{"id":53904,"date":"2024-08-01T18:35:50","date_gmt":"2024-08-01T16:35:50","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53904"},"modified":"2024-08-01T18:35:50","modified_gmt":"2024-08-01T16:35:50","slug":"middies-mik-vir-tweede-hap-van-die-kersiekoek-teen-oos-moot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53904","title":{"rendered":"Middies mik vir tweede hap van die kersiekoek teen Oos-Moot"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54026\" aria-describedby=\"caption-attachment-54026\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-54026\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Middelburg-rugby-1-400x400.png\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"400\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54026\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p>Kan <strong>Ho\u00ebrskool Middelburg<\/strong>, in sy tweede kragmeting met die Oosies vanjaar, die dooiepunt in die Moot breek?<\/p>\n<p>Volg al die <strong>Noordvaal Cup<\/strong> se Plaat-aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/p>\n<p>Die Middies en <strong>Ho\u00ebrskool Oos-Moot<\/strong> het reeds vroe\u00ebr vanjaar sake uitgespook in die NWU Sportreeks. By daardie geleentheid was daar niks te kies tussen die spanne nie en moes daar uiteindelik op &#8216;n gelykopuitslag van 33-33 blad geskud word.<\/p>\n<p>Die Middies was gelukkig in di\u00e9 sin dat hulle die grootste gedeelte van die seisoen met dieselfde span, en dus, dieselfde kombinasies, kon deurgaan.<\/p>\n<p>Dit is vernaam die verstandhouding tussen die skakelpaar van <strong>Keabetswe Nkgadema<\/strong> en <strong>Matthew Abbey<\/strong> wat &#8216;n noemenswaardige aandeel in die Middies se sukses tot dusver gehad het.<\/p>\n<p>Abbey trek die toutjies meesterlik op losskakel danksy Nkgadema se flink diens, maar was die afgelope paar weke ietwat van stryk. Die reuse stryd in die Moot bied dalk n\u00e9t die regte doepa om hom weer op dreef te kry.<\/p>\n<p>Oos-Moot het op sy beurt onder die beseringspook deurgeloop en betree die stryd met &#8216;n span wat taamlik anders daar uitsien.<\/p>\n<p>Hierdie slag kom Abbey teen die giftige <strong>Dewron Aford<\/strong>, in plaas van <strong>Ruwan Allen<\/strong>, te staan. Aford, wat verlede naweek teen Ho\u00ebrskool Klerksdorp ook in die nr. 10-trui uitgedraf het, sal die Middies met sy breekslae toets, terwyl Allen op heelagter diens verrig.<\/p>\n<p>Die stryd kan oudergewoonte weer voor gewen of verloor word, met die Oosies wat hul man deeglik gestaan het teen die groot pak van Klerksdorp.<\/p>\n<p>Die Middies se steelkantflank, <strong>Khensani Buthelezi<\/strong>, bied egter &#8216;n nuwe uitdaging hierdie week. Buthelezi kan soos &#8216;n wafferse senter met die bal hol en sy tweestryd met <strong>Wade Williams<\/strong> behoort vir heelwat opwinding te sorg.<\/p>\n<p>In Klerksdorp wag daar &#8216;n bitter fisieke stryd wanneer <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> se paaie met di\u00e9 van <strong>Ho\u00ebrskool Transvalia<\/strong> kruis. Valia, die gunsteling in vanjaar se afdeling en voorloper op die puntelys, sal graag sy voorsprong wil vergroot.<\/p>\n<p>Die Klerksdorpers sal op hul beurt na die wenpad wil terugkeer en hul goeie rekord wil behou tuis, waar hulle reeds &#8216;n paar opponente in die stof laat byt het. Hulle sal egter die besoekers se steelkantflank, <strong>Daniel Kazambu<\/strong>, wat verlede week twee keer vanuit sy eie halfgebied gedruk het, met &#8216;n valkoog moet dophou.<\/p>\n<p>Indien die tuisspan voorlangs die oorhand kan bewerk, kan daar agterlangs p\u00earre wees &#8211; vernaam met &#8216;n gedugte senter-kombinasie soos <strong>Asif Sumara<\/strong>\u00a0en <strong>Winton Abrahams<\/strong> wat vir die besoekers inwag.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie<\/strong> wil voortbou op sy uitstekende sege van 25-20 oor <strong>HTS Middelburg<\/strong> verlede week. Die Liggies geniet hierdie week weer tuisveldvoordeel wanneer <strong>Ho\u00ebrskool Kempton<\/strong> <strong>Park<\/strong> in Ermelo besoek afl\u00ea. Afrigter, <strong>Herman Schlebusch<\/strong>, moes vandeesweek &#8216;n paar veranderinge weens beserings aanbring met die woelwater oopkanflank, <strong>Tiaan Botha<\/strong>, wat slot toe skuif in die plek van die beseerde <strong>Thamisnaqa Lamula<\/strong>, terwyl <strong>Lusanda Nkosi<\/strong> aan die kant van skrum inkom.<\/p>\n<p>&#8216;n Bonuspuntsege vir <strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool<\/strong> se Rooi Bulle sal hul kanse vir &#8216;n tuishalfeindstryd verbeter, indien Oos-Moot hom &#8216;n guns kan bewys in Pretoria. HTS sal egter meer klinies in sy stryd met <strong>Ho\u00ebrskool Zwartkop<\/strong> moet wees, aangesien ongedwonge foute grotendeels verantwoordelik was vir die Rooi Bulle se nederlaag teen Ligbron.<\/p>\n<p>Die senterpaar bestaande uit <strong>Johnny dos Santos<\/strong>\u00a0en <strong>Anthoni Smuts<\/strong> sal &#8216;n sleutelrol vervul in hul strewe om die Zwarries met &#8216;n bonuspunt te klop.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Oos-Moot t. Ho\u00ebrskool Middelburg om 12:30 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Oos-Moot:<\/strong> 15 Ruwan Allen, 14 Nick Venter, 13 Ivan van Wyk, 12 Jeandre Venter, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Clayton de Bruyn, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Brydon Jordaan, 1 Mike Notnagel.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Middelburg (moontlik):<\/strong> 15 Andile Mahlangu, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Sihle Mkhatshwa, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Jabu Mathebule, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompsom, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp t. Transvalia om 12:30 in Klerksdorp<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp:<\/strong> 15 Cohen Witbooi, 14 Tyron Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Asif Sumara, 11 Louis Vorster, 10 Deacon Loots, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Divan Labuschagne, 6 Tiaan Koen, 5 Heinrich Hovener, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Liam Pretorius, 2 Janu du Wet, 1 De Wet le Roux.<\/p>\n<p><strong>Transvalia:<\/strong> 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Nkanyiso McCamel, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Vincent Brits, 3 Arne Botes, 2 Jayden McPearson, 1 Dylan Booth.<\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie t. Ho\u00ebrskool Kempton Park in Ermelo\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ligbron Akademie:<\/strong> 15 Anele Ngwenya, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Lusanda Nkosi, 5 Jaco van Wyk, 4 Tiaan Botha, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nhlapo.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Kempton Park (moontlik):<\/strong> 15 Stian de Villiers, 14 Christiaan Kloppers, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Ettienne Stroebel, 10 Marko Opperman, 9 Ryan Smith, 8 Armand le Roux, 7 Eric Steele, 6 JP Barnard, 5 Louis Mutton, 4 Lourens van der Merwe, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 JP Coetzee.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebr Tegniese Skool Middelburg t. Zwartkop in Middelburg<\/strong><\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg:<\/strong> 15 WJ Enslin, 14 Alex Pretorius, 13 Johnny dos Santos, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 Gerry Gendall, 9 Theunis Anthony, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Eathan Kock, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 Dirk du Plooy.<\/p>\n<p><strong>Zwartkop:<\/strong> 15 Justin Julies, 14 Luan Isaacs, 13 Milton Naud\u00e9, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Kyle Koopman, 8 Brian Smith, 7 Logan Knott, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Abri Visser, 4 Ettiene van Niekerk, 3 Brogan Ackerman, 2 Migael Lindeque, 1 Julian Lubbe.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kan Ho\u00ebrskool Middelburg, in sy tweede kragmeting met die Oosies vanjaar, die dooiepunt in die Moot breek? Volg al die Noordvaal Cup se Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Middies en Ho\u00ebrskool Oos-Moot het reeds vroe\u00ebr vanjaar sake uitgespook in die NWU Sportreeks. By daardie geleentheid was daar niks te kies tussen die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":54026,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53904","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53904","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53904"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53904\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53904"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53904"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53904"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}