{"id":53718,"date":"2024-07-29T10:04:51","date_gmt":"2024-07-29T08:04:51","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53718"},"modified":"2024-07-29T10:04:51","modified_gmt":"2024-07-29T08:04:51","slug":"oosies-agttal-le-grondslag-valia-nou-loshande-voor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53718","title":{"rendered":"Oosies agttal l\u00ea grondslag, Valia nou loshande voor"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignleft size-medium wp-image-53726\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Middelburg-vs-Montana-400x496.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"496\" \/>Ho\u00ebrskool Oos-Moot<\/strong> het weer bewys dat die Moot ni\u00e9 &#8216;n maklike plek is om te gaan wen nie.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die Oosies het &#8216;n puik plan uitstekend uitgevoer om <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong>, wat kookwater-rugby opdis deesdae, met 29-19, in Pretoria te verslaan in die <strong>Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-afdeling. Dit is die Klerksdorpers se eerste nederlaag na die vakansie.<\/p>\n<p>Die tuisspan se pak voorspelers was die geheime bestandeel in die afrigtingspan se wenresep. Dit was inderdaad voorlangs waar hulle die gevaarlike besoekers van Noordwes geneutraliseer het.<\/p>\n<p>Hul bereidwilligheid om Klerksdorp se heelwat groter pak fisies aan te vat het vrugte afgewerp en verhoed dat die besoekers noemenswaardige momentum kon bewerkstellig. Dit het nietemin harde werk geverg maar mettertyd die gewenste uitwerking gehad en toenemend geleenthede geskep vir Oos-Moot om die bal agterlangs lug te gee.<\/p>\n<p><strong>Dewron Aford <\/strong>se oorskakeling van binnesenter na losskakel was &#8216;n meesterskuif deur Oosies se ervare breier, <strong>Braam Pretorius<\/strong>. Dit het Aford meer tyd met die bal in hand gebied en terselftertyd vir <strong>Ruwan Allen<\/strong>, wat normaalweg in die nr. 10-trui uitdraf, ge\u00efnspireer om dikwels swakplekke in die besoekers se middeveld uit te buit.<\/p>\n<p>Vir Klerksdorp het buitesenter, <strong>Asif Sumara<\/strong>, die kollig gesteel en in die tweede helfte deurgebreek vir twee van sy span se drie drie\u00eb.<\/p>\n<p>Die onvoorspelbare <strong>Ligbron Akademie<\/strong> het nogmaals &#8216;n duidelike waarskuwing aan toekomstige teenstanders gerig deur tuis in Ermelo vir <strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg<\/strong> se Rooi Bulle met 25-20 te troef.<\/p>\n<p>Die besoekers was soos &#8216;n wafferse 100 m-atleet uit die blokke om binne die eerste vyf minute reeds twee drie\u00eb, deur haker, <strong>Hanru Terblanche<\/strong>, en binnesenter, <strong>Anthoni Smuts<\/strong>, te druk en het die eerste helfte oorheers deur die meerderheid van die rugby te speel.<\/p>\n<p>Ligbron was teen rustyd nietemin nog stewig in die wedloop met 19-20, danksy die Ngwenya-duo, <strong>Lethi Ngwenya<\/strong> en <strong>Anele Ngwenya<\/strong>, wat weer op hul stukke was en elk agter die Rooi Bulle se doellyn gaan draai het in die eerste skof.<\/p>\n<p>Die Liggies het stadig maar seker die oorhand begin verkry na halftyd, met skrumskakel, <strong>Renier van Staden<\/strong>, se akkurate skopskoen die deurslaggewende faktor. Van Staden se twee strafdoele was die enigste punte in die tweede helfte, vanwe\u00eb rotsvaste verdediging aan albei kante, en op die ou end die enigste verskil in &#8216;n titaniese kragmeting.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> het met n\u00f3g &#8216;n sege hul voorsprong in die Plaat-afdeling vergroot. Die span van Vanderbijlpark het op &#8216;n drafstap met 40-12 teen <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> gese\u00ebvier.<\/p>\n<p>Steelkantfalnk, <strong>Daniel Kazambu<\/strong>, het gewys hoekom hy as een van die voorste losvoorspelers in die reeks beskou word met sy konstante teenwoordigheid by die afbreekpunte en vermo\u00eb om soos &#8216;n agterspeler aan te val. Kazambu het by twee geleenthede vanuit sy eie halfgebied deurgebars vir &#8216;n briljante tweekuns.<\/p>\n<p>Losskakel,<strong> Dylan Steynman<\/strong>, het sy beste spelpeil ook herwin om die toutjies ordentlik te trek en vir binnesenter, <strong>Brandonlee Smit<\/strong>, en die res van sy agterlyn op die voorvoet te hou.<\/p>\n<p>In Pretoria moes <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong> spook om &#8216;n begeesterde <strong>Ho\u00ebrskool Montana<\/strong> onder te kry.<\/p>\n<p>Die Middies het, danksy &#8216;n tweekuns deur hul fisieke slot, <strong>Enrico Thompson<\/strong>, met &#8216;n swaarverdiende sege van 24-17 na Mpumalanga terugkeer.\u00a0Thompson het puik ondersteuning ontvang van die woelige oopkantflank, <strong>CW Hanekom<\/strong>, wat ook met &#8216;n drie beloon is.<\/p>\n<p>Die Monties se pak het nietemin die Middelburgers se voorspelers dikwels ore aangesit, met staatmakerstut, <strong>Marinus Oberholzer<\/strong>, en oopkantflank, <strong>Dieter Scheepers<\/strong>, wat op die aanval \u00e9n verdediging uitgeblink het. Agsteman, <strong>Devan van der Merwe<\/strong>, het die Monties se stelskopwerk behartig en gewys dat hy nie alleen &#8216;n doring in die los is nie maar ook geslaag met drie doelskoppe en &#8216;n strafdoel.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Oos-Moot 29 (3)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Piri, Ruwan Allen, Wade Williams, Dewron Aford. Doelskoppe: Allen (3). Strafdoel: Allen. <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 19 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Asif Sumara (2), Janu de Wet. Doelskoppe: Cohan Witbooi (2).<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie 25 (19)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Bandile Thanjekwayo, Lethi Ngwenya, Anele Ngwenya. Doelskoppe: Renier van Staden (2). Strafdoele: Van Staden (2). <strong>HTS Middelburg 20 (20)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Hanru Terblanche, Anthoni Smuts, Tercius Bezuidenhout. Doelskop: WJ Enslin. Strafdoel: Enslin.<\/p>\n<p><strong>Transvalia 40 (21)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Daniel Kazambu (2), Jayden McPearson, Dylan Steynman, Brandonlee Smit, Siyabongo Khambule. Doelskoppe: Dylan Steynman (5). <strong>Zwartkop 12 (0)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Luan Williams (2). Doelskop: Luhardt Booyens.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg 24 (12)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Enrico Thompson (2), CW Hanekom, Keabetswe Nkgadema. Doelskop: Matthew Abbey (3), Crawdord Joubert. <strong>Montana 17 (12)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Marinus Oberholzer, Dieter Scheepers, Dirk Coetzee. Doelskoppe: Devan van der Berg (3). Strafdoel: Van der Berg.<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Oos-Moot 45, Klerksdorp 0; HTS Middelburg 22, Ligbron 14; Transvalia 21, Zwartkop 18; Ho\u00ebrskool Middelburg 31, Montana 19.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Oos-Moot 18, Klerksdorp 7; Ligbron 21, HTS Middelburg 14; Tranvalia 27, Zwartkop 0; Ho\u00ebrskool Middelburg 21, Montana 7.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Oos-Moot 34, Klerksdorp 8; Ligbron 10 HTS Middelburg 5; Transvalia 14; Zwartkop 0; Ho\u00ebrskool Middelburg 24, Montana 14.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Oos-Moot het weer bewys dat die Moot ni\u00e9 &#8216;n maklike plek is om te gaan wen nie. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Oosies het &#8216;n puik plan uitstekend uitgevoer om Ho\u00ebrskool Klerksdorp, wat kookwater-rugby opdis deesdae, met 29-19, in Pretoria te verslaan in die Noordvaal Cup se Plaat-afdeling. Dit [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":53727,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53718","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53718","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53718"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53718\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53718"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53718"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53718"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}