{"id":54218,"date":"2024-08-04T07:41:07","date_gmt":"2024-08-04T05:41:07","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=54218"},"modified":"2024-08-04T07:41:07","modified_gmt":"2024-08-04T05:41:07","slug":"gim-breek-boishaai-met-naasgrootste-sege-sedert-1915","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=54218","title":{"rendered":"Gim breek Boishaai met naasgrootste sege sedert 1915"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_54220\" aria-describedby=\"caption-attachment-54220\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-54220\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/08\/GimInterskole-08-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-54220\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Louis D van Niekerk<\/figcaption><\/figure>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Daar was Saterdag geen keer aan Paarl Gimnasium tydens die grootste interskole ter w\u00eareld in die Paarl nie.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Gimmies het hul tweede grootste sege nog sedert 1915 oor die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl met 30-8 in die Faurestraat-stadion behaal.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Di\u00e9 sege is merkwaardig as daar in ag geneem word dat die gemiddelde punteverskil tussen die twee spanne sedert 2014 slegs 3 punte per wedstryd was. Eintlik 2.75 om statisties presies korrek te wees.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Gimmies was teen rustyd met die telling op 16-0 reeds stewig in die saal. Die span se slot Quintin Potgieter is na afloop van die kragmeting welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Potgieter het fisiek nie \u2018n tree vir Boishaai teruggestaan nie. Hy het die bal goed gedra en by die afbreekpunte sy lyf op die spel geplaas. Die feit dat hy en die buitesenter, Markus Muller, nog in graad 11 is sal Boishaai-ondersteuners slapelose nagte besorg.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Vir Boishaai het sy kantman Rubin Dames moedig probeer.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Paul Roos Gimnasium is na sy sege van 59-20 oor Boland Landbou steeds onoorwonne met slegs een afspraak teen die magtige Grey-kollege in Stellenbosch wat nog voorl\u00ea.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die kragmeting wat op 17 Augustus plaasvind is reeds al uitverkoop na daar nog paviljoene gere\u00ebl is.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Gepraat van onoorwonne Charlie Hofmeyr van Ceres het sy seisoen onoorwonne afgesluit deur Montagu met 48-24 die loef af te steek. Die span sal as een van die bestes in die skool se geskiedenis bekend staan.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Voor die naweek se kragmeting in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup was daar agt van die tien spanne in die reeks wat nog tot die halfeindronde kon deurdring.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">N\u00e1 Saterdag se kragmeting is die vier rolspelers vir die halfeindronde nou bekend. EG Jansen, Waterkloof, Garsfontein en Monument sal in die halfeindronde in aksie wees.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Monnas het ratte verwissel om vir Ho\u00ebrskool Rustenburg met 87-8 pak slae toe te dien. Die Wit Bulle se heelagter, Theuns du Plooy, het vier keer \u2018n draai agter die doellyn gemaak en ook met \u2018n doelskop geslaag.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Menlopark het vir Noordheuwel met 26-19 verras, terwyl EG Jansen met \u2018n sege van 50-7 oor Ho\u00ebrskool Nelspruit seker gemaak het van \u2018n tuishalfeindstryd.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Waterkloof het vir Marais Viljoen met 47-14 kaf gedraf. Op Berepark het Garsfontein soos verwag gesukkel om hul nemesis, Helpmekaar Kollege, te b\u00eare. Die Garsies was op die ou einde met 54-40 baas.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Verlede jaar was die Turkoois Bere met 50-49 baas. Die twee spanne gee mekaar gewoonlik behoorlik gas.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Voortrekker van Bethlehem het met \u2018n sege van 36-28 vir Welkom Gimnasium as Griffon-kampioen onttroon. Dit was die Trekkers se vierde titel en hul eerste sedert 2014 in die liga.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Vrystaatse eindstryd het ook vir \u2018n opskudding gesorg deurdat Landboudal van Jacobsdal vir die eerste keer in sy geskiedenis as Vrystaatse kampioen gekroon is. Die Lanties het die verdedigende kampioen, Jim Fouch\u00e9, met 34-23 in die eindstryd getroef.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Vrystaatse kampioen sal nou in die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga halfeindronde teen die Trekkers te staan. Welkom Gimnasium sal in die ander halfeindtryd teen Duineveld van Upington te staan kom.<\/p>\n<p style=\"font-weight: 400;\">Die Velties het sy rieme in die jaarlikse Groot Interjol naelskraaps met 14-15 teen Ho\u00ebrskool Upington vasgeloop.<\/p>\n<p>Al die uitslae:<\/p>\n<p><strong>SDC NOORDVAAL CUP <\/strong><\/p>\n<p><strong>Groep 1 <\/strong><\/p>\n<p><strong>Beker:<\/strong> Menlopark 26, Noordheuwel 19; Monument 87, Ho\u00ebrskool Rustenburg 8; Garsfontein 54, Helpmekaar 40; EG Jansen 50, Ho\u00ebrskool Nelspruit 7; Waterkloof 47, Marais Viljoen 14. <strong>Plaat:<\/strong> HTS Middelburg 36, Zwartkop 7; Ligbron Akademie 47, Kempton Park 22; Ho\u00ebrskool Klerksdorp 26, Transvalia 10; Oos-Moot 29, Ho\u00ebrskool Middelburg 29. <strong>Skild:<\/strong> Ho\u00ebrskool Pietersburg 41, Heidelberg Volkskool 38; Die Anker 33, Hugenote (Springs) 19; Wesvalia 32, Secunda 31. <strong>Bowl:<\/strong> Ho\u00ebrskool Randburg 18, Ho\u00ebrskool Alberton 17; Potchefstroom Volkskool 33, Dr. Malan 28; Potchefstroom Gimnasium 44, Eldoraigne 37; Merensky 27, Piet Retief 24.<\/p>\n<p><strong>Groep 2 \u2013 Halfeindronde <\/strong><\/p>\n<p>Overkruin 30, Ermelo 29; Bergsig 32, Dinamika 21.<\/p>\n<p><strong>Groep 3 \u2013 Halfeindronde <\/strong><\/p>\n<p>Linden 22, Bergvlam 20; Riebeeckrand 26, Vryburg 25.<\/p>\n<p><strong>Groep 4 \u2013 Halfeindronde <\/strong><\/p>\n<p>Carletonville 27, Witbank High 21; Kanonkop 38, Warmbad 33.<\/p>\n<p><strong>Groep 5A \u2013 Halfeindronde <\/strong><\/p>\n<p>Die Wilge 26, Heilbron 19; Morgenzon Landbou 12, FH Odendaal 3.<\/p>\n<p><strong>Groep 5B \u2013 Halfeindronde <\/strong><\/p>\n<p>Sannieshof 32, Sizanane 5; Christiana 34, Glenbrack 27.<\/p>\n<p><strong>KWAZULU-NATAL\/OOS-KAAP<\/strong><\/p>\n<p>Grey High School 48, Selborne College 27; Durban High School 24, Jeppe 20; Maritzburg College 39, Glenwood 20; Marlow Landbou 31, Framesby 26; Hudson Park 24, Dale College 17; Graeme College 38, Muir College 19; Nico Malan 29, Ho\u00ebrskool Punt 19; Parel Vallei 15, Pearson 10; Queen\u2019s College 55, Cambridge 6; HTS Port Rex 33, Bergsig 19; HTS Dani\u00ebl Pienaar 26, Die Brandwag (Uitenhage) 25.<\/p>\n<p><strong>VRYSTAAT\/GRIEKWAS<\/strong><\/p>\n<p>Voortrekker (Bethlehem) 36, Welkom Gimnasium 28; Landboudal 34, Jim Fouch\u00e9 23; Ho\u00ebrskool Upington 15, Duineveld 14; Hendrik Potgieter 36, Zastron 29; Wilgerivier 32, Ficksburg 15; Hopetown 29, Martin Oosthuizen 24; Grey-kollege 31, Oakdale Landbou 22; Douglas 23, Ho\u00ebrskool Kathu 20; Curro Kathu 41, Hartswater 19.<\/p>\n<p><strong>WES-KAAP <\/strong><\/p>\n<p>Paarl Gimnasium 30, Ho\u00ebr Jongenskool Paarl 8; Paul Roos Gimnasium 59, Boland Landbou 20; Wynberg Boys\u2019 High 38, Bishops 16; Rondebosch Boys\u2019 High 43, SACS 5; Stellenberg 38, Milnerton 20; Ho\u00ebrskool Bellville 31, Strand 20; Hugenote (Wellington) 31, Brackenfell 19; Charlie Hofmeyr 48, Montagu 24; DF Malan 27, Hermanus 23; Hopefield 38, Curro Langebaan 8; HTS Bellville 42, De Kuilen 10; Labori 39, Fairburn College 13; Robertson 41, HTS Jakes Gerwel 14; Bosmansdam 34, Violets-klub 10; Ho\u00ebrskool Durbanville 79, Melkbosstrand 13.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar was Saterdag geen keer aan Paarl Gimnasium tydens die grootste interskole ter w\u00eareld in die Paarl nie. Die Gimmies het hul tweede grootste sege nog sedert 1915 oor die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl met 30-8 in die Faurestraat-stadion behaal. Di\u00e9 sege is merkwaardig as daar in ag geneem word dat die gemiddelde punteverskil tussen die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":54221,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-54218","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54218","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=54218"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/54218\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=54218"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=54218"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=54218"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}