{"id":53844,"date":"2024-08-01T14:26:03","date_gmt":"2024-08-01T12:26:03","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53844"},"modified":"2024-08-01T14:26:03","modified_gmt":"2024-08-01T12:26:03","slug":"agt-spanne-kan-nog-tot-die-uitspeelrondes-van-die-sdc-noordvaal-cup-se-beker-afdeling-deurdring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53844","title":{"rendered":"Agt spanne kan nog tot die uitspeelrondes van Beker-afdeling deurdring"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_53846\" aria-describedby=\"caption-attachment-53846\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-53846\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/07\/WhatsApp-Image-2024-07-27-at-14.26.06-400x267.jpeg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-53846\" class=\"wp-caption-text\">ZAIDE-LEIGH RIPPENAAR (met bal), op die aanval vir die onoorwonne EG Jansen tydens die SDC Noordvaal Cup. FOTO: Tap Light Edits<\/figcaption><\/figure>\n<p>Indien iemand gewonder het hoe taai die Beker-afdeling van die <strong>SDC Noordvaal Cup<\/strong> is, kan hulle net gaan kyk hoe sake in die reeks staan met nog twee rondes van die rondomtalie-wedstryde oor.<\/p>\n<p>Van die tien eertstespanne in die reeks kan daar agt nog die uitspeelrondes van die reeks haal. Slegs die Ho\u00ebrskool Menlopark en Marais Viljoen kan wiskundig nie meer tot die uitspeelrondes deurdring nie.<\/p>\n<p>Daar is egter slegs drie plekke oor vir die halfeindronde met die onoorwonne <strong>EG Jansen<\/strong> van Boksburg wat indien hy albei sy oorblywende kragmetings onderskeidelik teen die Ho\u00ebrskool Nelspruit en Garsfontein sonder bonuspunte verloor in die vierde posisie op die puntelys sal klaarmaak.<\/p>\n<p>Die span van Boksburg sal natuurlik nie op sy baadjie wil kry nie en sodoende &#8216;n tuis halfeindstryd en moontlike eindstryd met twee seges beklink. EG beklee die boonste posisie op die puntelys met 33 ligapunte.<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> se aanslag beleef &#8216;n insinking na hy sy agtsteman, <strong>Marko Kok<\/strong>, weens &#8216;n besering verloor het. Die span van Pretoria beklee tans die tweede posisie op die puntelys met 29 punte. Hy het nog net in die reeks teen Noordheuwel van Krugersdorp verlede Saterdag met 32-52 die knie gebuig.<\/p>\n<p>Di\u00e9 bonuspunt sege van <strong>Noordheuwel<\/strong> het natuurlik sy kanse om tot die uitspeelrondes deur te dring lewendig gehou. Die span beklee nou die sesde posisie op die puntelys met 19 ligapunte.<\/p>\n<p>Die Klofies se twee oorblywende kragmetings sal teen Marais Viljoen en Monument wees. Albei die kragmetings sal weg van die huis wees. Boonop sal die span van Pretoria se SA o.18-afrigter, <strong>Cobus van Dyk<\/strong>, van volgende week af die nasionale spanne met hul skrumwerk bystaan. Van Dyk sal eers weer die week voor die eindstryd by die Blou Tornado kan aansluit indien die span nog staande is.<\/p>\n<p>&#8216;n Sege hierdie naweek oor Marais Viljoen sal die Klofies se plek in die halfeindronde virseker. Die span sal waarskynlik ook Monnas se <strong>Wit Bulle<\/strong> in Krugersdorp moet klop om seker te maak hy sal tuisveld voordeel tydens sy halfeindstryd geniet.<\/p>\n<p>Garsfontein beklee die derde posisie op die puntelys met 28 punte. Die <strong>Turkoois Bere<\/strong> sal daarom een oog op &#8216;n tuishalfeindstryd h\u00ea.<\/p>\n<p>Die span kom eerkomende Saterdag op sy tuisveld, Berepark, teen <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> te staan. Die Helpies is daarvoor bekend dat hulle die Bere gewoonlik meer probleme as ander spanne besorg. Die feit dat hierdie kragmeting die Helpies se laaste van die reeks se ligawedstryde is, maak die span van Johannesburg nog meer gevaarlik.<\/p>\n<p>Hulle sal &#8216;n sege moet behaal om hul kanse om die uitspeelrondes te haal lewendig te hou. Die span beklee tans die vierde posisie met 24 ligapunte, maar het natuurlik een minder wedstryd as die res om te speel.<\/p>\n<p>Die Garsies sal natuurlik die rondomtalie-wedstryde teen EG Jansen afsluit. Die span sal dus nie sy kanse vir &#8216;n tuishalfeindronde tot op die laaste nippertjie wil los nie.<\/p>\n<p><strong>Monument<\/strong> van Krugersdorp het sedert die nuwe kwartaal begin het, nog nie uit eerste rat gekom nie. Die span het teen die Ho\u00ebrskool Nelspruit (12-21) en Garsfontein (28-31) in die stof gebyt.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle beklee egter steeds die vyfde posisie op die puntelys en twee seges in sy laaste twee wedstryde sal vir hulle &#8216;n plek in die uitspeelrondes virseker. Die span van <strong>Tjaart van der Walt<\/strong> (afrigter) kom in sy laaste twee wedstryde teen die <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> en Waterkloof te staan.<\/p>\n<p>Albei die kragmetings word op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp beslis. Die span van Krugersdorp sal dus wil seker maak hul tuisveld in vir hom &#8216;n belangrike bondgenoot in sy aanslag.<\/p>\n<p>Die <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> se Rhinos het ook natuurlik &#8216;n buitekans om die uitspeelrondes te haal. Die span beklee tans die sewende posisie op die puntelys met 19 ligapunte. Die Rhinos het veral met drie seges die afgelope drie Saterdae teen Garsontein (30-29), Monument (21-12) en Menlopark (33-28) sake behoorlik in die liga omgekrap.<\/p>\n<p>Die span van Mbombela het waarskynlik die twee moeilikste wedstryde van al die spanne oor met afsprake teen EG Jansen en Noordheuwel.<\/p>\n<p>Die Rusties is die agtste op die puntelys asook die agtste span wat nog tot die uitspeelrondes kan deurdring. Die span het tot dusver 16 ligapunte ingesamel en moet nog teen Monnas en Menlopark te staan kom. Die span wat deur <strong>Naas Olivier<\/strong> afgerig word sal albei hul oorblywende wedstryde met bonuspunte moet wen en ook hoop vir &#8216;n paar gunsies van ander spanne die volgende twee weke.<\/p>\n<p><strong>Die oorblywende kragmetings (tuisspanne eerste vermeld:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>3 Augustus 2024<\/strong><\/p>\n<p>Monument vs Ho\u00ebrskool Rustenburg<br \/>\nMenlopark vs Noordheuwel<br \/>\nGarsfontein vs Helpmekaar<br \/>\nEG Jansen vs Ho\u00ebrskool Nelspruit<br \/>\nMarais Viljoen vs Waterkloof<\/p>\n<p><strong>10 Augustus 2024<\/strong><\/p>\n<p>Noordheuwel vs Ho\u00ebrskool Nelspruit<br \/>\nMonument vs Waterkloof<br \/>\nGarsfontein vs EG Jansen<br \/>\nHo\u00ebrskool Rustenburg vs Menlopark<\/p>\n<p><strong>Die Puntestand (soos op 31 Julie 2024):\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>[ninja_tables id=&#8221;54020&#8243;]<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Indien iemand gewonder het hoe taai die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup is, kan hulle net gaan kyk hoe sake in die reeks staan met nog twee rondes van die rondomtalie-wedstryde oor. Van die tien eertstespanne in die reeks kan daar agt nog die uitspeelrondes van die reeks haal. Slegs die Ho\u00ebrskool Menlopark en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":53846,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53844","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53844","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53844"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53844\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53844"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53844"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53844"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}