{"id":53391,"date":"2024-07-26T12:34:22","date_gmt":"2024-07-26T10:34:22","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53391"},"modified":"2024-07-26T12:34:22","modified_gmt":"2024-07-26T10:34:22","slug":"bergvlam-wil-vlamvat-in-mbombela-terwyl-linden-n-omgekrapte-erasmus-inwag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53391","title":{"rendered":"Bergvlam wil vlamvat in Mbombela, terwyl Linden &#8216;n omgekrapte Erasmus inwag"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_53393\" aria-describedby=\"caption-attachment-53393\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-53393\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/WhatsApp-Image-2024-07-20-at-19.31.45-400x266.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-53393\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Hennie Homann\/HH Photography &amp; Design<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Bergvlam<\/strong> van Mbombela se eerste rugbyspan sal hoop dat hy na Saterdag nog &#8216;n tree nader daaraan is om vir die eerste keer tot &#8216;n eindstryd van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> deur te dring.<\/p>\n<p>Die span kom Saterdag op sy tuisveld in Groep 3 teen die <strong>Ho\u00ebrskool Stoffberg<\/strong> van Brakpan in die kwarteindronde te staan. Di\u00e9 skool van Mbombela se junior spanne het al tot die eindstryd van die reeks deurgedring, maar die eerstespan kon dit nog nooit vermag nie.<\/p>\n<p>Bergvlam se o.16-span was in 2014 naaswenners van die Beeldtrofee, terwyl di\u00e9 skool se o.14-spanne in 2014 asook 2022 tot die eindstryd deurgedring het. In 2014 was die o.14-span as kampioen van die Beeldtrofee vir Middelskole gekroon, terwyl die 2022-groep die naaswenners was.<\/p>\n<p>Bergvlam se bekendste oud-leerling is die voormalige Springbok en Blou Bul-afrigter, <strong>Heynecke Meyer<\/strong>. Die span van 2024 het vanjaar skitterend vertoon en was nog net twee keer aan die verloorkant. Albei kere was teen spanne bo hul gewigsklas.<\/p>\n<p>Di\u00e9 nederlae was teen Hans Moore (21-24) en Lydenburg (10-19) wat albei vanjaar tot die uitspeelrondes van Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup deurgedring het.<\/p>\n<p>Bergvlam het verlede week op sy tuisveld vir <strong>Fochville<\/strong> met 32-26 geklop om tot die kwarteindronde deur te dring. Stoffberg is self &#8216;n omgesukkelde span na hy vir <strong>Ho\u00ebrskool Brits<\/strong> met 18-3 in sy uitspeelwedstryd verslaan het.<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Linden<\/strong> sal in die kwarteindronde op sy tuisveld in Johannesburg teen die <strong>Ho\u00ebrskool Erasmus<\/strong> van Bronkhorstspruit sake uitspook. Linden het sy plek in die kwarteindronde met &#8216;n sege van 26-18 oor Oosterland in Secunda bespreek.<\/p>\n<p>Erasmus het in sy uitspeelwedstryd teen <strong>Benoni High<\/strong> met 44-10 oor te veel skietgoed beskik. Die span se heelagter, <strong>Marius Erasmus<\/strong>, het twee keer in die wedstryd agter die doellyn gaan kuier. Hy is sonder twyfel &#8216;n speler wat &#8216;n sleutelrol vir sy span sal vertolk. Die heelagter het boonop 19 van sy span se punte in die sege aangeteken.<\/p>\n<p>Veral omdat Linden in sy losskakel en kaptein, <strong>Francois Steyn<\/strong>, &#8216;n speler het wat weet hoe om &#8216;n voetbal te sool. Boonop sal Steyn die dienste van Ruan Erasmus (skrumskakel) terug h\u00ea vir die kragmeting na hy van &#8216;n skouerbesering herstel het.<\/p>\n<p>Linden het vanjaar ook bo sy gewigsklas geboks en slegs nederlae in di\u00e9 wedstryde op die lyf geloop. Hy het teen <strong>Wagpos<\/strong> (18-25) en <strong>Hugenote<\/strong> van Springs (0-38) die knie gebuig wat albei in Groep 1 van die reeks speel. In di\u00e9 nederlaag teen sy aartsvyand, die Ho\u00ebrskool Randburg (14-33), wat ook in Groep 1 se Bowl-afdeling speel is daar geen twyfel dat die telling nie die volle verhaal vertel nie.<\/p>\n<p><strong>Die spanne is:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Bergvlam vs Stoffberg in Mbombela om 09:20:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Bergvlam:<\/strong> 15 Linhle Malinda, 14 Ndzaka Manyange, 13 KG Malinda, 12 Tonto Shokane, 11 Lee Mathebula, 10 Cian Maritz, 9 Gustav de Beer, 8 Daniel Aucamp, 7 Ethan Fulton, 6 Hanr\u00e9 Smit, 5 Siya Maisane, 4 Lufuno Bulwana, 3 Bulelani Mthethwa, 2 Steflin van den Heever, 1 Kgoshi Mashego.<\/p>\n<p><strong>Stoffberg:<\/strong> 15 Estian Bouwer, 14 Matthew Smit, 13 Ollson Candan, 12 Anton Strydom, 11 Deon Viljoen, 10 Divan Joubert, 9 Kayden Grobler, 8 Luquinn Coetzer, 7 Marthyn Meyer, 6 Dewaldt de Wet, 5 Grant Esterhuyse, 4 Byron Willemse, 3 Hannes Pretorius, 2 Isak van Aswegen, 1 Garreth Willemse (kaptein).<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Linden vs Erasmus in Johannesburg om 11:00:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Linden:<\/strong> 15 Zander Fourie, 14 Etienne Fouch\u00e9, 13 Jeandr\u00e9 M\u00fcller, 12 Aidan Mans, 11 Ruben Little, 10 Francois Steyn (kaptein), 9 Ruan Erasmus, 8 Ayden Davel, 7 Keatin Carlse, 6 Dylan Fourie, 5 Jadon Texeira, 4 Wouter Toerien, 3 Ryan Nel, 2 Zackie Crow, 1 Xander Oelofse.<\/p>\n<p><strong>Erasmus:<\/strong> 15 Marius Erasmus, 14 Leslie van Zyl, 13 Petrus van der Merwe, 12 Stephan Minnaar, 11 Nathi Msibi, 10 Ferdinand van Staden, 9 Ryno Truter, 8 Ludrick Brits, 7 Dudu Mashinini, 6 Alex Maritz, 5 Ivan Kruger, 4 George Porton, 3 Raynhardt Jacobs, 2 Dean van Staden, 1 Carrington Mache.<\/p>\n<p><strong>Referee:<\/strong> Richard Kock (Golden Lions).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Bergvlam van Mbombela se eerste rugbyspan sal hoop dat hy na Saterdag nog &#8216;n tree nader daaraan is om vir die eerste keer tot &#8216;n eindstryd van die SDC Noordvaal Cup deur te dring. Die span kom Saterdag op sy tuisveld in Groep 3 teen die Ho\u00ebrskool Stoffberg van Brakpan in die kwarteindronde [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":53393,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53391","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53391","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53391"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53391\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53391"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53391"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53391"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}