{"id":53957,"date":"2024-08-02T12:21:04","date_gmt":"2024-08-02T10:21:04","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53957"},"modified":"2024-08-02T12:21:04","modified_gmt":"2024-08-02T10:21:04","slug":"helpies-kan-bere-kopsere-besorg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53957","title":{"rendered":"Helpies kan Bere kopsere besorg"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54074\" aria-describedby=\"caption-attachment-54074\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-54074\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/PSX_20240322_150226-400x338.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"338\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54074\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Frans Lombard<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> is bekend daarvoor dat hy die Bere van Garsfontein meer pyn as enige ander skool kan besorg.<\/p>\n<p>Volg al die <strong>Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die span van Johannesburg sal dit beslis nie maklik maak vir <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> op Berepark nie.<\/p>\n<p>Dit is boonop die Helpies se laaste groepwedstryd en kan hul heel laaste van die seisoen wees indien hulle nie in Pretoria die wa deur die drif kan trek nie.<\/p>\n<p>Albei spanne het goeie oorwinnings verlede naweek behaal, met die Johannesburgers wat hul ritme in die laaste 20 minute teen Ho\u00ebrskool Marais Viljoen skitterend herwin het om met 62-24 in Johannesburg te wen, terwyl die Garsies met &#8216;n oorwinning van 31-29 op die Ras van Rooyen, Ho\u00ebrskool Monument se tuisveld, kon spog.<\/p>\n<p>Die Helpies sit steeds sonder die dienste van hul inspirerende vaskopstut, <strong>Ulrich van der Merwe<\/strong>, met heelagter <strong>Tiaan le Roux <\/strong>wat die rol oorgeneem het om vuur onder die span te maak, terwyl slot, <strong>JP Lombard<\/strong>, en agsteman, <strong>Motlatsi Moloi<\/strong>, ook vir die Bere vir die volle 70 minute op hul tone sal hou met hul kragtige dryfspel.<\/p>\n<p>Garsies beskik wel oor die nodige skietgoed om Lombard en Kie te neutraliseer. Hul SA Skole-slot, <strong>James Schnetler<\/strong>, is sedert sy terugkeer van besering uitstaande voorlangs, terwyl\u00a0losskakel, <strong>Junade Pasensie<\/strong>, ook met &#8216;n valkoog dopgehou moet word.<\/p>\n<p>Verlede naweek se held, Junaide Stuart, is een van die groot name wat gemis word hierdie week weens &#8216;n besering, met <strong>Derrick Kuhn<\/strong> wat hom op linkervleuel vervang.<\/p>\n<p>In Krugersdorp pak die oorlogswolke saam met <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> se Wit Bulle wat die onvoorspelbare <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> op die Ras van Rooyen verwelkom. Dit is maak of breek vir albei spanne, met &#8216;n nederlaag wat die einde van die pad kan beteken.<\/p>\n<p>Monnas se breier,<strong> Tjaart van der Walt<\/strong>, het &#8216;n paar taktiese skuiwe gemaak met die hoop dat die agterlyn op alle silinders sal vuur. <strong>Theuns du Plooy<\/strong> neem sy plek op heelagter in, met die gevaarlike <strong>Caylum Schooney<\/strong> wat na regtervleuel skuif. Goeie nuus vir die Wit Bulle se ondersteuners is dat gevaarman, <strong>Ernesto Oersen<\/strong>, steeds op linkervleuel in aksie sal wees.<\/p>\n<p>Die tweestryd tussen die twee pakke beloof om titanies te wees, met die Rusties wat vasberade sal wees die oorhand voorlangs te kry ten einde die gevaarmanne, <strong>Lorenzo Snyers<\/strong> (heelagter) en <strong>John-r\u00e9 Jefthas<\/strong> (buitesenter), genoegsame geleenthede op die aanval te bied.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Garsfontein t. Helpmekaar Kollege om 14:00 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Garsfontein:<\/strong> 15 Handre Maree, 14 Xian Erasmus, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Derrick Kuhn, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Stephan Pretorius, 7 Thinus Oosthuizen, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.<\/p>\n<p><strong>Helpmekaar Kollege (moontlik):<\/strong> 15 Tiaan le Roux, 14 Delano Maritz, 13 Ty Ax, 12 Vernon Beyer, 11 Pieter Moller, 10 Michael Benzien, 9 Tristan van Niekerk, 8 Motlatsi Moloi, 7 Darius Haasbroek, 6 Zaiden Krige, 5 JP Lombaard, 4 Christiaan Tonkin, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.<\/p>\n<p><strong>Monument t. Ho\u00ebrskool Rustenburg om 13:30 in Krugersdorp<\/strong><\/p>\n<p><strong>Monument:<\/strong> 15 Theuns du Plooy, 14 Caylum Schooney, 13 Viandr\u00e9 van Loggerenberg, 12 Hugo van der Merwe, 11 Ernesto Oersen, 10 Hanno du Toit, 9 Evan Bernhardi, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Jacques Botha, 3 Juandre Marais, 2 Keenan Myners, 1 Bernard Delport.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg:<\/strong> 15 Lorenzo Snyers, 14 Christiaan van der Berg, 13 John-Re Jefthas, 12 Hendre Robinson, 11 Wesley van Loggerenberg, 10 Awie Engelbrecht, 9 Adriano George, 8 Coenraad Koetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jacobs, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Helpmekaar Kollege is bekend daarvoor dat hy die Bere van Garsfontein meer pyn as enige ander skool kan besorg. Volg al die Noordvaal Cup se Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die span van Johannesburg sal dit beslis nie maklik maak vir Ho\u00ebrskool Garsfontein op Berepark nie. Dit is boonop die Helpies se laaste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":54074,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53957","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53957","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53957"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53957\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53957"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53957"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53957"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}