{"id":53722,"date":"2024-07-29T11:08:00","date_gmt":"2024-07-29T09:08:00","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53722"},"modified":"2024-07-29T11:08:00","modified_gmt":"2024-07-29T09:08:00","slug":"jansies-verder-voor-na-nog-n-voortreflike-vertoning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53722","title":{"rendered":"Jansies verder voor na n\u00f3g &#8216;n voortreflike vertoning"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_53724\" aria-describedby=\"caption-attachment-53724\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-53724\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/Divan-Francis-vs-Hoerskool-Rustenburg-400x273.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"273\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-53724\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Tap Light Edits<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die kenmerk van &#8216;n uitstaande span is dat hulle, selfs na &#8216;n loslootjie, steeds soos &#8216;n goed geoliede masjien funksioneer.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/JansiesvsRustenburg2024\"><strong>(wwwsupersportsportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen<\/strong> het di\u00e9 toets met vlie\u00ebnde vaandels geslaag na sy loslootjie in die vorige ronde van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Die Jansies het &#8216;n voortreflike vertoning van hardlooprugby opgedis om <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> met 48-21 in Boksburg te karnuffel.<\/p>\n<p>Die Jansies se gevaarmanne agterlangs kon, danksy &#8216;n stewige grondslag deur die voorspelers, 24 punte in elk van die twee helftes aanteken.<\/p>\n<p>Die Arende se voorry het hul stempel deeglik afgedruk, met vaskopstut en kaptein, <strong>Duwan Potgieter<\/strong>, wat oudergewoonte van voor gelei het. Sy kollegas, <strong>Danr\u00e9 Pike<\/strong> (haker) en <strong>Zian Marais<\/strong> (loskopstut), het nie alleen soos tiere verdedig nie, maar ook &#8216;n keer of wat, met die bal in hand, die Rusties laat bontstaan.<\/p>\n<p>Oopkantflank, <strong>Zaide-Leigh Rippenaar<\/strong>, het sy terugkeer aangekondig met &#8216;n aantal begeesterde lopies in gebroke spel en be\u00efndruk met sy bedrieglike systap, terwyl die Jansies se linkervleuel, <strong>Keanu van Loggerenberg<\/strong>, weer sy vaart en venynige voetwerk tentoongestel het.<\/p>\n<p>Dit was egter steelkantflank en een van die Jansies se voorste driedrukkers in vanjaar se seisoen, <strong>Gerhad van Aswegen<\/strong>, wat uiteindelik die kollig gesteel het. Die veelsydige Van Aswegen, wat sy staal op slot en agtsteman ook al gewys het, het drie keer oorgebars vir &#8216;n indrukwekkende driekuns aan drie\u00eb.<\/p>\n<p>Die Rusties se indrukwekkende heelagter, <strong>Lorenzo Snyers<\/strong>, was nietemin meer as opgewasse om die Jansies &#8216;n paar keer in die stof te laat byt met sy teenaanvalle, terwyl oopkantflank, <strong>Wickus Jacobs<\/strong>, waarskynlik sy beste vertoning van die jaar gelewer en dit gevier het met &#8216;n uitmuntende tweekuns.<\/p>\n<p>In Johannesburg, het <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> kwaai be\u00efndruk na twee teleurstellende wedstryde oor die laaste paar weke. Die Helpies het vir die besoekende <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong>\u00a0&#8216;n behoorlike loesing van 62-24 toegedien.<\/p>\n<p>Heelagter, <strong>Tiaan le Roux<\/strong>, het weer die veld aan die brand gespeel, met sy teenaanvalle, wat &#8216;n mens laat dink het aan di\u00e9 van sy Sprinkbok-naamgenoot, Willie le Roux, vroe\u00ebr in sy loopbaan. Le Roux is met twee besoeke agter die doellyn beloon.<\/p>\n<p>Senter, <strong>Vernon Beyer<\/strong>, het sy geleentheid in die beginspan, weens beserings, aangegryp, die bal met mening opgeneem en, nes Le Roux, die besoekers se verdediging twee keer deurgedring vir drie\u00eb.<\/p>\n<p><strong>Michael Benzien<\/strong>, die Helpies se staatmaker in die nr. 10-trui, was dodelik akkuraat met sy korrelwerk pale toe en het ses doelskoppe, asook &#8216;n drie, aangeteken vir &#8216;n persoonlike bydrae van 17 punte.<\/p>\n<p>Op sy beurt, was <strong>Recce Gerber<\/strong>, die besoekers se loskakel, weer uitstekend. Gerber, waarskynlik die span van Alberton se beste speler vanjaar en een van die top-losskakels in die kompetisie, het met sy goeie visie en uitstaande taktiese skopwerk hard probeer om sy span in die wedloop te hou.<\/p>\n<p>Dit was juis een van sy slinkse steekskoppies wat aan linkervleuel, <strong>Weon van der Vyver<\/strong>, een van sy twee drie\u00eb besorg het. Van der Vyver was deurgaans &#8216;n gevaar aan die buitekant, terwyl <strong>Devin Raubenheimer <\/strong>uitgeblink het in die middeveld. Van der Vyver en Raubenheimer is elk met &#8216;n tweekuns beloon.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dr. EG Jansen 48 (24)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Gerhardt vs Aswegen (3), Keanu van Loggerenberg, Matthew Bergman, Danre Pike, Zade-Leigh Rippenaar, TK Ngobese. Doelskoppe: Matthew Bergman (5). Jean-Dre Claasen. <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 21 (7)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Wickus Jacobs (2), Lorenzo Snyers. Doelskoppe: Snyers, Awie Alberts.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege 62 (24)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Tiaan le Roux (2), Vernon Beyer (2), Delano Maritz, Pieter Moller, Michael Benzien, Molatsi Moloi, Zandre van der Westhuizen, Darius Haasbroek. Doelskoppe: Michael Benzien (6). <strong>Marais Viljoen 24 (7)\u00a0<\/strong>&#8211; Drie\u00eb: Weon van der Vyver (2), Devind Raubenheimer (2). Doelskoppe: Recce Gerber (2).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Rustenburg 15, EG Jansen 5; Helpmekaar 93, Marais Viljoen 0.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Rustenburg 20, EG Jansen 19; Helpmekaar 54, Marais Viljoen 14.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Rustenburg 26, EG Jansen 0; Helpmekaar 106, Marais Viljoen 5<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kenmerk van &#8216;n uitstaande span is dat hulle, selfs na &#8216;n loslootjie, steeds soos &#8216;n goed geoliede masjien funksioneer. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (wwwsupersportsportschools.com) Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen het di\u00e9 toets met vlie\u00ebnde vaandels geslaag na sy loslootjie in die vorige ronde van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":53724,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53722","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53722","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53722"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53722\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53722"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53722"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53722"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}