag kragte meet met <strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg<\/strong>, beskryf.<\/p>\n<p>Dit beloof inderdaad om &#8216;n taai stryd vir die besoekers van Mpumalanga af te gee. Die Liggies is boonop nog onoorwonne op hul tuisveld, het beslis goeie momentum opgebou met seges in die vorige twee rondes van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Skild-afdeling en sal moeilik gestuit word.<\/p>\n<p>Die tuisspan het n\u00e1 verlede naweek se oorwinning oor Ho\u00ebrskool Die Anker (37-26) die voortou geneem op di\u00e9 afdeling se puntelys.<\/p>\n<p>&#8220;Ons sien hierdie as &#8216;n laaste hekkie voor ons &#8216;n afnaweek het en dan op die pad sal wees vir twee agtereenvolgende wedstryde daarna,&#8221; het die Liggies se breier, <strong>Michael Bondesio<\/strong>, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die skote behoort voorlangs te klap, met die Lichtenburgers se agttal wat sover die grootste rede vir hul sukses was. Dit is vernaam vaskopstut,<strong> JJ Jonker<\/strong>, wat die vuur onder die grootmanne kan aansteek, terwyl hy ook geen vreemdeling vir die opposisie-doellyn is nie.<\/p>\n<p>Hul ervare agsteman, <strong>Abrie Coetzee<\/strong>, is mooi op dreef en behoort met sy fisieke teenwoordigheid en ho\u00eb werkverrigting saam met Jonker, en sy barslopies, die span in blou op die voorvoet te plaas.<\/p>\n<p>Die manne van Mpumalanga het &#8216;n taamlike taak wat voorl\u00ea indien hulle hoop om &#8216;n plek in die uitspeelrondes los te speel. Hulle het voor hul loslootjie verlede naweek hul rieme met 20-25 teen Ho\u00ebrskool Ben Vorster in Secunda styfgeloop en dus is hul oorblywende drie wedstryde kritiek.<\/p>\n<p>Agtsteman en kaptein, <strong>Bakkies Bezuidenhout<\/strong>, een van Secunda se staatmakers met die bal in hand, sal alles in die stryd werp om vir Coetzee en Kie te probeer tem en aanvalsgeleenthede te skep vir buitesenter, <strong>Ryan Erasmus<\/strong>, en die res van die besoekers se gevaarlike agterlyn.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> is oorgehaal om sy Skild-veldtog op tuisbodem te hervat wanneer hy vir <strong>Ho\u00ebrskool Ben Vorster<\/strong> in Klerksdorp verwelkom. Die Buffels het onlangs netjiese momentum\u00a0 begin bou en spog met drie opeenvolgende seges, waarvan twee weg van die huis was.<\/p>\n<p>Hulle sal weer heelwat staatmaak op die stewel van buitesenter, <strong>Tihandre Reyneke<\/strong>, wat die Buffels se sege van 24-23 in Pieterburg in die vorige ronde met sy skopskoen beklink het.<\/p>\n<p>Die tuisspan betree die stryd met &#8216;n volsterkte span. Hul puntemasjien, <strong>Rieckardt van Heerden<\/strong>, maak sy langverwagte terugkeer, nadat hy, voor die vakansie op die krukkelys was, maar w\u00e9l op heelagter. Willem van der Sandt, die Wessies se afrigter, het waarskynlik hierdie verandering aangebring met die hoop dat Van Heerden &#8216;n teenvoeter kan bied vir die Buffels se gevaarlike heelagter, <strong>Pothso Selowa<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Eduard Dreyer<\/strong> behoort nietemin Van Heerden se skoene op losskakel mooi vol te staan, n\u00e1 &#8216;n klompie puik vertonings in die eerste helfte van die kompetisie.<\/p>\n<p>Voorlangs behoort <strong>Francois Dumond<\/strong>, die Wessies se steelkantflank, en die Vossies se agsteman en kaptein, <strong>Ewald Kirstein<\/strong>, mekaar goed op te dreun met hul vermo\u00eb om oor die voordeellyn te kom.<\/p>\n<p>In Brakpan verwelkom <strong>Ho\u00ebrskool Die Anker<\/strong> vir die onvoorspelbare <strong>Ho\u00ebrskool Jeugland<\/strong>. Die Brakpanse span is nog ietwat gekwes na hul nederlaag in Lichtenburg die week vantevore, maar &#8216;n sege hierdie naweek sal hulle weer stewig terugplaas in die wedloop vir plekke in die uitspeelrondes, met nog heelwat rugby om te speel.<\/p>\n<p>Hulle verwelkom ook &#8216;n groot staatmaker onder die voorspelers, <strong>Gerhard Oosthuizen<\/strong>, terug, nadat hy die laaste twee uitstappies van die kantlyn moes aanskou weens &#8216;n besering.<\/p>\n<p>Saterdag het <strong>Ho\u00ebrskool Hugenote <\/strong>van<strong> Springs<\/strong> &#8216;n gulde geleentheid om terug te keer na die wenpad wanneer hulle met Ho\u00ebrskool Pietersburg swaarde kruis. Die Pieties bevind hulself tans laaste op die puntelys, terwyl die Hugies ook effens momentum ingeboet het die afgelope ruk. Hul naelskraapse nederlaag met 29-30 teen Heidelberg Volkskool was ver\u00e1l &#8216;n gevoelige knou.<\/p>\n<p>Om verdere sout in die wonde te smeer, bestaan daar &#8216;n moontlikheid dat hul binnesenter, <strong>Dylan Nel<\/strong>, die stryd teen die Pieties kan misloop nadat hy &#8216;n besering teen die Volkies in die eerste &#8220;Gatskop Derby&#8221; opgedoen het.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg t. Ho\u00ebrskool Secunda om 12:30 in Lichtenburg<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Lichtenburg:<\/strong> 15 Rea Motsusi, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Omphile Gaboutloeloe, 10 Luan Snyman, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Secunda:<\/strong> 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink La Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Renier Combrink, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia t. Ben Vorster om 12:30 in Klerksdorp<\/strong><\/p>\n<p><strong>Wesvalia:<\/strong> 15 Rieckardt van Heerden, 14 Justin Adams, 13 Xander Smit, 12 Philip Janse van Rensburg, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez<\/p>\n<p><strong>Ben Vorster (moontlik):<\/strong> 15 Potsho Selowa, 14 Migel Makhubipetsi, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damian Bye, 10 Nkateko Ngoveni, 9 Stiaan du Randt, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Chifu Banda, 5 Lourens Harmse, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Thabang Nkuna.<\/p>\n<p><strong>Die Anker t. Jeugland in Brakpan<\/strong><\/p>\n<p><strong>Die Anker:<\/strong> 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Branden Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Zander Nell.<\/p>\n<p><strong>Jeugland:<\/strong> 15 Thando Ngomane, 14 Lehlonolo Somo, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Alec Mohlala, 11 Oregopotse Shilubane, 10 King Agbonzo, 9 Kenneth Morka, 8 Jaden Kleyn, 7 Joseph Ngomo-Ngomo, 6 Letlala Relebohile, 5 Shamma Nsenda, 4 Sharon Nsenda, 3 Khumo Maime, 2 Siyanda Mbanjwa, 1 Lesego Moitse.<\/p>\n<p><strong>Hugenote (Springs) t. Ho\u00ebrskool Pietersburg om 13:30 in Springs<\/strong><\/p>\n<p><strong>Hugenote (moontlik):<\/strong> 15 George Lucas, 14 Ruan van Biljon, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen, 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg:<\/strong> 15 Celliers van der Merwe, 14 Brydan Retief, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 Zuhan Labuschagne, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 David Stander, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Moster, 1 Floris Venter.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Lichtenburg is &#8216;n uitstekende span, goed afgerig en het heelwat momentum&#8221; Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 So het Ho\u00ebrskool Secunda se afrigter, JJ Hennop, vandeesweek sy span se uitdaging, wanneer hulle Saterdag kragte meet met Ho\u00ebrskool Lichtenburg, beskryf. Dit beloof inderdaad om &#8216;n taai stryd vir die besoekers van Mpumalanga [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":53409,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53372","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53372","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53372"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53372\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53372"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53372"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53372"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}