{"id":54211,"date":"2024-08-04T14:54:53","date_gmt":"2024-08-04T12:54:53","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=54211"},"modified":"2024-08-04T14:54:53","modified_gmt":"2024-08-04T12:54:53","slug":"welkom-terug-monnas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=54211","title":{"rendered":"Welkom terug Monnas!"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54255\" aria-describedby=\"caption-attachment-54255\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-54255\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/Monnas-vs-Rustenburg-Andrew-Campbell-2-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54255\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Andrew Campbell<\/figcaption><\/figure>\n<p>KRUGERSDORP &#8211; <strong>Theuns du Plooy<\/strong> jou doring!<\/p>\n<p>Herleef al die Noordvaal Beker aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/MonnasvsRusties2024\">(www.supersporschools.com)\u00a0<\/a><\/p>\n<p>Du Plooy, <strong>Ho\u00ebrskool Monument<\/strong> se heelagter het vier keer agter die besoekende <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> se doellyn gaan kuier in die Wit Bulle se reuse oorwinning van 87-8 in die twee spanne se voorlaaste rondomtalie-stryd in die <strong>Noordvaal Cup<\/strong> se Beker-afdeling.<\/p>\n<p>Die heelagter se vierkuns het deel uitgemaak van &#8216;n uitmuntende vertoning op die aanval, met die span van Krugersdorp wat nie minder nie as 12 keer die Rustenburgers se doellyn kon oorsteek.<\/p>\n<p>Haker, <strong>Keenan Myners<\/strong>, een van di\u00e9 wat sy hand vir man van die wedstryd opgesteek het, en die indrukwekkende steelkantflank, <strong>RJ Barnard<\/strong>, het elk twee keer oorgeduik vir dubbele driedruk-genot.<\/p>\n<p>Dit was vanuit die staanspoor duidelik dat die Wit Bulle daarop uit was om &#8216;n reuse punt te bewys. Di\u00e9 wedstryd was ook &#8216;n belangrike een in terme van hul Beker-aspirasies. Na di\u00e9 wegholsege bevind Monnas hulself no\u00fa in die vierde plek op die puntelys en is hul plek in die halfeindrondes bespreek.<\/p>\n<p>Die Monnas-agttal het soos di\u00e9 van ouds gelyk. Met Myners en Barnard wat deurgaans gewoeker het en die momentum wat bewerk is deur kaptein <strong>Jacques Botha<\/strong> en Kie se kragtige dryfspel, is &#8216;n stewige grondslag gel\u00ea om die agterlyn los te laat. Dit het die tuisspan uitstekend vermag.<\/p>\n<p>Die hope spasie en uitstekende vaardighede onder die snellers agterlangs het waarskynlik die Monnas-agterlyn se beste algehele vertoning van die seisoen tot gevolg gehad. Hulle het die bal soos &#8216;n goed geoliede masjien geskuif, wat aan Du Plooy en die res van die agterste driehoek, <strong>Ernesto Oersen<\/strong> (linkervleuel) en <strong>Caylum Schooney<\/strong> (regtervleuel), geleenthede gebied het om keer op keer wyd toe te slaan.<\/p>\n<p>Shooney was ook uitstekend met sy korrelwerk pale toe en het ses doelskoppe deur die pale gejaag, terwyl plaasvervanger-losskakel, <strong>Justin Viljoen<\/strong>, ook met vyf doelskoppe kon slaag.<\/p>\n<p>In Pretoria het <strong>Helpmekaar Kollege<\/strong> en <strong>Ho\u00ebrskool Garsfontein<\/strong> baljaar in &#8216;n drie\u00ebfees op Berepark. Die Bere kon die wipplankstryd uiteindelik, te danke aan twee laat drie\u00eb deur vaskopstut, <strong>Luan van den Berg<\/strong>, en plaasvervanger-vleuel, <strong>Junaide Stuart<\/strong>, met 54-40 beklink.<\/p>\n<p>Dit was voorwaar &#8216;n geval van &#8220;een vir jou, een vir my&#8221;, met albei spanne wat geweier het om die aftog te blaas.<\/p>\n<p>Die Bere het met meedo\u00ebnlose rolmaalbewegings die oorhand verkry in die tweede 35 minute en dit het vir haker, <strong>Justin Blom<\/strong>, in staat gestel om twee keer oor te duik en sy span stewig in die saal te plaas.<\/p>\n<p>Dit neem egter niks van die Helpies se agttal weg nie. Hul Cravenweek-slot en kaptein, <strong>JP Lombard<\/strong>, was vir die soveelste, en laaste, keer uitstaande. Sy fisieke spel, gekenmerk deur sterk barslopies, het die tuisspan voor gekasty. Agsteman, <strong>Motlatsi Moloi<\/strong>, het oudergewoonte stewig hand bygesit en, nes Lombard, die bal hard gedra.<\/p>\n<p>Linkervleuel, <strong>Pieter Moller<\/strong>, het egter die kollig gesteel. Moller was deurentyd dodelik met die bal in hand en het by twee geleenthede onkeerbaar deur &#8216;n aantal duikslae gebreek om agter die Garsies se doellyn te gaan kuier.<\/p>\n<p>Die stryd tussen die twee skerpskutters sou enige skopafrigter tevrede gestel het. Die Helpies se loskakel, <strong>Michael Benzien<\/strong>, het slegs met twee pogings pale toe misluk en vyf van sy span se sewe drie\u00eb verdoel, terwyl <strong>Handr\u00e9 Maree<\/strong>, die Pretorianers se heelagter, met sewe uit agt pogings geslaag het om 14 punte, wat uiteindelik die verskil beteken het, by te dra.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Monument 87 (24)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Theuns du Plooy (4), Keenan Myners (2), RJ Barnard (2), Evan Bernhardi, Jamaal Feldman, Hugo van der Merwe, Cameron Swartz. Doelskoppe: Caylum Schooney (6), Justin Viljoen (5), Theuns du Plooy. <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg 8 (8)<\/strong> &#8211; Drie: Coenraad Coetzer. Strafdoel: Lorenzo Snyers.<\/p>\n<p><strong>Garsfontein 54 (28)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Justin Blom (2), Junade Pasensie, Stephan Pretorius, Derrick Kuhn, James Schnetler, Luan van den Berg, Junaide Stuart. Doelskoppe: Handre Maree (7). <strong>Helpmekaar Kollege 40 (21)<\/strong> &#8211; Drie\u00eb: Pieter Moller (2), JP Lombard, Ty Ax, Darius Haasbroek, Vaughn la Grange. Doelskoppe: Michael Benzien (5).<\/p>\n<p><strong>Ander spanne:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>o.16:<\/strong> Helpmekaar 15, Garsfontein 13; Monument 27, Rustenburg 19.<\/p>\n<p><strong>o.15:<\/strong> Garsfontein 19, Helpmekaar 5; Monument 19, Rustenburg 7.<\/p>\n<p><strong>o.14:<\/strong> Garsfontein 36, Helpmekaar 24; Rustenburg 6, Monument 5.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>KRUGERSDORP &#8211; Theuns du Plooy jou doring! Herleef al die Noordvaal Beker aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersporschools.com)\u00a0 Du Plooy, Ho\u00ebrskool Monument se heelagter het vier keer agter die besoekende Ho\u00ebrskool Rustenburg se doellyn gaan kuier in die Wit Bulle se reuse oorwinning van 87-8 in die twee spanne se voorlaaste rondomtalie-stryd in die Noordvaal [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":54255,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-54211","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54211","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=54211"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54211\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=54211"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=54211"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=54211"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}