{"id":53964,"date":"2024-08-02T11:56:45","date_gmt":"2024-08-02T09:56:45","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=53964"},"modified":"2024-08-02T11:56:45","modified_gmt":"2024-08-02T09:56:45","slug":"naelbyttyd-vir-nories","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=53964","title":{"rendered":"Naelbyttyd vir Nories"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54053\" aria-describedby=\"caption-attachment-54053\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-54053 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Noordheuwel-vs-Waterkloof-400x266.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"266\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54053\" class=\"wp-caption-text\">Janet van der Merwe\/Photography by Janet<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hierdie naweek kan maak of breek beteken vir die Norie Blues.<\/p>\n<p>Volg al die Noordvaal Beker op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/JansiesvsNellies2024\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Noordheuwel<\/strong> m\u00f3\u00e9t sy kragmeting met <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> Saterdag in Pretoria wen om &#8216;n plek in die halfeindrondes van die <strong>Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling te bespreek.<\/p>\n<p>Die Blues beklee huidiglik die sesde plek op die puntelys, met 19 ligapunte.<\/p>\n<p>Hul bonuspuntsege oor Ho\u00ebrskool Waterkloof verlede naweek het hul veldtog &#8216;n beduidende hupstoot gegee en &#8216;n herhaling hierdie week kan hul kanse verder verbeter.<\/p>\n<p>Nories se drie\u00ebvraat op linkervleuel, <strong>Lindsey Jansen<\/strong>, was uitmuntend teen die Klofies, in waarskynlik sy beste vertoning vanjaar, en het &#8216;n driekuns behaal in die oorwinning van 52-32. Hy hou uiteraard &#8216;n groot bedreiging in vir die Parkies.<\/p>\n<p><strong>Cheswill Jooste<\/strong> se skuif na heelagter kan ook bepalend wees vir die Blues se sukses. Die SA Skole-heelagter, wat heel seisoen puik gevaar het op buitesenter, kan amok saai indien hy spasie gegun word om te hardloop en ook meer aanvalsgeleenthede vir Jansen skep.<\/p>\n<p>Voorlangs het nog &#8216;n skuif die beste uit kaptein en n\u00f3\u00fa oopkantflank, <strong>Meyer Opperman<\/strong>, gebring. Opperman, wat vroe\u00ebr vanjaar die Blues van loskopstut aangevoer het, moes weens beserings na die kant van die skrum skuif en het spoedig &#8216;n vreesaanjaende vennootskap met steelkantflank, <strong>Andrew Lambert<\/strong>, gevorm.<\/p>\n<p>Die twee behoort wel hul hande vol te h\u00ea met die Parkies se indrukwekkende agtsteman, <strong>Rocco Myburgh<\/strong>. Myburgh, moontlik die Parkies se beste voorspeler deur die loop van die seisoen, sal weer die bal hard dra om die span van Pretoria oor die voordeellyn te kry.<\/p>\n<p>Agterlangs sal die teenwoordigheid van linkervleuel, <strong>Divan Nel<\/strong>, sorg vir &#8216;n liplekker-stryd met Jansen en Jooste. Nel se vernuf op die teenaanval en uitstekende visie om die kleinste van spasies uit te buit behoort die Nories se puik verdediging behoorlik toets.<\/p>\n<p>In Boksburg kom <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> voor sy grootste toets n\u00f3g te staan wanneer hy die voorlopers in die kompetisie, <strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen<\/strong>, weg aandurf. Die Nellies, wat die laaste, paar weke &#8216;n paar groot honde in Mbombela gebyt het, sal daarop uit wees om die Jansies se partytjie te bederf.<\/p>\n<p>Dit is egter geensins &#8216;n maklike taak nie, vernaam met die veelsydige, <strong>Gerhard van Aswegen<\/strong>, wat skitterend op dreef is. Van Aswegen, wat normaalweg op slot sak, het verlede naweek teen Ho\u00ebrskool Rustenburg op steelkantflank uitgeblink en die Rusties se verdedigers deurgaans geterroriseer.\u00a0Nellies se agtsteman, <strong>Vaughn van Zyl<\/strong>, en haker, <strong>Regardt Vermaak<\/strong>, het vanjaar van krag to krag gegaan en sal dus oudergewoonte &#8216;n vreeslose vertoning op verdediging moet lewer.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong> is vasberade om met &#8216;n bonuspunt terug te keer van Alberton, waar hulle teen <strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen<\/strong> te staan kom.<\/p>\n<p>Die Klofies beleef sedert die verlies van agtesteman, Marko Kok, ietwat van &#8216;n insinking met twee opeenvolgende nederlae. Dit ly egter geen twyfel nie dat die Klofies steeds &#8216;n gedugte span is, ver\u00e1l met &#8216;n buitesenter soos die gevaarlike <strong>Happy Makate<\/strong>. Makate neem sy plek in die 13-trui in die plek van <strong>Riwan van Aswegen<\/strong> op. Van Aswegen sal vandeesweek misloop weens &#8216;n ligte skouer besering.<\/p>\n<p>Dit gee aan <strong>Ricardo Crause<\/strong> die geleentheid om die Klofie afrigtinting span te wys in hom steek op binnesenter.<\/p>\n<p>Die span van Alberton se steelkantflank, <strong>Dian Scheepers<\/strong>, en losskakel-generaal, <strong>Recce Gerber<\/strong>, sal nietemin ander planne h\u00ea, en sal, saam met vleuel, <strong>Weon van der Vyver<\/strong>, alles uithaal om die Klofies in Alberton te probeer roer.<\/p>\n<p><strong>Die spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Menlopark t. Noordheuwel om 12:30 in Pretoria<\/strong><\/p>\n<p><strong>Menlopark:<\/strong> 15 Reinhardt Herbst, 14 Gustav Schaffner, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Divan Nel, 10 Anru Kuhn, 9 Phillipus de Bruyn, 8 Rocco Myburg, 7 JN van Wyk, 6 Nathan du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Mattheus Prinsloo, 3 Ruwan van Aardt, 2 Zander van Staden, 1 Chrisjan Brits.<\/p>\n<p><strong>Noordheuwel:<\/strong> 15 Cheswill Jooste, 14 Jeremo Luiters, 13 Francois Venter, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Juandre de Villiers, 7 Andrew Lambert, 6 Meyer Opperman, 5 Xander Buitendag, 4 Alex Greeff, 3 Martin Nel, 2 Clinton Agu, 1 Ruben Botes.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen t. Ho\u00ebrskool Nelspruit om 12:30 in Boksburg<\/strong><\/p>\n<p><strong>Dr. EG Jansen:<\/strong> 15 Ntokozo Ngobese, 14 Jean-Dre Claasen, 13 Juandre Jacobs 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Gerhard van Aswegen, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naud\u00e9, 4 Ettienne Smit, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit: <\/strong>15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Ian Wood, 11 Tinyiko Shilubane, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Prosper Chillione, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 Regardt Vermaak, 1 Lindani Ndlela.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Marais Viljoen t. Ho\u00ebrskool Waterkloof om 12:30 in Alberton<\/strong><\/p>\n<p><strong>Marais Viljoen:<\/strong> 15 Tyron Bouw, 14 Weon van der Vyver, 13 Brandon Els, 12 Claude de Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Recce Gerber, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 JD Labuschagne, 4 Bjorn Pieterse, 3 Ruben Mans, 2 Sifiso Shongwe, 1 Clayton Gagiano.<\/p>\n<p><strong>Waterkloof (moontlik):<\/strong> 15 Dennis Obi, 14 Malcolm George, 13 Happy Makate, 12 Ricardo Crouse, 11 Dylan Botha, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Migael Prinsloo, 8 Dawid Prinsloo, 7 Ruben Cox, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Mikhal Odendaal, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hierdie naweek kan maak of breek beteken vir die Norie Blues. Volg al die Noordvaal Beker op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Ho\u00ebrskool Noordheuwel m\u00f3\u00e9t sy kragmeting met Ho\u00ebrskool Menlopark Saterdag in Pretoria wen om &#8216;n plek in die halfeindrondes van die Noordvaal Cup se Beker-afdeling te bespreek. Die Blues beklee huidiglik die sesde plek op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":54053,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-53964","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53964","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=53964"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/53964\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=53964"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=53964"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=53964"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}